FC Schalke 04
|
|
Volle naam
|
Fußball-Club
Gelsenkirchen-Schalke 04 e.V.
|
Bynaam/me
|
Die Konigsblauen
Die Knappen
|
Stigting
|
1904
|
Tuisveld
|
Veltins-Arena,
Gelsenkirchen
|
Kapasiteit
|
61 673
|
Voorsitter
|
Peter Peters
Horst Heldt
Alexander Jobst
|
Bestuurder
|
Jens Keller
|
Liga
|
Bundesliga
|
2021/22
|
1. posisie,
Bundesliga 2
|
|
FC Schalke 04
is 'n
sportklub
uit
Gelsenkirchen
in die
deelstaat
Noord-Rynland-Wesfale
in
Duitsland
, veral bekend vir sy
sokkerafdeling
.
Schalke
is 'n stadsdeel van Gelsenkirchen. Naas sokker het die klub ook afdelings vir
basketbal
,
handbal
,
tafeltennis
en
atletiek
.
Schalke
het baie mededinging met die nabye span
Borussia Dortmund
. Hierdie
derby
staan bekend as die
Revierderby
en is een van die strafste derbies in die wereld.
FC Schalke 04 is op
4 Mei
1904
gestig deur 'n paar jeugdige mynwerkers, destyds onder die naam
Westfalia Schalke
. Die klub se kleure was aanvanklik
rooi
-
geel
. In
1912
is daar met die
gimnastiekklub
Schalker Turnverein 1877
saamgesmelt en is die voormalige arbeidersklub toegelaat om aan te sluit by die
DFB
. In
1915
het die twee klubs se wee weer geskei en is die sokkerklub hervestig as SV Westfalia Schalke, maar in
1919
het die twee weer bymekaargekom as
Turn- und Sportverein Schalke 1877
. In
1924
het die sokkerafdeling weer afgestig en die naam
FC Schalke 04
aangeneem, asook die huidige
blou
en
wit
klubkleure.
Die klub het in
1927
die eerste keer die uitspeelwedstryde om die nasionale titel gehaal. Teen hierdie tyd het die klub reeds 'n baie groot aanhang geniet en in
1928
is die naam
FC Gelsenkirchen-Schalke 04
aangeneem en is 'n nuwe tuisveld, die
Gluckauf-Kampfbahn
, in gebruik geneem. In
1930
is die klub vir byna 6 maande geskors nadat die wedstrydfooie wat aan spelers betaal is die vasgestelde perke oorskry het, maar dit het geensins die klub se gewildheid laat taan nie: In die eerste wedstryd na die skorsing, teen
Fortuna Dusseldorf
, in Junie
1931
, het 70,000 toeskouers na die klub se tuisveld gestroom.
Met die herorganisasie van die Duitse sokkerstruktuur tydens die
Derde Ryk
in
1933
is Schalke by die
Gauliga
Wesfale ingedeel en het die klub se goue era gevolg: Die klub het sy eerste Duitse titel in
1934
gewen en tussen
1933
en
1942
in 14 van die 18 nasionale eindstryde gespeel (10 om die Duitse kampioenskap en 8 om die
Tschammerpokal
). Tussen
1933
en
1945
het Schalke 'n ongelooflike rekord gehandhaaf deur 162 uit 189 Gauligawedstryde te wen, in 21 gelykop te speel en slegs 6 te verloor. Tussen
1935
en
1939
het hulle nie 'n enkele ligawedstryd verloor nie. Die klub se dominansie van Duitse sokker is deur die
Nazi
-regering as propaganda gebruik deur hulle as voorbeeld van die "nuwe" Duitsland voor te hou.
Na die
Tweede Wereldoorlog
was die klub nie meer so suksesvol nie. Die klub het nog een keer die Duitse titel gewen (in
1958
, waar
Hamburger SV
met 3-0 in die eindstryd verslaan is). In
1963
het Schalke toegang verdien tot die nuutgestigde
Bundesliga
. Die eerste jare in die Bundesliga was egter moeilik. In
1965
kon Schalke slegs relegasie vryspring omdat die kompetisie toe uitgebrei is na agtien spanne en oorwinnings in die uitspeelwedstryde behaal is teen
Karlsruher SC
en
Hertha BSC Berlyn
. Verder is Schalke by die Bundesliga omkoopskandaal van
1971
betrek.
Schalke 04 het sedert
1928
sy tuiswedstryde in die legendariese
Gluckauf-Kampfbahn
gespeel. In
1973
verhuis die klub na die Parkstadion, wat gebou was vir die
1974 Sokkerwereldbeker
.
Sedert
2001
is die
Arena AufSchalke
die tuisveld. Die stadion staan tans (sedert
1 Julie
2005
) bekend as die
Veltins Arena
, waarvoor die borg Veltins, 'n Duitse bierhandelsmerk, vier miljoen
euro
per jaar opdok.
Duitse sokkerkampioen
- 1933/34, 1934/35, 1936/37, 1938/39, 1939/40, 1941/42, 1957/58
DFB-Pokal
- 1938, 1972, 2001, 2002, 2011
UEFA-beker
- 1997
UEFA Intertoto-beker
- 2003, 2004
Liga-Pokal
- 2005
Blau und Weiß, wie lieb ich Dich
(Teks en
musiek
: Hans J. Konig /
1924
)
Blau und Weiß, wie lieb ich Dich
Blau und Weiß, verlass mich nicht
Blau und Weiß ist ja der Himmel nur
Blau und Weiß ist unsere Fußballgarnitur
Hatten wir ein Konigreich
Machten wir es den Schalkern gleich
Alle Madchen, die so jung und schon
Mussten alle Blau und Weiß spazieren gehn
Mohammed war ein Prophet
Der vom Fußballspielen nichts versteht
Doch aus all der schonen Farbenpracht
Hat er sich das Blau und Weiße ausgedacht
Tausend Feuer in der Nacht
Haben uns das große Gluck gebracht
Tausend Freunde, die zusammenstehn
Dann wird der FC Schalke niemals untergehn.
Onlangse ligaposisionering
[
wysig
|
wysig bron
]
- 1963-64 (I) Bundesliga 8ste
- 1964-65 (I) Bundesliga 16de
- 1965-66 (I) Bundesliga 14de
- 1966-67 (I) Bundesliga 15de
- 1967-68 (I) Bundesliga 15de
- 1968-69 (I) Bundesliga 7de
- 1969-70 (I) Bundesliga 9de
- 1970-71 (I) Bundesliga 6de
- 1971-72 (I) Bundesliga 2de
- 1972-73 (I) Bundesliga 15de
- 1973-74 (I) Bundesliga 7de
- 1974-75 (I) Bundesliga 7de
- 1975-76 (I) Bundesliga 6de
- 1976-77 (I) Bundesliga 2de
- 1977-78 (I) Bundesliga 9de
- 1978-79 (I) Bundesliga 15de
- 1979-80 (I) Bundesliga 8ste
- 1980-81 (I) Bundesliga 17de
- 1981-82 (II) 2.Bundesliga 1ste
- 1982-83 (I) Bundesliga 16de
- 1983-84 (II) 2.Bundesliga 2de
- 1984-85 (I) Bundesliga 8ste
- 1985-86 (I) Bundesliga 10de
- 1986-87 (I) Bundesliga 13de
- 1987-88 (I) Bundesliga 18de
|
- 1988-89 (II) 2.Bundesliga 12de
- 1989-90 (II) 2.Bundesliga 5de
- 1990-91 (II) 2.Bundesliga 1ste
- 1991-92 (I) Bundesliga 11de
- 1992-93 (I) Bundesliga 10de
- 1993-94 (I) Bundesliga 14de
- 1994-95 (I) Bundesliga 11de
- 1995-96 (I) Bundesliga 3de
- 1996-97 (I) Bundesliga 12de
- 1997-98 (I) Bundesliga 5de
- 1998-99 (I) Bundesliga 10de
- 1999-00 (I) Bundesliga 13de
- 2000-01 (I) Bundesliga 2de
- - DFB-beker
- 2001-02 (I) Bundesliga 5de
- - DFB-beker
- 2002-03 (I) Bundesliga 7de
- 2003-04 (I) Bundesliga 7de
- 2004-05 (I) Bundesliga 2de
- 2005-06 (I) Bundesliga 4de
- 2006-07 (I) Bundesliga 2de
- 2007-08 (I) Bundesliga 3de
- 2008-09 (I) Bundesliga 8ste
- 2009-10 (I) Bundesliga 2de
|