in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Eintracht Frankfurt
is 'n
sportklub
uit
Frankfurt am Main
in die
deelstaat
Hessen
in
Duitsland
, veral bekend vir sy
sokkerafdeling
. Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir onder meer
gimnastiek
,
atletiek
,
hokkie
,
boks
,
tennis
,
handbal
,
rugby
,
tafeltennis
,
basketbal
,
vlugbal
,
veerpyltjies
,
yshokkie
en
driekamp
.
Die klub is op
8 Maart
1899
gestig as
Frankfurter Fußball-Club Viktoria von 1899
. In Mei
1911
is daar met
Frankfurter Fußball-Club Kickers von 1899
saamgesmelt as
Frankfurter FV (Kickers-Viktoria)
. In
1920
het die klub met die gimnastiekklub
Frankfurter Turngemeinde von 1861
saamgesmelt om
TuS Eintracht Frankfurt von 1861
te vorm. In
1927
het die twee klubs weer uitmekaargespat as gevolg van druk van die nasionale gimnastiekvereniging en weer die name
Turngemeinde Eintracht Frankfurt von 1861
en
Sportgemeinde Eintracht Frankfurt (FFV) von 1899
aangeneem.
Die klub se beste prestasie in sy vroee jare was toe die eindstryd om die Duitse nasionale kampioenskap in
1932
bereik is, waar daar met 0-2 teen
FC Beiere Munchen
verloor is. In
1933
is Duitse sokker geherstruktureer in 16
Gauligas
. Eintracht het in die Gauliga Suidwes meegeding en die liga in
1938
gewen, maar is in die groepsfase van die uitspeelwedstryde om die Duitse titel uitgeskakel.
Na die
Tweede Wereldoorlog
het die klub in die
Oberliga Suid
meegeding en die Duitse kampioen geword in
1959
deur 5-3 met
Kickers Offenbach
klaar te speel in die eindstryd. Die titel is opgevolg met 'n puik lopie in die
Europese beker
-kompetisie. Eintracht het die eindstryd gehaal, maar met 3-7 verloor teen
Real Madrid
in 'n wedstryd wat vandag nog beskou word as een van die beste wedstryde wat nog ooit gespeel is.
Eintracht was een van die klubs wat aan die eerste
Bundesligaseisoen
in
1963
deelgeneem het, maar die klub se beste prestasie in hierdie liga was die 5 keer wat daar derde geeindig is.
Die
Deutsche Bank Park
(vroeer
Waldstadion
) is sedert
1925
die tuiste van die klub. Die ondersteuners van Eintracht Frankfurt het die afgelope jare bekend geraak as van die mees fanatiese ondersteuners in Duitsland, wat ongelukkig ook gepaardgaan met sokkerboewery en die klub al duur te staan gekom het met boetes wat opgele is.
Duitse sokkerkampioen
DFB-Pokal
- 1974, 1975, 1981, 1988, 2018
UEFA-beker
UEFA Intertoto-beker
Onlangse ligaposisionering
[
wysig
|
wysig bron
]
- 1963-64 (I) Bundesliga 3de
- 1964-65 (I) Bundesliga 8ste
- 1965-66 (I) Bundesliga 7de
- 1966-67 (I) Bundesliga 4de
- 1967-68 (I) Bundesliga 6de
- 1968-69 (I) Bundesliga 8ste
- 1969-70 (I) Bundesliga 8ste
- 1970-71 (I) Bundesliga 15de
- 1971-72 (I) Bundesliga 5de
- 1972-73 (I) Bundesliga 8ste
- 1973-74 (I) Bundesliga 4de
- 1974-75 (I) Bundesliga 3de
- 1975-76 (I) Bundesliga 9de
- 1976-77 (I) Bundesliga 4de
- 1977-78 (I) Bundesliga 7de
- 1978-79 (I) Bundesliga 5de
- 1979-80 (I) Bundesliga 9de
- 1980-81 (I) Bundesliga 5de
- 1981-82 (I) Bundesliga 8ste
- 1982-83 (I) Bundesliga 10de
|
- 1983-84 (I) Bundesliga 16de
- 1984-85 (I) Bundesliga 12de
- 1985-86 (I) Bundesliga 15de
- 1986-87 (I) Bundesliga 15de
- 1987-88 (I) Bundesliga 9de
- 1988-89 (I) Bundesliga 16de
- 1989-90 (I) Bundesliga 3de
- 1990-91 (I) Bundesliga 4de
- 1991-92 (I) Bundesliga 3de
- 1992-93 (I) Bundesliga 3de
- 1993-94 (I) Bundesliga 5de
- 1994-95 (I) Bundesliga 9de
- 1995-96 (I) Bundesliga 17de
- 1996-97 (II) 2.Bundesliga 7de
- 1997-98 (II) 2.Bundesliga 1ste
- 1998-99 (I) Bundesliga 15de
- 1999-00 (I) Bundesliga 14de
- 2000-01 (I) Bundesliga 17de
- 2001-02 (II) 2.Bundesliga 7de
- 2002-03 (II) 2.Bundesliga 3de
|
- 2003-04 (I) Bundesliga 16de
- 2004-05 (II) 2.Bundesliga 3de
- 2005-06 (I) Bundesliga 14de
- 2006-07 (I) Bundesliga 14de
- 2007-08 (I) Bundesliga 9de
- 2008-09 (I) Bundesliga 13de
- 2009-10 (I) Bundesliga 10de
- 2010-11 (I) Bundesliga 17de
- 2011-12 (II) 2.Bundesliga 2de
- 2012-13 (I) Bundesliga 6de
- 2013-14 (I) Bundesliga 13de
- 2014-15 (I) Bundesliga 9de
- 2015-16 (I) Bundesliga 16de
- 2016-17 (I) Bundesliga 11de
- 2017-18 (I) Bundesliga 8de
- 2018-19 (I) Bundesliga 7de
- 2019-20 (I) Bundesliga 9de
- 2020-21 (I) Bundesliga 5de
- 2021-22 (I) Bundesliga 11de
- 2022-23 (I) Bundesliga 7de
- 2023-24 (I) Bundesliga 6de
|