in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Europese Raad
is 'n liggaam wat die
Europese Unie
(EU) se gehele politieke rigting en prioriteite definieer. Dit bestaan uit die
regeringshoofde
van die 28 lidstate tesame met die
President van die Europese Raad
en die
President van die Europese Kommissie
. Die
gevolmagtigde van die Unie vir buitelandse sake en sekuriteitsbeleid
(met ander woorde die minister van buitelandse sake van die EU)
[1]
neem ook aan vergaderings deel.
[2]
Die Europese Raad is in 1975 as 'n informele spitsberaad gestig en is in 2009 met die inwerkingtreding van die
Verdrag van Lissabon
tot instelling geformaliseer. Die huidige president van die Europese Raad is
Charles Michel
, voormalige
Eerste Minister van Belgie
.
Die Europese Raad moet nie met die Raad van die Europese Unie verwar nie. Die laaste instelling word ook die Raad van Ministers genoem en bestaan uit 'n wisselende keuse uit nasionale ministers wat 'n bepaalde werkgebied verteenwoordig en Europese wetgewing op hierdie gebied voorberei. Hulle het amptelik 'n wetgewende taak in teenstelling tot die Europese Raad wat slegs die breer raamwerk vir Europese eenwording verskaf.
Tot en met 1973 is daar deur die hoogste ampsdraers van die Europese Gemeenskappe spitsberade oor die toekoms van Europa gehou wanneer hulle dit nodig geag het. Die Europese Raad is tydens 'n byeenkoms in Parys in Desember 1974 (waarvan die Franse president Valery Giscard d'Estaign die voorsitter van was) gestig, welke voortaan reelmatig byeen sou kom. Op 11 Maart 1975 word die eerste vergadering van die Europese Raad in Dublin gehou. Aanvanklik vergader die raad twee keer per jaar; en sedert 1996 vier keer per jaar. Sedert Oktober 2003 word alle sittings in
Brussel
gehou. Die staat wat die voorbereidings van die agenda van die Raad van Ministers uitvoer, wissel twee keer per jaar, en tot 2009 is die staats- of regeringsleier van die land outomaties ook die Europese Raad se voorsitter. Die laaste wisselende voorsitter was Fredrik Reinfeldt, die eerste minister van
Swede
, te wete die land wat in die tweede helfte van 2009 die roterende voorsitterskap beklee het. Sedert 2009 is daar egter 'n permanente president van die Raad, hoewel die land wat die voorbereidings vir die Raad van Ministers tref steeds twee keer per jaar wissel.
[3]
Europese Unie
|
---|
Instellings
| |
---|
Agentskappe
| |
---|
Presidente (Kommissie)
| |
---|
Presidente (Raad)
| |
---|