FC Twente
is 'n
sokkerspan
uit
Enschede
in
Nederland
wat in die
Eredivisie
(1ste afdeling) speel. Die
afrigter
is
Ron Jans
.
Die tuisveld van FC Twente is die
Grolsch Veste
, met 'n kapasiteit van 30 200 sitplekke. Onder ondersteuners is die stadion bekend vir sy aangename atmosfeer.
In die huidig seisoen (2020/21) speel FC Twente in die Eredivisie en in die
KNVB-Beker
.
Stigting en eerste goue era (1965-1980)
[
wysig
|
wysig bron
]
FC Twente '65
is op 1 Julie 1965 gestig nadat
Enschedese Boys
en
Sportclub Enschede
saamgesmelt het. Beide klubs sou weens hul skuld nie alleen kon bestaan nie. Die nuwe klub het in die
Eredivisie
begin en hulle eerste goue era het vinnig aangebreek. FC Twente het tot die einde van die sewentigerjare boaan die liga meegeding, maar kon nie die titel inpalm nie (in seisoen 1973/74 eindig hulle as naaswenner). Die klub het ook goed gevaar in die
UEFA
-toernooie, met enkele halfeindrondtes in die
UEFA-beker
en in die
Bekerwenner-beker
en die verlore eindstryd in die UEFA-beker in
1975
teen
VfL Borussia Monchengladbach
, nadat hulle in die halfeindronde twee keer (tuis en uit)
Juventus F.C.
geklop het. Ondanks die sterk span, het hulle in die eerste goue era net die
KNVB-Beker
in 1978 verower, deur
PEC Zwolle
met 3-0 te klop in die eindstryd.
Moeilike tye en relegasie (1981-1998)
[
wysig
|
wysig bron
]
Die tagtigerjare is die moeilikste tyd vir FC Twente, waarby in 1983 die laagtepunt in hulle geskiedenis: relegasie na die
Eerste divisie
(die 2de nasionale afdeling). In 1984 keer FC Twente as naaswenner van die Eerste Divisie weer na die Eredivisie terug. Ook in die UEFA-toernooie word hulle al vroeg uitgeklop. Vanaf seisoen 1988/89 klim Twente weer uit die dal, deur drie seisoene in 'n ry die derde plek te verower in die nasionale kompetisie. Ook in die volgende jare bly Twente in die
subtop
speel. Tog kom die
Diekman Stadion
nie vol nie (met net 6000 toeskouers per wedstryd). Wel word in
1991
die ondersteunersvereniging
Vak-P
opgerig, wat die ondersteunerskultuur in Nederland sou verander.
Die nuwe stadion en byna bankrotskap (1998-2003)
[
wysig
|
wysig bron
]
In
1998
verhuis FC Twente van die ou
Diekman Stadion
na die nuwe
Arke Stadion
(kapasiteit: 13 500 sitplekke). In hierdie periode vestig die ondersteuners nasionale en internasionale faam. In 2001 wen die klub sy tweede KNVB-Beker na strafskoppe teen
PSV Eindhoven
. Vir die eindstryd het meer as 32 000 ondersteuners na
Rotterdam
met die span meereis, wat die gewildheid van die klub toon. Maar as gevolg van swak finansiele beleid gaan FC Twente in
2003
byna bankrot. Die stad
Enschede
leen Twente geld en red die klub.
Opbou en die tweede goue era (2003-2012)
[
wysig
|
wysig bron
]
Na die byna bankrot het
Joop Munsterman
voorsitter geword. Hy het die skuld afgewerk in slegs vyf jaar. Sedert Munsterman voorsitter is, het die klub baie gegroei en het die tweede goue era begin. Die stadion is eers uitgebrei na 24 000 toeskouers en sedert 2006 speel FC Twente gereeld in die bekertoernooie van die UEFA (
Intertoto-beker
(gewen in 2006),
UEFA-Beker
en
Champions League
). Nadat hulle twee keer as naaswenner eindig in 2008 en 2009, het FC Twente in 2010 sy eerste nasionale titel gewen. In seisoen 2010/11 het die klub verder gegaan met titels te wen. Eers verower hulle die
Johan Cruijff Schaal
deur
Ajax
in die eindstryd met 1-0 te klop, daarna wen hulle ook die
nasionale beker
deur opnuut in die eindstryd Ajax te klop (3-2). Die derde eindstryd teen Ajax, vir die nasionale titel (deur toeval die laaste ronde), gaan in
Amsterdam
met 3-1 verlore.
In die volgende seisoen wen Twente weer die Johan Cruijff Schaal deur weer Ajax in die eindstryd te klop, nu met 2-1. In hierdie seisoen is die stadion weer uitgebrei tot 30 000 sitplekke (deur die ongeluk by die uitbreiding het hulle die eerste wedstryde voor minder toeskouers gespeel en het hulle selfs die eerste spel teen
FC Vaslui
vir die Champions League in die
Gelredome
in
Arnhem
gespeel). Die afrigter (
Co Adriaanse
) word in die middel van die seisoen afgedank deur teleurstellende resultate en vervang deur
Steve McClaren
(hy het met Twente die kampioenskap gewen in 2010). Die span eindig hierdie seisoen in die liga op 'n teleurstellende 8ste plek en kwalifiseer hom slegs via die
Fair Play Cup
vir die
Europa League
.
Finansiele bedrog en afbraak (2012-2017)
[
wysig
|
wysig bron
]
In die seisoen 2012/13 bedank ook Steve McClaren weens die swak resultate in die Eredivisie en die nasionale en internasionale uitkloptoernooie. In 2013 het die tweede span toegetree tot die
Eerste divisie
, maar deur die nuut byna bankrot het die span na twee seisoene weer teruggetree (in 2016 keer hulle terug in die
Tweede divisie
). In
2015
word bekend dat
Twente
weer skuld het deur swak finansiele beleid sedert 2011. Die
KNVB
neem die klub hierom ses punte af in die kompetisie (2015/16) en het Joop Munsterman bedank as voorsitter. Ook mag Twente nie meeding nie vir die
Europa League
, ondanks dat hulle hom het kwalifiseer via die
Fair Play Cup
. Sedert November 2015 blyk verskeie kere dat die klub tusse 2011 en 2014 finansieel bedrog het gepleeg by transfers en in die boekhouding. Die nuwe voorsitter
Aldo van der Laan
('n vertroueling van
Joop Munsterman
) tree ook af. Deur die finansiele chaos by die klub het die
KNVB
in
2016
die lisensie vir die
Eredivisie
afgeneem en moet
FC Twente
relegeer na die
Eerste divisie
. Die
Beroepscommisie
van die
KNVB
besluit egter om onttrekking van die lisensie ongedaan te maak (hulle le slegs 'n boete van 181 000
euro
op), sodat
FC Twente
ook in seisoen 2016/17 in die Eredivisie speel. As skadeloosstelling betaal
FC Twente
2 miljoen euro aan die ander klubs in die eredivisie en is tuiswedstryde vir die besoekers se ondersteuners gratis.
Relegasie en opbou (2017?...)
[
wysig
|
wysig bron
]
In die 2017/18-seisoen eindig die span in die 18de plek en relegeer hulle na die
Eerste divisie
. In die volgende seisoen (2018/19) wen
FC Twente
die kampioenskap in die
Eerste divisie
en keer terug na die
Eredivisie
.
- 2009/10
- (naaswenner (4): 1973/74, 2007/08, 2008/09, 2010/11)
- 2018/19
- (naaswenner (1): 1983/84)
- 1978, 2001, 2011
- (naaswenner (4): 1975, 1979, 2003, 2009)
- 2010, 2011
- (naaswenner (1): 2001)
- (naaswenner (1): 1975)
- 2006
Nota: Vlae toon nasionale spanne aan soos per
FIFA
toelatingsreels. Spelers mag meer as een nie-FiFA nasionaliteit besit.
Hierdie spelers staan onder kontrak by FC Twente, maar hulle speel by ander klubs.
Nota: Vlae toon nasionale spanne aan soos per
FIFA
toelatingsreels. Spelers mag meer as een nie-FiFA nasionaliteit besit.
Beroemde sokkerspelers en afrigters
[
wysig
|
wysig bron
]
FC Twente is nie die enige Eredivisiesokkerspan in
Twente
nie.
Heracles Almelo
speel ook in hierdie streek. Die jeugakademies van FC Twente en Heracles het saamgesmelt, maar in die Eredivisie leef die hele streek saam met die
broederstryd
.
Die
Twentse derby
is ook bekend as die 'derby van die ooste' (in
Nederlands
: Derby van het Oosten).
Oral in Europa is Twente bekend vir sy fanatieke ondersteuners. Hulle het die oudste
ondersteunersklub
in Nederland, met die "Vriendenkring". Teenwoordig is "Vak-P" die bekendste ondersteunersklub van Twente, omdat hulle in die stadion vir die atmosfeer sorg met vlae, lawaai en vuurwerk. In Nederland het Twente ongeveer vyftien ondersteunersklubs (waarvan die meeste van Twentse dorpe, maar ook van
Apeldoorn
en
Amsterdam
). Ook in
Duitsland
,
Skotland
en
Australie
is daar 'n ondersteunersklub vir FC Twente. Die Skotse ondersteunersklub
Tukker Clan Stranraer
het selfs na
Vak-P
en die
Vriendenkring
die meeste lede.
FC Twente het 'n unieke band met hulle ondersteuners. FC Twente help werklose ondersteuners aan skoling of werk. Ook het die ondersteuners die inrigting van die stadion bepaal.
Maatskaplike verbintenis
[
wysig
|
wysig bron
]
FC Twente
het as slagspreuk
Meer as 'n klub
. Dit beteken dat die klub hom inset vir maatskaplike sake. Die klub help werklose ondersteuners aan skoling of werk. Ook geestelik gestremde ondersteuners kry 'n job as byvoorbeeld skoonmaker van die stadion. Hierdie projek speel hoofsaaklik vir die regio
Twente
, maar daar is planne vir meer nasionale projekte.
FC Twente
werk ook mee aan internasionale maatskaplike projekte, soos die
Suid-Afrikaanse
Medical Knowledge Institute
. Vir meer aandag het die span die wedstryd teen
SC Heerenveen
op
23 September
2012
gespeel in shirts van die
MKI
.
Aartsbiskop
Desmond Tutu
(in Twente-shirt) het ter ere hiervan die aftrap van die wedstryd verrig.
Om nuut spelers op te lei, het
FC Twente
, soos die meeste klubs, 'n
jeugakademie
. Die
Voetbalacademie FC Twente
is 'n saamsmelting van die jeugakademies van
FC Twente
(90%) en
Heracles Almelo
(10%) (
Go Ahead Eagles
het ook ooit deel gewees van die akademie). Die meeste jeugspanne speel hulle tuiswedstryde op die
FC Twente trainingscomplex
in
Hengelo
. Die Twentse jeugakademie staan bekend as een van die beste jeugakademies in Nederland.
Die tweede span van
FC Twente
(
jong FC Twente
) staan los van die jeugakademie. Die tweede span het twee keer die
jeug-eredivisie
gewen, in
2008
en
2012
, het tusse 2013 en 2015 in die
Eerste divisie gespeel
en speel tans in die
derde divisie
.
Ook vir die vrouespan is 'n jeugakademie.
FC Twente
het een van die sterkste spanne in die vrouesokker in Nederland en
Belgie
(tusse 2012 en 2015 het daar een gesamentlike kompetisie vir beide lande bestaan, wat Twente 2 maal gewin het). Die span neem ook gereeld deel aan die
UEFA Women's Champions League
.
FC Twente
is tans kampioen van Nederland (seisoen 2018/19) en het in totaal 6 keer die vrouekampioenskap van Nederland gewen.
In 2007 het FC Twente die inisiatief geneem om 'n professionele vrouesokkerliga in Nederland op te rig. Om die sterkte van die liga te verhoog, het die
Eredivisie vir vroue
in 2012 met die Belgiese vroueliga saamgesmelt. In 2015 het die Nederlandse en Belgiese kompetisies weer gesky. FC Twente het lang die enige span in Nederland gewees wat die speelsters eintlik betaal. Daarom was FC Twente lang oppermagtig in vrouesokker.
- 2010/11, 2012/13, 2013/14, 2014/15, 2015/16, 2018/19
- (naaswenner (3): 2011/12, 2016/17, 2017/18)
- 2008, 2015
- (naaswenner (1): 2013)
- 2012/13, 2013/14
- (naaswenner (1): 2014/15)
- (naaswenner (1): 2011)
FC Twente werk saam op scoutinggebied en jeugopleiding met ampel klubs: