Epilepsie
|
---|
|
3 Hz-golwe op 'n elektro-enkefalogram.
|
Spesialiteit
| Neurologie
|
---|
Simptome
| Tydperke van kwaai skuddings
[1]
|
---|
Tydsduur
| Lang termyn
[1]
|
---|
Oorsake
| Onbekend, beroerte, breinskade,
-gewas
of
-infeksie
, geboortedefekte
[1]
|
---|
Diagnostiese metode
| Elektro-enkefalogram, uitskakeling van ander oorsake
[2]
|
---|
Behandeling
| Medikasie, chirurgie, neurostimulasie, dieetveranderings
[3]
[4]
|
---|
Prognose
| Beheerbaar in 69%
[5]
|
---|
Frekwensie
| 39 miljoen / 0,5% (2015)
|
---|
Sterftes
| 125 000 (2015)
|
---|
Mediese waarskuwing
|
Epilepsie
, of
vallende siekte
, is 'n chroniese toestand van die
brein
. Dit word gekenmerk deur aanvalle wat skynbaar geen voor die hand liggende oorsaak het nie.
[6]
[7]
Vir buitestaanders lyk hierdie aanvalle soos episodes van onbeheerde stuiptrekkings, hewige rukkings en bewusteloosheid.
[8]
Hierdie episodes kan van korte duur en moeilik wees om op te spoor (epilepsie minora of petite mal). Dit kan ook langer duur en ernstiger wees (epilepsie majora of grand mal).
Die kondisie kom redelik algemeen voor. Ongeveer een persent van die wereldwye bevolking (65 miljoen) het epilepsie.
[9]
Byna tagtig persent van alle voorvalle kom in ontwikkelende lande voor.
[8]
Epilepsie is meer algemeen by ouer mense.
[10]
[11]
In die ontwikkelde wereld ontstaan die siekte meestal by babas en bejaardes.
[12]
In ontwikkelende lande kom dit merendeels by ouer kinders en jong volwassenes voor.
[13]
Tussen vyf en tien persent van alle mense sal sonder enige voor die hand liggende rede 'n aanslag voor die ouderdom van tagtig beleef.
[14]
Die kans vir 'n tweede aanval is tussen veertig en vyftig persent.
[15]
Daar is verskeie vorms van epilepsie, maar die volgende is meestal waar:
- Die mense se spiere kan saamtrek (stuiptrekking en motoriese simptome).
- Die mense verloor beheer oor hul liggame. Ontlasting kan in die proses vrygestel word. Hulle kan op die grond neerval en seerkry as hul staan of loop.
- Mense kan bewusteloos word.
- Diegene wat dit ondervind is nie daarvan bewus nie. Hulle kan ook nie na die tyd onthou wat met hulle gebeur het nie.
- In sommige gevalle kan mense voel dat hulle 'n aanval gaan kry. Na die tyd kan hulle hul voorgevoel onthou, maar nie die voorval self nie.
- Die meeste aanvalle is van korte duur. 'n Langer aanval kan tipies tot vyf minute duur.
- Reflekse werk nie tydens die aanval nie; persone kan ook ophou asemhaal.
- Mense is moeg na 'n aanval. Hulle kan verward wees.
- Mense wat hieraan ly is nie geestelik siek nie of verstandelik vertraag nie.
- Die toestand is algemeen en is al baie bestudeer. Daar is medisyne vir baie vorme van epilepsie wat die mense se lewensomstandighede kan verbeter. Dokters sal slegs epilepsie diagnoseer as die persoon ten minste twee aanvalle, waarvoor geen onmiddellike oorsaak duidelik is nie, gehad het. Daar is ook aanvalle wat nie deur epilepsie veroorsaak word nie.
Mense wat 'n epileptiese aanval beleef staar 'n aantal probleme in die gesig. Die mees algemene hiervan is:
- Hulle beseer hulself. Dit sluit wonde en gebreekte bene in as hulle voorwerpe tref en hulself byt.
- Hulle veroorsaak ongelukke. Voorbeelde hiervan is motorongelukke en verdrinking terwyl hulle swem.
- In sommige gevalle hou die mense op om asem te haal. In sulke gevalle sal die brein beskadig word as die voorval te lank duur, of as 'n reeks aanvalle voorkom.
- Gedurende die aanval word 'n oormaat neurotransmitters in die brein vrygestel, wat die brein kan beskadig.
Risikofaktore en behandeling
[
wysig
|
wysig bron
]
Riskante gedrag kan soms aanvalle uitlok. Sulke risikofaktore sluit in:
- Stres
(spanning)
- Gebrek aan slaap
- Alkohol en ander dwelms
Mense wat spanning goed hanteer, wat genoeg slaap, en wat nie te veel drink nie kan die risiko van 'n aanval verminder. Dit help dus om genoeg te rus en gereeld te oefen, wat spanning sal verlig.
In baie gevalle kan medikasie of 'n spesiale dieet ook help om aanvalle te voorkom. Chirurgie is soms moontlik as die pasient nie op medikasie reageer nie.
Beskerm die pasient sodat hy homself nie beseer nie (verwyder voorwerpe wat beserings kan veroorsaak). Moenie die stuiptrekkings met geweld onderdruk nie, maar dit kan gekontroleer word deur die ledemate liggies vas te hou. 'n Kussing onder die kop kan help om kopbeserings te voorkom. Maak enige stywe klere los, veral rondom die nek. As die pasient sy tong byt, kan 'n lepel of stukkie hout sonder geweld tussen die tande geplaas word (rol dit in 'n sakdoek). As die pasient braak, moet sy kop eenkant gedraai word sodat hy nie daarin verstik nie. Na die episode moet die persoon die geleentheid gegee word om te slaap. Moenie die pasient direk na die aanval verlaat alvorens hy nie ten volle tot sy sinne gekom het nie.
Ontbied 'n ambulans as die aanval langer as vyf minute duur, as dit deur 'n tweede aanval opgevolg word, of as die persoon nie binne 'n paar minute sy bewussyn herwin nie.
Onder geen omstandighede mag 'n versterkmiddel toegedien word nie.
Mense met epilepsie kan normale lewens lei en suksesvol wees. Onthou dat epilepsie nie deur 'n geestesversteuring of verstandelike vertraging veroorsaak word nie. Dit is boonop glad nie aansteeklik nie.
In sekere lande mag mense met epilepsie nie 'n motor bestuur nie. Die beperking word meestal opgehef as die persoon vir 'n bepaalde tydperk geen aanvalle gehad het nie. Mense met epilepsie mag veral nie busse, taxi's of vragmotors bestuur nie.
Voorbeelde van suksesvolle mense met epilepsie:
- ↑
1,0
1,1
1,2
"Epilepsy Fact sheet"
.
WHO
. Februarie 2016.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 11 Maart 2016
. Besoek op
4 Maart
2016
.
- ↑
Longo, Dan L (2012). "369 Seizures and Epilepsy".
Harrison's principles of internal medicine
(18th uitg.). McGraw-Hill. p. 3258.
ISBN
978-0-07-174887-2
.
- ↑
Bergey GK (Junie 2013). "Neurostimulation in the treatment of epilepsy".
Experimental Neurology
.
244
: 87?95.
doi
:
10.1016/j.expneurol.2013.04.004
.
PMID
23583414
.
S2CID
45244964
.
- ↑
Martin-McGill, Kirsty J.; Jackson, Cerian F.; Bresnahan, Rebecca; Levy, Robert G.; Cooper, Paul N. (7 November 2018).
"Ketogenic diets for drug-resistant epilepsy"
.
The Cochrane Database of Systematic Reviews
.
11
: CD001903.
doi
:
10.1002/14651858.CD001903.pub4
.
ISSN
1469-493X
.
PMC
6517043
.
PMID
30403286
.
- ↑
Eadie MJ (Desember 2012). "Shortcomings in the current treatment of epilepsy".
Expert Review of Neurotherapeutics
.
12
(12): 1419?27.
doi
:
10.1586/ern.12.129
.
PMID
23237349
.
S2CID
207221378
.
- ↑
Commission on Epidemiology and Prognosis, International League Against Epilepsy (1993).
"Guidelines for epidemiologic studies on epilepsy. Commission on Epidemiology and Prognosis, International League Against Epilepsy"
.
Epilepsia
.
34
(4): 592?6.
doi
:
10.1111/j.1528-1157.1993.tb00433.x
.
PMID
8330566
.
- ↑
Blume W, Luders H, Mizrahi E, Tassinari C, van Emde Boas W, Engel J (2001).
"Glossary of descriptive terminology for ictal semiology: report of the ILAE task force on classification and terminology"
.
Epilepsia
.
42
(9): 1212?8.
doi
:
10.1046/j.1528-1157.2001.22001.x
.
PMID
11580774
.
{{
cite journal
}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (
link
)
- ↑
8,0
8,1
"Epilepsy"
. Fact Sheets (in Engels).
World Health Organization
. Oktober 2012.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 23 April 2018
. Besoek op
24 Januarie
2013
.
- ↑
Thurman, DJ (September 2011). "Standards for epidemiologic studies and surveillance of epilepsy".
Epilepsia
. 52 Suppl 7: 2?26.
doi
:
10.1111/j.1528-1167.2011.03121.x
.
PMID
21899536
.
- ↑
Brodie, MJ (November 2009). "Epilepsy in later life".
Lancet neurology
.
8
(11): 1019?30.
doi
:
10.1016/S1474-4422(09)70240-6
.
PMID
19800848
.
- ↑
Holmes, Thomas R. Browne, Gregory L. (2008).
Handbook of epilepsy
(4th uitg.). Philadelphia: Lippincott Williams & Wilkins. p. 7.
ISBN
978-0-7817-7397-3
.
{{
cite book
}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (
link
)
- ↑
Wyllie's treatment of epilepsy : principles and practice
(5th uitg.). Philadelphia: Wolters Kluwer/Lippincott Williams & Wilkins. 2010.
ISBN
978-1-58255-937-7
.
- ↑
Newton, CR (29 September 2012). "Epilepsy in poor regions of the world".
Lancet
.
380
(9848): 1193?201.
doi
:
10.1016/S0140-6736(12)61381-6
.
PMID
23021288
.
- ↑
Wilden, JA; Cohen-Gadol, AA (15 Augustus 2012). "Evaluation of first nonfebrile seizures".
American family physician
.
86
(4): 334?40.
PMID
22963022
.
- ↑
Berg, AT (2008). "Risk of recurrence after a first unprovoked seizure".
Epilepsia
. 49 Suppl 1: 13?8.
doi
:
10.1111/j.1528-1167.2008.01444.x
.
PMID
18184149
.
Klassifikasie
| |
---|
Eksterne bronne
| |
---|