FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
FIFA Sokker-Konfederasiebeker
Coupe des Confederations 2003
Toernooi-inligting
Gasheerland Vlag van Frankryk  Frankryk
Datums 18 ? 29 Junie
Spanne (van 6 konfederasies)
Stadions (in 3 stede)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Frankryk  Frankryk (2 titels)
Tweede plek Vlag van Kameroen  Kameroen
Derde plek Vlag van Turkye  Turkye
Vierde plek Vlag van Colombia  Colombia
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 16
Doele 37  (2.31 per wedstryd)
Bywoning 491 700  (30 731 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Frankryk Thierry Henry (4 doele)
Beste speler Vlag van Frankryk Thierry Henry
2001
2005

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003 ( Frans : Coupe des Confederations 2003 ; Engels : FIFA Confederations Cup ) is van 18 tot 29 Junie 2003 in Frankryk aangebied. Dit was die vierde sokker -konfederasiebeker wat onder FIFA se vaandel aangebied is. Die eerste twee toernooie in 1992 en 1995 is onder die naam Koning Fahd -beker aangebied en terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken.

Die Sokker-Konfederasiebekertrofee waarom meegeding is

Soos gebruiklik het die gasheerland, die destydse wereldkampioen en die kampioene van elk van die ses sokkerbonde deelgeneem. Frankryk, die gasheerland en verdedigende kampioen van 2001, het die toernooi gewen nadat hulle Kameroen in die eindstryd geklop het; Kameroen het die eerste Afrikaspan geword wat die eindstryd van ’n interkontinentale sokkertoernooi gehaal het. Turkye het in die derde en Colombia in die vierde plek geeindig. Dit was die vierde en laaste toernooi waartydens die goue doel-reel vir die beslissing van ’n wedstryd ingespan is, die reel is ook vir die drie vorige 1997 -, 1999- en 2001-toernooie ingespan.

Die toernooi is ontsier deur die dood van die Kameroense sokkerspeler Marc-Vivien Foe wat in die wedstryd teen Colombia op die veld aan ’n akute hartstilstand oorlede is.

Toewysing [ wysig | wysig bron ]

Voor die sperdatum op 1 Mei 2002 is vyf bie ingedien. Australie , Portugal en die Verenigde State het enkelbie ingedien, terwyl Suid-Afrika en Egipte asook Frankryk en Switserland saamgespan het. Die Frans-Switserse span is nooit gerealiseer nie. [1] [2]

Die gasheer is aangewys tydens FIFA se uitvoerende komitee se vergadering op 24 September 2002. [3]

Stadions [ wysig | wysig bron ]

Wedstryde is in die volgende stede gespeel:

FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003 is in Frankryk
Saint-Denis
Saint-Denis
Saint-Étienne
Saint-Etienne
Lyon
Lyon
FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003 (Frankryk)
Saint-Denis Lyon Saint-Etienne
Stade de France Stade de Gerland Stade Geoffroy-Guichard
48°55′28″N 2°21′36.7″O  /  48.92444°N 2.360194°O  / 48.92444; 2.360194  ( Stade de France ) 45°43′25.5″N 4°49′57″O  /  45.723750°N 4.83250°O  / 45.723750; 4.83250  ( Stade de Gerland ) 45°27′38.7″N 4°23′24.6″O  /  45.460750°N 4.390167°O  / 45.460750; 4.390167  ( Stade Geoffroy-Guichard )
Kapasiteit: 80 000 Kapasiteit: 41 200 Kapasiteit: 36 000

Deelnemende spanne [ wysig | wysig bron ]

Spanne wat aan die FIFA Konfederasiebeker in 2003 deelgeneem het:

    Groep A

    Groep B

Span Konfederasie Kwalifisering Deelname
Vlag van Frankryk  Frankryk UEFA Gasheer en wenner van die UEFA Europa-beker in 2000 2de
Vlag van Brasilië  Brasilie CONMEBOL Wenner van die FIFA Sokker-Wereldbekertoernooi in 2002 4de
Vlag van Japan  Japan AFC Wenner van die AFC Asie-beker in 2000 3de
Vlag van Colombia  Colombia CONMEBOL Wenner van die Copa America-beker in 2001 1ste
Vlag van Verenigde State van Amerika  Verenigde State CONCACAF Wenner van die CONCACAF Goue-beker in 2002 3de
Vlag van Kameroen  Kameroen CAF Wenner van die Afrikanasiesbeker in 2002 2de
Vlag van Turkye  Turkye UEFA Derde plek in die FIFA Sokker-Wereldbekertoernooi in 2002 1ste
Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland OFC Wenner van die OFC Nasiebeker in 2002 2de

Formaat [ wysig | wysig bron ]

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003 is oor twaalf dae tussen agt verskillende nasies oor 16 wedstryde uitgespeel. Dit het op 18 Junie 2003 op die Stade de France in Saint-Denis met ’n wedstryd tussen Nieu-Seeland en Japan afgeskop. Die toernooi het geeindig by dieselfde stadion op 29 Junie met die eindstryd tussen Kameroen en Frankryk, waartydens die gasheer die Sokker-Konfederasiebekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Konfederasiebekertoernooie in 1997, 1999 en 2001 ingespan.

Kalender [ wysig | wysig bron ]

Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie dui op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
Junie
Wo
18
Do
19
Vr
20
Sa
21
So
22
Ma
23
Groep A 2 2 2
Groep B 2 2 2
Uitklopfase
Junie
Di
24
Wo
25
Do
26
Vr
27
Sa
28
So
29
Uitklopfase 2 1 1
Legende

    Groepwedstryde

    Uitklopfase

    Derde plek

    Eindstryd

Groepfase [ wysig | wysig bron ]

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003 is deur agt nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geeindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Een vir ’n gelykop;
  • geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.

Uitklopfase [ wysig | wysig bron ]

Van die begin van die fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit vier wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die halfeindstryde gespeel met die wenner van Groep A wat teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B wat teen die naaswenner van Groep A gespeel het. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in of die klein finale of die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar na negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting, waartydens die wedstryd deur die aantekening ’n goue doel dadelik beslis kon word. As daar steeds nie ’n wenner was na 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.

Wedstryde [ wysig | wysig bron ]

Kwalifiseer vir die uitklopfase.
Uit die toernooi geskakel.

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.

Groepfase [ wysig | wysig bron ]

Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep A [ wysig | wysig bron ]

Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/? Pte
Vlag van Frankryk  Frankryk 3 3 0 0 8 1 +7 9
Vlag van Colombia  Colombia 3 2 0 1 4 2 +2 6
Vlag van Japan  Japan 3 1 0 2 4 3 +1 3
Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland 3 0 0 3 1 11 ?10 0

18 Junie 2003
18:00 MEST
Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland 0?3 Vlag van Japan  Japan Stade de France , Saint-Denis
Toeskouers: 36 038
Skeidsregter: Coffi Codjia (Benin)
Verslag Doelpunt na 12 minute 12' , Doelpunt na 75 minute 75' Nakamura
Doelpunt na 65 minute 65' Nakata

18 Junie 2003
21:00 MEST
Vlag van Frankryk  Frankryk 1?0 Vlag van Colombia  Colombia Stade de Gerland , Lyon
Toeskouers: 38 541
Skeidsregter: Lucilio Batista (Portugal)
Henry Doelpunt na 39 minute 39' ( straf ) Verslag

20 Junie 2003
19:00 MEST
Vlag van Colombia  Colombia 3?1 Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland Stade de Gerland , Lyon
Toeskouers: 22 811
Skeidsregter: Carlos Batres (Guatemala)
Lopez Doelpunt na 58 minute 58'
Yepes Doelpunt na 75 minute 75'
Hernandez Doelpunt na 85 minute 85'
Verslag Doelpunt na 27 minute 27' de Gregorio

20 Junie 2003
21:00 MEST
Vlag van Frankryk  Frankryk 2?1 Vlag van Japan  Japan Stade Geoffroy-Guichard , Saint-Etienne
Toeskouers: 33 070
Skeidsregter: Mark Shield (Australie)
Pires Doelpunt na 43 minute 43' ( straf )
Govou Doelpunt na 65 minute 65'
Verslag Doelpunt na 59 minute 59' Nakamura

22 Junie 2003
21:00 MEST
Vlag van Frankryk  Frankryk 5?0 Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland Stade de France , Saint-Denis
Toeskouers: 36 842
Skeidsregter: Masoud Moradi (Iran)
Kapo Doelpunt na 17 minute 17'
Henry Doelpunt na 20 minute 20'
Cisse Doelpunt na 71 minute 71'
Giuly Doelpunt na 90+1 minute 90+1'
Pires Doelpunt na 90+3 minute 90+3'
Verslag

22 Junie 2003
21:00 MEST
Vlag van Japan  Japan 0?1 Vlag van Colombia  Colombia Stade Geoffroy-Guichard , Saint-Etienne
Toeskouers: 24 541
Skeidsregter: Jorge Larrionda (Uruguay)
Verslag Doelpunt na 68 minute 68' Hernandez

Groep B [ wysig | wysig bron ]

Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/? Pte
Vlag van Kameroen  Kameroen 3 2 1 0 2 0 +2 7
Vlag van Turkye  Turkye 3 1 1 1 4 4 0 4
Vlag van Brasilië  Brasilie 3 1 1 1 3 3 0 4
Vlag van Verenigde State van Amerika  Verenigde State 3 0 1 2 1 3 ?2 1

19 Junie 2003
19:00 MEST
Vlag van Turkye  Turkye 2?1 Vlag van Verenigde State van Amerika  Verenigde State Stade Geoffroy-Guichard , Saint-Etienne
Toeskouers: 16 944
Skeidsregter: Jorge Larrionda (Uruguay)
Okan Y. Doelpunt na 40 minute 40' ( straf )
Tuncay Doelpunt na 73 minute 73'
Verslag Doelpunt na 37 minute 37' Beasley

19 Junie 2003
21:00 MEST
Vlag van Brasilië  Brasilie 0?1 Vlag van Kameroen  Kameroen Stade de France , Saint-Denis
Toeskouers: 46 719
Skeidsregter: Walentin Iwanof (Rusland)
Verslag Doelpunt na 83 minute 83' Eto'o

21 Junie 2003
19:00 MEST
Vlag van Kameroen  Kameroen 1?0 Vlag van Turkye  Turkye Stade de France , Saint-Denis
Toeskouers: 43 743
Skeidsregter: Carlos Amarilla (Paraguay)
Geremi Doelpunt na 90+1 minute 90+1' ( straf ) Verslag

21 Junie 2003
21:00 MEST
Vlag van Brasilië  Brasilie 1?0 Vlag van Verenigde State van Amerika  Verenigde State Stade de Gerland , Lyon
Toeskouers: 20 306
Skeidsregter: Lucilio Batista (Portugal)
Adriano Doelpunt na 22 minute 22' Verslag

23 Junie 2003
21:00 MEST
Vlag van Brasilië  Brasilie 2?2 Vlag van Turkye  Turkye Stade Geoffroy-Guichard , Saint-Etienne
Toeskouers: 29 170
Skeidsregter: Markus Merk (Duitsland)
Adriano Doelpunt na 23 minute 23'
Alex Doelpunt na 90+3 minute 90+3'
Verslag Doelpunt na 53 minute 53' Gokdeniz
Doelpunt na 81 minute 81' Okan Y.

23 Junie 2003
21:00 MEST
Vlag van Verenigde State van Amerika  Verenigde State 0?0 Vlag van Kameroen  Kameroen Stade de Gerland , Lyon
Toeskouers: 19 206
Skeidsregter: Mark Shield (Australie)
Verslag

Uitklopfase [ wysig | wysig bron ]

Halfeindrondte Eindrondte
26 Junie ? Lyon
  Vlag van Kameroen  Kameroen   1  
  Vlag van Colombia  Colombia  0  
 
29 Junie ? Saint-Denis
      Vlag van Kameroen  Kameroen  0
    Vlag van Frankryk  Frankryk   1
Derde plek
26 Junie ? Saint-Denis 28 Junie ? Saint-Etienne
  Vlag van Frankryk  Frankryk   3   Vlag van Colombia  Colombia  1
  Vlag van Turkye  Turkye  2     Vlag van Turkye  Turkye   2

Halfeindrondte [ wysig | wysig bron ]


26 Junie 2003
18:00 MEST
Vlag van Kameroen  Kameroen 1?0 Vlag van Colombia  Colombia Stade de Gerland , Lyon
Toeskouers: 12 352
Skeidsregter: Markus Merk (Duitsland)
N'Diefi Doelpunt na 9 minute 9' Verslag

26 Junie 2003
21:00 MEST
Vlag van Frankryk  Frankryk 3?2 Vlag van Turkye  Turkye Stade de France , Saint-Denis
Toeskouers: 41 195
Skeidsregter: Jorge Larrionda (Uruguay)
Henry Doelpunt na 11 minute 11'
Pires Doelpunt na 26 minute 26'
Wiltord Doelpunt na 43 minute 43'
Verslag Doelpunt na 42 minute 42' Gokdeniz
Doelpunt na 48 minute 48' Tuncay

Klein finale (om die derde plek) [ wysig | wysig bron ]


28 Junie 2003
18:00 MEST
Vlag van Colombia  Colombia 1?2 Vlag van Turkye  Turkye Stade Geoffroy-Guichard , Saint-Etienne
Toeskouers: 18 237
Skeidsregter: Mark Shield (Australie)
Hernandez Doelpunt na 63 minute 63' Verslag Doelpunt na 2 minute 2' Tuncay
Doelpunt na 86 minute 86' Okan Y.

Eindstryd [ wysig | wysig bron ]


29 Junie 2003
21:00 MEST
Vlag van Kameroen  Kameroen 0?1 ( e.t. ) Vlag van Frankryk  Frankryk Stade de France , Saint-Denis
Toeskouers: 51 985
Skeidsregter: Walentin Iwanof (Rusland)
Verslag Goue doel na 97 minute  97' Henry


Sokker-Konfederasiebekerkampioen 2003
Vlag van Frankryk  Frankryk

FIFA se terugwerkende ranglys [ wysig | wysig bron ]

In 2017 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Konfederasiebeker insluitende die destydse FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger. [4] Die ranglys vir die 2003-toernooi is soos gevolg:

Rang Span Groep Wed Wen Gel Ver DV DT +/? Pte
1 Vlag van Frankryk  Frankryk A 5 5 0 0 12 3 +9 15
2 Vlag van Kameroen  Kameroen B 5 3 1 1 3 1 +2 10
3 Vlag van Turkye  Turkye B 5 2 1 2 8 8 ±0 7
4 Vlag van Colombia  Colombia A 5 2 0 3 5 5 ±0 6
In die groepfase uitgeskakel
5 Vlag van Brasilië  Brasilie B 3 1 1 1 3 3 ±0 4
6 Vlag van Japan  Japan A 3 1 0 2 4 3 +1 3
7 Vlag van Verenigde State van Amerika  Verenigde State B 3 0 1 2 1 3 ?2 1
8 Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland A 3 0 0 3 1 11 ?10 0

Meeste doele aangeteken [ wysig | wysig bron ]

Meeste doele aangeteken:

Rang Speler Doele
1 Vlag van Frankryk Thierry Henry 4
2 Vlag van Frankryk Robert Pires 3
Vlag van Colombia Giovanni Hernandez 3
Vlag van Japan Shunsuke Nakamura 3
Vlag van Turkye Tuncay ?anlı 3
Vlag van Turkye Okan Yılmaz 3
7 Vlag van Brasilië Adriano 2
Vlag van Turkye Gokdeniz Karadeniz 2
9 Vlag van Brasilië Alex 1
Vlag van Kameroen Samuel Eto'o 1
Vlag van Kameroen Geremi Njitap 1
Rang Speler Doele
12 Vlag van Kameroen Pius N'Diefi 1
Vlag van Colombia Jorge Lopez 1
Vlag van Colombia Mario Yepes 1
Vlag van Frankryk Djibril Cisse 1
Vlag van Frankryk Ludovic Giuly 1
Vlag van Frankryk Sidney Govou 1
Vlag van Frankryk Olivier Kapo 1
Vlag van Frankryk Sylvain Wiltord 1
Vlag van Japan Hidetoshi Nakata 1
Vlag van Nieu-Seeland Raf de Gregorio 1
Vlag van Verenigde State van Amerika DaMarcus Beasley 1
Thierry Henry

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. ( en ) "Egypt, South Africa gunning for 2003 FIFA Confederations Cup" . panapress.com. 14 Maart 2002 . Besoek op 14 Maart 2002 .
  2. ( en ) "USA bids to host 2003 Confederations Cup" . socceramerica.com. 3 Julie 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Julie 2017 . Besoek op 3 Julie 2002 .
  3. ( en ) "FIFA Executive Committee designates France as hosts of 2003 FIFA Confederations Cup" . FIFA . 24 September 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016 . Besoek op 24 September 2002 .
  4. ( en ) "Statistical Kit ? FIFA Confederations Cup ? FCC 2017 post event edition" (PDF) . FIFA . 10 Julie 2017 . Besoek op 28 Junie 2022 .

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]


FIFA Sokker-Konfederasiebeker

Saoedi-Arabie 1992 ? Saoedi-Arabie 1995 ? Saoedi-Arabie 1997 ? Meksiko 1999 ? Suid-Korea/Japan 2001 ? Frankryk 2003 ? Duitsland 2005 ? Suid-Afrika 2009 ? Brasilie 2013 ? Rusland 2017 ? 2021