- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien
Faroers
.
Faroees
(
føroyskt
[?føː??st]) is 'n
Noord-Germaanse taal
wat
hoofsaaklik op die Faroereilande
gepraat word. Dit hoort saam met
Yslands
tot die Wes-Skandinawiese tale, wat naas die Oos-Skandinawiese tale
Noors
,
Sweeds
,
Deens
en
Elfdaals
geidentifiseer kan word. 'n Ouer indeling maak gebruik van die begrip "Wes-Noord-Germaans", waaronder Faroees, Yslands en Wes-Noorse dialekte soos die uitgestorwe
Norn
sou ressorteer. Faroees word deur minstens 69 150 mense op die Deense grondgebied gebesig (veral wydverspreid op die Faroereiland), maar ook deur
Faroers
wat hul in die buitewereld bevind.
Daar is geen sekerheid hoeveel moedertaalsprekers daar in die wereld is nie. Vroee skattings wissel tussen 60 000 tot so 100 000, wat natuurlik afhang hoe goed die nakomelinge van die moedertaalsprekers dit buitekant die Faroereilande kan beheers. Die oorgrote meerderheid Faroeessprekendes wat nie op die Faroereilande woon nie bevind hul in Denemarke en hier in die besonder in
Kopenhagen
. In 2007 stel die Noord-Atlantiese Groepe in die Folketing vir die eerste maal vas hoeveel Faroers van die eerste geslag daar is, d.w.s. mense wie se geboorteplek die Faroereilande is en wie tans in Denemarke woon. 7 737 persone is opgespoor.
[2]
Daar is egter sedert 2008 'n konstante toename in hierdie taalgroep in Denemarke aangeteken. Volgens
Danmarks Statistik
bly daar aan die einde van 2013 altesaam 11 696 mense in Denemarke wie se heimat die Faroereilande is: 4 877 mans en 6 819 vroue.
[3]
Daar word dus veronderstel dat hierdie groep (die eerste geslag) se moedertaal Faroees moet wees. Verder kan daar ook nog nakomelinge van die tweede en derde geslag in Denemarke gebore word. Onlangse skattings gaan sover om die totale aantal Faroers in Denemarke op 30 000 te beraam, waarvan die helfte, dus 15 000 persone, in Kopenhagen en omgewing woonagtig moes wees.
[4]
Daar bly egter geen sekerheid hoeveel van hierdie mense Faroees nog praat nie.
Faroees behoort daarom tot die kleiner
Germaanse tale
van die
Indo-Europese tale
.
Daar word verhoudingsgewys baie boeke in Faroees gedruk. Vanaf 1822 tot 2002 verskyn daar 4 306 titels. Die jaar 2000 lewer 'n rekord tot op hede: 170 titels (waaronder 66 vertalings uit ander tale) word uitgegee ? een splinternuwe boektitel vir omtrent 325 inwoners.
Omdat Faroees ampstaalstatus geniet en verder onderskraag word deur sy ryk letterkunde, word hy tans nie meer bedreig deur die dominansie van Deens soos dit wel nog die geval was tot in die 20ste eeu nie.
Onderlinge verstaanbaarheid tussen Faroees-Yslands-Noors
[
wysig
|
wysig bron
]
Faroees en Yslands is in die
skryftaal
wedersyds verstaanbaar. Al twee moderne tale spruit grammatikaal beskou uit die Oudwesnordiese tale. Die onderlinge verstaanbaarheid van die
gesproke
Faroees en Yslands is daarenteen vandag beperk. Hammershaimb (1891) wys op die onderlinge verstaanbaarheid tussen Faroees en Wes-Noorse dialekte wat betref die ooreenstemmende woordeskat.
[5]
Tot vandag toe word ook dikwels gevra of die invloed van tweetaligheid onder die Faroers nie dalk 'n belangrike rol kon speel nie, aangesien hulle Deens amper tot op moedertaalvlak leer en sodoende ook Noors goed sal kan verstaan.
Die Nordiese dialekkontinuum is vandag nog slegs vir die Vastelandskandinawiese dialekte in Noorwee, Swede en Denemarke vasgestel; in weerwil hiervan sal die Faroese skryftaal vir baie Noorweers egter redelik maklik verstaanbaar wees.
[6]
Die ou koloniale taal Deens is met Faroees nog in skrif nog in uitspraak onderlings verstaanbaar, hoewel hulle albei van 'n gemeenskaplike Oernordiese voorlopertaal afstam.
Dene
sonder die kennis van Faroees kan in die reel slegs ten dele die geskrewe tekste ontsyfer en van die gesproke taal slegs enkele woorde deur aanvoeling erken. Die Faroers leer egter Deens van hul derde skooljaar af en beheers dit (in die skryftaal) dikwels tot op moederstaalvlak. Die Faroese aksent ? of
gøtudanskt
genoem ? hoor mens egter die meeste onder hierdie sprekers voorkom.
Al is Yslands en Faroees uit al die Oudwesnordiese Skandinawiese tale volgens die klank- en
spraakleer
die naaste aan mekaar verwant, moet
Yslanders
en Faroers met gelykmatige inspanning oefen om mekaar se tale te begryp.
[7]
Oor die algemeen word bevind dat Faroees die meeste van die oorsprongtaal afgewyk het as Yslands. Dit sien mens veral by die vervoeging van die selfstandige naamwoorde en werkwoorde, wat eenvoudiger vervoeg word as in die Oudnoorse tale, maar heelwat ingewikkelder is as in Deens.
[8]
Faroees word met die
Latynse alfabet
waartoe 'n aantal tekens toegevoeg is, geskryf:
A/a
,
I/i
,
O/o
,
U/u
,
Y/y
,
Ð/ð
(
edd
),
Ø/ø
en
Æ/æ
. Die letters
c
,
q
,
w
,
x
en
z
word nie gebruik nie. Die spesiale letter edh (ð) word op verskillende maniere uitgespreek. Meestal is dit stom.
Die struktuur van Faroees is baie soos die van
Yslands
. Enkele verskille is:
- etimologiserende skryfwyse
: die spelling van Faroees wyk, in teenstelling met die van Yslands, baie sterk af van die uitspraak. Die spelling is in 1846 deur V.U. Hammarshaimb vasgele. Danksy die etimologiserende spelling kan Faroers en Yslanders mekaar se taal met 'n bietjie inspanning lees.
- dialekte
: Yslands het nie juis dialekte nie, terwyl Faroees 'n groot verskeidenheid van dialekte het.
- fonologie
: in Faroees ontbreek die dentale frikatiewe (Engels
th
).
- suiwerheid
: Faroees het net soos Yslands tradisioneel 'n sterk puristiese neiging, maar in Faroees, met name in die spreektaal, is daar tog aanmerklik meer (Deense) leenwoorde opgeneem.
Ten spyte van die relatief klein bevolking en die oppervlakte wat die Faroereilande bied, het die geografie van die eilande aanleiding gegee tot die ontwikkeling van verskeie dialekte (in teenstelling met wat mens sou kry op 'n uitgestrekte en aaneenlopende vaste eiland). Die belangrikste isoglos skei die Skopunarfjørður as waterstraat tussen Sandoy en Streymoy (deur die
rooi isoglos
op die aangrensende illustrasie). Dit deel die Faroese taal in die hoofgroepe:
- Noorddialek (Noordfjorddialek)
- Suiddialek (Suidfjorddialek)
Die skeiding van beide hoofdialekte vind in die 15de eeu plaas. Die tipiese kenmerke sluit in:
[7]
Hoofdialekte sedert die 15de eeu.
Oudnoors
|
Faroees
|
|
Noord
|
Suid
|
o
|
[?u]
|
[?u]
|
ei
|
[?i]
|
[ai]
|
æ
|
[?ː] -> [?a]
|
[eː]
|
Die dialekgroepe van die noordfjords verdeel in die:
- Eysturoy-dialek (+Sundalag-dialek)
- Noord-Eiland-dialek (deur die
blou isoglos
op die afgebeelde illustrasie)
- Torshavn-dialek (Sudstreymoy-dialek met Hestur en Koltur)
- Vagar-dialek (met Mykines)
Bogenoemde kan ook in twee groepe saamgevoeg word: Torshavn-Vagar en Eysturoy-Noord-Eiland (deur die
groen isoglos
op die beeld afgesonder).
Die suidfjordse dialekgroepe verdeel in die:
- Dialek van Sandoy, Skuvoy en Stora Dimun
- Suðuroy-dialek (aan die suide van die Suðuroyarfjørður met sy eie lekseme en vorme en verdere plaaslike dialekte ? deur die turkooisgekleurde isoglos op die afgebeelde illustrasie)
Die standaardtaal is die dialekte van Vagar of Torshavn. Die sprekers van sowel die Noord-Eiland- as die Suðuroy-dialekte kan mens die duidelikste hiervan onderskei. Daarom blyk dit sinvol om van drie hoofgroepe te praat:
- Noord-Eiland-Eysturoydialek (ligblou)
- Suidfjorddialek (ligrooi)
- Torshavn-Sudstreymoy-Vagar-dialek (liggroen ingekleur op die kaart)
Hierby vorm 1. en 2. weer saam 'n groep wat duidelik van 3. onderskei kan word. Die Skopunarfjørður het daarom dus 'n soortgelyke betekenis vir die Faroese taal as die
Benrathlyn
vir die Duitse taal.
Reeds aan die einde van die 18de eeu skryf Jens Christian Svabo in sy voorwoord van die
Dictionarium Færoense
oor hierdie drie hoofdialekte. Die Noord-Eiland-dialek en die Suid-Eiland-dialek beskou hy as die "suiwerste" Faroees, terwyl hy Torshavns as "besmet" kenmerk.
[9]
Svabo voer aan hierdie taalbesmetting van die Torshavnse dialekte kan vermoedelik teruggevoer word na die invloed op daardie gebied deur die koloniale taal Deens.
[10]
Faroees het tot vandag toe geen standaarduitspraak nie. Die Faroers boots die dialek van Torshavn/Sudstreymoy na, wat ook die grootste sprekerstal het.
|
Gesproke taal
|
Skryftaal
|
900?1400
|
Oudwesnoors
(norrønt)
|
Oudwesnoors
(norrønt)
|
1400?1600
|
Oudfaroees
(miðaldarføroyskt)
|
Oudfaroees
(miðaldarføroyskt)
|
1600?1770
|
Laat-Oudfaroees of Nieufaroees
(føroyskt)
|
? (Deens)
|
1770?1846
|
Nieufaroees
(føroyskt)
|
Nieufaroese fonetiese skrif (Svabo)
|
1846?vandag
|
Nieufaroees
(føroyskt)
|
Woordherkomstige spelreels (Hammershaimb)
|
Die huidige Faroees se skrif lyk op die van Oudnoors, maar dit het in so 'n mate klankverskuiwings ondergaan dat ons vandag twee hoofvarieteite (Noord en Suid) ken.
Klankverskuiwings Oudnoors → Faroees
[11]
9de eeu
(Oudnoors)
|
14de eeu
(Vroeg-Faroees)
|
16de eeu
(Oudfaroees)
|
17de eeu
(Laat-Oudfaroees)
|
20ste eeu
(Nieufaroees)
|
|
|
|
Noord
|
Suid
|
Noord
|
Suid
|
Noord
|
Suid
|
|
|
|
lank
|
lank
|
lank
|
kort
|
lank
|
kort
|
lank
|
kort
|
lank
|
kort
|
|
i
|
/i/
|
/iː/
|
/iː/
|
/?/
|
/iː/
|
/?/
|
[iː]
|
[?]
|
[iː]
|
[?]
|
i
|
y
|
/y/
|
/iː/
|
/iː/
|
/?/
|
/iː/
|
/?/
|
[iː]
|
[?]
|
[iː]
|
?
|
y
|
e
|
/e/
|
/eː/
|
/eː/
|
/?/
|
/e/
|
/?/
|
[eː]
|
[?]
|
[eː]
|
[?]
|
e
|
ø
|
/ø/
|
/øː/
|
/ø/
|
/øː/
|
/œ/
|
/øː/
|
/œ/
|
[øː]
|
[œ]
|
[øː]
|
[?]
|
ø
|
u
|
/u/
|
/uː/
|
/uː/
|
/?/
|
/uː/
|
/?/
|
[uː]
|
[?]
|
[uː]
|
[?]
|
u
|
o
|
/o/
|
/oː/
|
/o/
|
/oː/
|
/?/
|
/oː/
|
/?/
|
[oː]
|
[?]
|
[oː]
|
[?]
|
o
|
?
|
/?/
|
/øː/
|
/øː/
|
/œ/
|
/øː/
|
/œ/
|
[øː]
|
[œ]
|
[øː]
|
[?]
|
ø
|
a
|
/a/
|
/?ː/
|
/?ː/
|
/?/
|
/?ː/
|
/?/
|
[?a]
|
[a]
|
[?a]
|
[a]
|
a
|
Lang vokaal -> Diftong
|
i
|
/iː/
|
/??/
|
/??/
|
/???/
|
/??/
|
/???/
|
[ui]
|
[???]
|
[ui]
|
[???]
|
i
|
y
|
/yː/
|
/??/
|
/??/
|
/???/
|
/??/
|
/???/
|
[ui]
|
[???]
|
[ui]
|
[???]
|
y
|
æ
|
/?ː/
|
/?ː/
|
/eː/
|
/?ː/
|
/?/
|
/eː/
|
/?/
|
[?a]
|
[a]
|
[eː]
|
[?]
|
æ
|
?
|
/øː/
|
/øː/
|
/øː/
|
/œ/
|
/øː/
|
/œ/
|
[øː]
|
[œ]
|
[øː]
|
[?]
|
ø
|
u
|
/uː/
|
/?u/
|
/?u/
|
/??/
|
/?u/
|
/???/
|
[?u]
|
[?]
|
[?u]
|
[?]
|
u
|
o
|
/oː/
|
/?u/
|
/?u/
|
/?/
|
/?u/
|
/?/
|
[?u]
|
[?]
|
[?u]
|
[?]
|
o
|
? und a
|
/aː/
|
/aː/
|
/?ː/
|
/?/
|
/?ː/
|
/?/
|
[?a]
|
[?]
|
[?a]
|
[?]
|
a
|
Egte Diftonge
|
au
|
/au/
|
/??/
|
/??/
|
/???/
|
/??/
|
/???/
|
[?i]
|
[?]
|
[?i]
|
[?]
|
ey
|
øy
|
/ø?/
|
/??/
|
/??/
|
/???/
|
/??/
|
/???/
|
[?i]
|
[?]
|
[?i]
|
[?]
|
oy
|
ei
|
/?i/
|
/a?/
|
/a?/
|
/a??/
|
/a?/
|
/a??/
|
[?i]
|
[?]
|
[ai]
|
[a??]
|
ei
|
Oudwesnoors sit in die 9de eeu (gedurende die Wikingtyd) op die Faroereiland voet aan wal. Die meeste nedersetters was afkomstig uit suidwes-Noorwee. Die Gaeliese taalreste toon dat 'n deel van die Noorse immigrante oor die Britse eilande aangekom het.
[12]
Deur die kerstening van die Faroereiland in omstreeks 1000 behoort die eiland aan Noorwee, wat sy taalinvloed verder op die eiland inburger. Die Noorse fonetiek, morfologie, woordeskat en sinsbou vind ook neerslag in die Faroese taal.
[12]
Die oudste bekende runesteen wat op die Faroereiland gevind is, is die Kirkjubøstein van omstreeks 1000. Die Sandavagsstein dateer uit die 12de eeu en die Famjinsstein uit die 16de eeu. Laasgenoemde maak deels gebruik van die Runeskrif, soos dit die gebruik was tot in die tyd na die Hervorming.
Tot in die 13de eeu is daar geen onderskeid te bemerk tussen die Wes-Noorse Faroereilandtaal en Vastelandnoors nie.
Die eerste Faroese dokument wat in die Latynse skrif geskrywe staan is die
Skaapbrief
(?Seyðabrævið“) uit 1289. Hier kan reeds enkele afwykings van Oudnoors bespeur word, byvoorbeeld
girða
staan in die plek van
gærda
("omhein").
Die
Swart Dood
van omstreeks 1350 het die helfte van die Faroese bevolking uitgewis. Die nuwe aankomelinge uit Noorwee het die Þ-klank geleidelik uit die taal geweer, soos dit wel in die Husavikbriewe nog voorkom.
[13]
In 1380 val die Faroers saam met die eiland in die Personelunie van Denemarke en Noorwee en daarmee in die praktyk onder Deense heerskappy, omdat hierdie Noord-Atlantiese eiland as een van die Noorweegse kolonies beskou is.
Eers vanaf die 15de eeu kom 'n eiesoortige Faroese varieteit van die Noorse taal tot stand, sodat
Oudfaroees
hom onderskei van die Oudnoors, Yslands of Noors.
[14]
In die Faroese standaardleerboek
Mallæra
(1997) word hierdie taalstadium ook die "Middeleeuse Faroees" (
miðaldarføroyskt
) genoem.
[15]
Die taalkundige bewyse is hier in die Husavikbriewe (?Husavikarbrøvini“) te vinde wat uit die jare 1403 tot 1405 dateer. Aan die hand van die skryffoute van die Oudnoorse taal kan afgelei word in hoeverre die Faroese uitspraak begin afwyk het. So staan daar op 'n kol
hrentadi
pleks van die korrekte Oudnoorse
rentaði
("rente oploop"), wat volgens Jakobsen
[16]
en Matras
[17]
'n aanduiding is dat daar in Faroees nou geen /h/ meer voor die /r/ gekom nie. In hierdie geval het die onsekere skrywer die letter voor die woord gaan voeg, waar dit ook in die oorspronklike Oudnoors nie tuisgehoort het nie. Nog 'n voorbeeld is
huast
pleks van
kvask
("self gese"). Hier was /kv/ die etimologieskorrekte uitspraak, maar omdat die Faroese /hv/ nou die plek van die /kv/ ingeneem het, kon die skrywer ook hier nie meer die klanke van mekaar onderskei nie.
[14]
Hier is 'n voorbeeld met die spelfout "hrentadi". Dit is opvallend hoe nouliks die Oudnoorse/Oudfaroese tekste met die hedendaagse grammatika ooreenstem:
Oudfaroees:
en so mykid j Hiatlande ad segs skillingar ok xl hrentadi leigan a huerium tolf manadum …
Nieufaroees:
og so mikið i Hetlandi, at seks og fjøruti skillingar rentaði leigan a hvørjum tolv manaðum …
Vertaling:
en so baie in Shetland, dat vir die lening oor die twaalf maande sesenveertig sjielings rente oploop...
Die Hervorming in 1538 op die Faroereiland bring mee dat Deens as die enigste skryftaal finaal ingestel word.
[18]
Vanaf omstreeks 1600 praat mens van die
Nieufaroese taal
[18]
wat in drie hoofdialekte opgedeel is. Die taaltydperk tot 1750 staan ook as
Oud-Nieufaroees
bekend.
[19]
Na die Hervorming deel Faroees 'n soortgelyke lot met Noors: Deens word die kerktaal, regstaal en onderwystaal, wat gepaardgaan met Deense handboeke en Deense ontspanningsletterkunde. Daarteenoor waak die Yslanders (
Ysland
was ook 'n Deense kolonie) in hierdie tyd egter oor hul ou taal en bou dit op Oudnoors as die brontaal uit. Yslands kon sodoende as letterkundetaal weer voortbestaan en die hele volk deur een standaardtaal verenig, terwyl die Faroese en Noorse taal in vele dialekte versplinter het.
[5]
'n Faroese skryftaal het sedert die Hervorming nie meer bestaan nie. Dit kon egter ? anders as in Noorwee ? in die ou ballades en die wydverspreide alledaagse geselstaal voortleef. Tot aan die einde van die 18de eeu kom slegs sporadiese skryfstukke voor. So bestaan daar byvoorbeeld 'n dokument van 1532 wat 'n versameling Noorse wetgeskrifte vervat en aan Jogvan Heinason (1541?1602) behoort het.
[5]
Die meeste dokumente met betrekking tot die Faroers word na die Hervorming in Deens geskrywe, hoewel daarin ook enkele Faroese woorde deurskemer soos veral plek- en persoonsname. Die belangrikste bronne hier is die
jarðabøkur
(grondregisters sedert 1584 bygehou) en
tingbøkur
(hofrekords sedert 1615 bygehou). Hier toon die tekste byvoorbeeld dat die Ð-klank nie meer uitgespreek word nie.
[20]
In die eerste boek oor die Faroers,
Færoæ & Færoa Reserata
, skryf Lucas Debes in 1673:
|
Hul taal is Noors; deesdae praat hulle egter meestal Deens. Hulle het ewenwel baie ou Noorse woorde behou, en 'n mens bemerk 'n groot verskil in hul uitspraak tussen diegene wat op die noordelike eilande bly en diegene wat op die suidelike eilande bly.
? Lucas Debes: Færoæ & Færoa Reserata 1673 (Naturliche und Politische Historie der Inseln Faroe, 1757)
[21]
|
|
'n Mens beskou in Debes se tyd met ander woorde die Faroese landstaal dikwels nog as 'n soort Noors. Hammershaimb wys in sy
Færøsk Anthologi
van 1891 op 'n feesrede wat Debes aanhaal,
[22]
waarin, ten spyte van die Deense karakter, Oudnoorse uitdrukkings herkenbaar is.
[5]
Debes maak ook op ander plekke in sy reisbeskrywing gebruik van tipies Faroese begrippe.
In die ou dansballades het verouderde woorde en vervoeginge gedeeltelik oorleef, maar dit is meestal onmoontlik om hulle volgens tydperke in te deel.
[23]
Hierdie woorde en vorme is in die huidige
Føroysk orðabok
opgeneem en ooreenkomstig aangedui wat die begryplikheid van die ou balladewerke vergemaklik.
Die eerste geskrewe fragmente van die Faroese ballade word in 1639 deur die Deense oudheidkenner Ole Worm versamel.
[24]
Fonetiese transkripsie van Nieufaroees
[
wysig
|
wysig bron
]
Die eerste pionier van die geskrewe Faroees was die geleerde Jens Christian Svabo (1746?1824).
[25]
In die kader van sy
Indberetninger fra en Reise i Færø 1781?82
versamel hy ou Faroese ballades en skryf hulle heel eerste neer. Dit is egter eers lank na sy dood gedruk. Svabo se spelwyse is na die Vagardialek aangepas;
[26]
reeds 'n poging tot standaardisering. Sy
Dictionarium Færoense
(omstreeks 1773) is die eerste Faroese woordeboek. Dit bestaan uit sewe bekende manuskripte en word in 1966 heruitgegee. Dit is 'n Faroees-Deens-Latynse woordeboek. Svabo skryf die woordeboek met die gedagte dat Faroees sou uitsterf, en probeer nog die taal vir die nageslag te boekstaaf.
Hier is 'n voorbeeld van Svabo se klankgetroue en opvallend konsekwente spelwyse:
Svabo se skryfwyse van die Vagardialek teen die einde van die 18de eeu toon dat die Faroese taal sedertdien geensins van uitspraak verander het nie. Die verandering deur /o/ as /eu/ te skrywe, weerspieel die dialekuitspraak noord van die Suðuroy-Torshavn-isoglos (die pers isoglos op die kaart bo) as [œu] pleks van [?u].
[25]
Schrøter se Sigurdliedere
[
wysig
|
wysig bron
]
Op die eerste gedrukte boek in Faroees pryk die Deense titel
Færøiske Qvæder om Sigurd Fofnersbane og hans Æt
. Dit is in 1822 deur die Deense predikant Hans Christian Lyngbye (1782?1837) geskryf en beskryf die Sigurdliedere wat deur sy Faroese kollega, Johan Henrik Schrøter (1771?1851), versamel is.
Hier is 'n voorbeeld van Schrøter se spelwyse in die boek van 1822, wat baie op die van Svabo s'n lyk. Hier is ook die skryfwyse baie nader aan die daadwerklike (standaard)uitspraak as die hedendaagse spelwyse:
Schrøter
|
IPA-Fonetiese transkripsie
|
Moderne Faroees
|
Vertaling
|
Brinild situr uj gjiltan Stouli,
Tea hit veana Vujv,
Drevur hoon Sjura eav Nordlondun
Uj Hildarhaj tiil sujn.
|
b?iːn(h)?ld siːt?? ?i ??lt?n st?ul?
t?a h?tː v?ana v?iv
d?ev?? hoːn ??u?a ?av noː?l?nd?n
?i h?lda?hai tiːl s?in
|
Brynhild situr i gyltum stoli,
tað hitt væna viv,
dregur hon Sjurða av Norðlondum
i Hildarheið til sin.
|
Brunhild sit op 'n goue stoel,
die mooi vrou
trek haar Sigurd uit die Noordland aan
na Hilde se heide.
|
- ↑
"Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Faroese"
(in Engels).
Ethnologue
.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020
. Besoek op
31 Maart
2016
.
- ↑
"HVI FØROYINGAR BUSETA SEG I DANMARK"
Geargiveer
5 Februarie 2015 op
Wayback Machine
, setur.fo, bl. 4 (Faroees)
- ↑
"Fleiri og fleiri føroyingar i Danmark"
Geargiveer
4 Februarie 2015 op
Wayback Machine
, aktuelt.fo (Faroees)
- ↑
"Ynskja fleiri prestar til utisetarnar"
Geargiveer
3 Augustus 2015 op
Wayback Machine
, in.fo, 3 Februarie 2015 (Faroees)
- ↑
5,0
5,1
5,2
5,3
Hammershaimb (1891) Bd. I, bl. LIV.
- ↑
Vergelyk die Noorse artikel
no:Ormurin langi
waarin met enkele redes verduidelik word waarom die Faroese teks vir die Nore leesbaar is.
- ↑
7,0
7,1
Torður Joansson:
English loanwords in Faroese
. Fannir, Torshavn 1997 (bl. 44 ff Faroese phonology and grammar)
- ↑
Faroese, bl. 369
- ↑
Svabo 18. Juni 1773 im Vorwort zum 4. Manuskript des
Dictionarium Færoense
(Band 2 (1970), bl. XVII)
- ↑
Faroese (2004), bl. 340
- ↑
Volgens Hjalmar Petersen in: Torður Joansson:
English loanwords in Faroese
. Torshavn: Fannir 1997, b. 45 (in rooi: korreksies aangebring, 21 Julie 2008)
- ↑
12,0
12,1
Lockwood (1983), bl. 1
- ↑
So byvoorbeeld staan daar in die plek van
þar til
die Nieufaroese
hartil
("daarnatoe/soontoe")
- ↑
14,0
14,1
Faroese (2004), bl. 372
- ↑
Mallæra
(1997), bl. 20
- ↑
Jakob Jakobsen:
Diplomatarium Færoense
1907 (bl. 37)
- ↑
Christian Matras: ?Færøsk Sprog“. In:
Kulturhistorisk leksikon for nordisk middelalder fra vikingetid til reformationstid
Kopenhagen 1960 (bl. 82)
- ↑
18,0
18,1
Kolbl (2004), bl. 13 f
- ↑
Lockwood (1983). bl. 3
- ↑
Faroese (2004), bl. 373
- ↑
Lucas Jacobson Debes:
Naturliche und Politische Historie der Inseln Faroe
. Kopenhagen und Leipzig 1757. Neu herausgegeben und kommentiert und mit einem Nachwort versehen von Norbert B. Vogt. Mulheim a.d. Ruhr, 2005 (S. 150 [247])
- ↑
Lucas Jacobson Debes:
Færoæ & Færoa Reserata
. Kopenhagen 1673, bl. 261 (in die Duitse vertaling van 1757 gaan dit verlore)
- ↑
Faroese (2004), bl. 374
- ↑
Lockwood (1983), bl. 2
- ↑
25,0
25,1
Faroese (2004), bl. 374 f
- ↑
Hammershaimb (1891), Bd. I, bl. LV
- ↑
Werkwoord verskuif na die volgende reel om in Afrikaans sin te maak: "gesien" is die vertaling van "sou" in die derde reel.
|
Sien
Faroees
in Wiktionary, die vrye woordeboek.
|