in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Elsas-Lotaringe
(
Duits
:
Reichsland Elsaß-Lothringen
,
Frans
:
Alsace-Lorraine
) was tussen
1871
en
1918
'n administratiewe gebied van die
Duitse Keiserryk
wat uit die historiese landskap
Elsas
(sonder
Belfort
) en die noordooste van
Lotaringe
(met
Metz
) gevorm is.
Straatsburg
het as administratiewe hoofstad gefungeer.
Die gebied met 'n oppervlakte van sowat 14 500 km² en 'n bevolking van sowat 1 550 000 (1871) en 1 874 000 (1910) is na die
Frans-Duitse Oorlog
geannekseer en as sogenaamde
Reichsland
('Ryksland') regstreeks deur die Duitse Ryk geadministreer. Dit het sodoende nie dieselfde regtelike status geniet soos ander Duitse deelstate nie.
Volgens die
Verdrag van Versailles
het die gebied na die
Eerste Wereldoorlog
weer Frans geword. Gedurende die
Tweede Wereldoorlog
is Elsas-Lotaringe tussen
1940
en
1945
deur Duitse troepe beset en tussen
1942
en 1945 formeel by die destydse
Groot-Duitse Ryk
ingelyf.
Elsas-Lotaringe het uit drie distrikte (Duits:
Bezirke
) bestaan:
- Neder-Elsas (Duits:
Unterelsaß
), die huidige departement
Bas-Rhin
van die administratiewe gewes Elsas
- Bo-Elsas (Duits:
Oberelsaß
), die huidige departement
Haut-Rhin
van die administratiewe gewes Elsas
- Lotaringe (Duits:
Lothringen
), die huidige departement
Moselle
van die administratiewe gewes Lotaringe