Fjodor Dostojefski
|
---|
|
Gebore
| Fjodor Michailowitsj Dostojefski
11 November
1821
|
---|
Sterf
| 9 Februarie 1881 (op 59)
|
---|
Nasionaliteit
|
Rusland
|
---|
Beroep
| Romanskrywer, kortverhaalskrywer, essayis, joernalis en filosoof
|
---|
Bekend vir
| Die Idioot
Misdaad en Straf
Bose Geeste
|
---|
Eggenoot
| Maria Dmitriyewna Isaewa (1857?1864, haar dood)
Anna Grigoryewna Snitkina (1867?1881, sy dood)
|
---|
Kinders
| Sonya (1868)
Lyubof (1869?1926)
Fyodor (1871?1922)
Alexey (1875?1878)
|
---|
Handtekening
|
---|
|
Fjodor Michailowitsj Dostojefski
(
Russies
: Фёдор Михайлович Достоевский, wetenskaplike
transliterasie
Fedor Michajlovi? Dostoevskij
; *
11 November
1821
in
Moskou
,
Russiese Ryk
, tans
Rusland
; †
9 Februarie
1881
in
Sint Petersburg
) was 'n Russiese skrywer van
fiksie
. Van sy bekendste werke sluit in
Die Idioot
(
Russies
: Идиот),
Misdaad en Straf
(Преступление и наказание, Prestoeplenije i Nakazanije) en
Bose Geeste
(Бесы). Hierdie werke het 'n blywende uitwerking op intellektuele denke en die wereldletterkunde gehad.
Dostojefski se vader het afgestam van 'n familie wat eens tot die ou, maar klein
Litause
adel
behoort het. Sy oupa was 'n
priester
in die
Russies-Ortodokse Kerk
in die Slowaakse
Bratislava
. Omstreeks 1818 besluit sy vader om na
Moskou
te trek en medies te studeer. Sy moeder het as koopmansdogter 'n bogemiddelde opvoeding gehad.
In 1821 verhuis die gesin na die Marinski-hospitaal vir armes, 'n
filantropiese
instelling waar hulle gaan woon het en waar Dostojefski, een van sewe kinders, gebore is. Hy het in 'n gesin met private personeel opgegroei. In 1831 het Dostojefski sr. 'n vervalle dorpie gekoop met honderd manlike
lyfeienes
, onder meer om sy gesin in die somer vars lug en vryheid te bied. Terug tuis moes Dostojefski hard studeer. Sy pa het hom self in
Latyn
onderrig.
In 1837 het die gesin na
Sint Petersburg
vertrek. By die nuwe skool het die seuns gesien hoe ryk kinders bevoorreg word. Fyodor het sy ma op die ouderdom van sestien aan
tuberkulose
verloor. Hy moes na die militere akademie gaan, wat hy drie jaar lank verafsku het. Twee jaar nadat Dostojewski uit die diens tree, is sy pa uit wraak deur 'n groep van sy slawe vir sy mishandeling van hulle vermoor. Dit het by Dostojewski 'n groot skuldgevoel veroorsaak: hy het dikwels sy opvlieende, norse en agterdogtige vader dood gewens.
Na opleiding aan die St. Petersburg
Militere Ingenieurswese
Skool, het Dostojewski as tekenaar by die St. Petersburg Ingenieurskorps aangesluit. Hy is 'n jaar later afgedank, hy begin toe om werke van
Honore de Balzac
en George Sand te vertaal. Hy is as offisier aangewys, maar in 1844 het hy bedank om hom geheel en al aan skryf te wy.
Sy eerste roman, Arm mense, wat in 1845 gepubliseer is, was 'n onmiddellike sukses. Kort daarna skryf hy 'n tweede roman, Die Dubbelganger, wat in 1846 verskyn het.
In die middel van die
19de eeu
het
Lyfeienskap
nog in Rusland bestaan. Dostojewski se teenwoordigheid in 1849 by 'n vergadering van die sosialistiese Petraevsky-groep wat die afskaffing van daardie stelsel bepleit het, is deur een van die
tsaar
se agente opgemerk. Op 23 April 1849 is hy gearresteer en deur vuurpeloton ter dood veroordeel. Net voor die tyd van teregstelling, moontlik 'n skynteregstelling, is hy begenadig en eerder 'n straf van vier jaar dwangarbeid in
Siberie
gegee. 'n Aantal van sy boeke getuig van die gruwels wat hy in die arbeidskampe ervaar het.
Dostojewski het sy Siberiese jare gebruik om die
Christendom
vanuit 'n
ateistiese
oogpunt te ondersoek. Die
Nuwe Testament
was die enigste literatuur wat hy daar tot sy beskikking gehad het, en uiteindelik versoen hy homself met die Christelike gelooof. Hy het later geskryf: My hosanna kom uit die smeltkroes van twyfel.
In 1854 was sy dwangarbeid verby en moes hy as gewone soldaat diensplig doen. Daarna is hy nog vir etlike jare na Semipalatinsk verban. In daardie tyd is Tsaar Nicholas I se vrou oorlede, en nadat hy 'n ode aan haar geskryf het, is hy bevorder tot onderoffisier. In 1857 trou hy met Maria Isaeva. In April 1858 is hy op mediese gronde uit militere diens ontslaan. Hy het hom eers in Tver in Wes-Rusland gevestig. In 1859 is hy toegelaat om na Sint Petersburg terug te keer. Van toe af het sy literere loopbaan momentum gekry.
In 1861 is Lyfeienskap deur
Alexander II
afgeskaf.
Romans:
Korte verhale en novelle:
- 'n Roman in nege brieve
(1846)
- Meneer Progchartsyn
(1846)
- Die hospita
(1847)
- Polzoenkov
(1848)
- '
n Skugtere hart
(1848)
- '
n Eerlike dief
(1848)
- Die kerstfees en die bruilof
(1848)
- Die vrou van 'n ander en die man onder die bed
(1848)
- Witte nagte
(1848)
- '
n Kleine held
(1849)
- '
n Nare geskiedenis
(1862)
- Die krokodil
(1865)
- Bobok
(1873)
- Die seun wat op kersaand by Christus was
(1876)
- Die boer Marej
(1876)
- Die sagmoedige
, oorspronklike titel
Krotkaja
(1876) (ook
Klaagsang om 'n Sagmoedige
, soos vertaal deur
Bartho Smit
, 1966 Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg).
- Die droom van 'n belagelike mens
(1877)
Die laatste vyf verhale is ook onderdeel van
Dagboek van 'n skrywer
.
Non-fiksie:
- Winterse opmerkinge oor somerse indrukke
(1863)
- Dagboek van 'n skrywer
(1873?1880)
- Briewe