in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ethan Allen
(*
21 Januarie
1738
- †
12 Februarie
1789
) was 'n
Amerikaanse
boer, sakeman, grondspekulant, filosoof en skrywer wat gedurende die
Amerikaanse Rewolusionere Oorlog
as patriot, oorlogsheld en politikus bekendheid verwerf het - onder meer as een van die stigters van die deelstaat
Vermont
en met die inneming van Fort Ticonderoga in die vroee fase van die rewolusionere oorlog.
As 'n boorling van landelike
Connecticut
het Allen in die grensland grootgeword, tog was sy opvoeding ook op enkele filosofiese skole gefokus. In die laat 1760's het sy sakebelange tot die sogenaamde
New Hampshire Grants
gestrek waar hy grond gekoop het. Sodoende het hy ook by die regtelike dispuut oor die gebied betrokke geraak. Nadat die saak 'n aantal terugslae gekry het, is die
Green Mountain Boys
in die lewe geroep - 'n gewapende groep wat onder die bevel van Allen talle setlaars uit
New York
van hulle plase in die
Grants
verwilder het.
Met die uitbreek van die Amerikaanse Rewolusionere Oorlog het Allen en die
Boys
die kans gegryp en in Mei 1775 Fort Ticonderoga ingeneem. In September van dieselfde jaar was Allen die bevelvoerder van 'n gewapende mag wat op
Montreal
gemarsjeer. Die aanval het egter misluk, en Allen is deur die Britse owerheid in hegtenis geneem. Aanvanklik is hy op skepe van die Koninklike
Britse Vloot
aangehou, later in
New York Stad
onder parool geplaas en uiteindelik in 1778 tydens 'n uitruil van gevangenes vrygelaat.
Allen het vervolgens na die
Grants
teruggekeer wat reeds in 1777 hul onafhanklikheid verklaar het en hier sy politieke aktiwiteite hervat. Allen het alle pogings van New York se kant om die gebied te oorheers die hoof gebied en daarnaas ook Vermont se leierskap gesteun wat die Kongres om amptelike erkenning van die staat versoek het. Hy was ook betrokke by omstrede onderhandelinge met die Britte waarin Vermont se moontlike status as afsonderlike Britse provinsie bespreek is.
Allen het sy politieke en militere prestasies gedurende die rewolusionere oorlog later in 'n reeks boeke neergeskryf wat in die 19de eeu by die Amerikaanse leserspubliek baie gewild geraak het, asook filosofiese werke en dokumente wat die politieke gebeure rondom Vermont se staatwording behandel het. Op sakegebied het Allen as boer gepresteer, een van Connecticut se vroegste ysteraanlegte gestig en by landspekulasie in Vermont betrokke geraak. Op grond wat oorspronklik deur Allen en sy broers gekoop is, het later
Burlington
- tans die grootste nedersetting in Vermont - ontstaan. Allen was twee keer getroud, en agt kinders het uit die huwelike voortgespruit.
Die
Ethan Allen-klas duikbote
is na hom vernoem.