'n
Dwergplaneet
is 'n klein voorwerp met die massa van 'n planeet wat regstreeks om die
Son
wentel; dit is kleiner as enige van die agt klassieke
planete
, maar steeds 'n wereld uit eie reg. Die prototipiese dwergplaneet is
Pluto
. Voorwerpe wat groot genoeg is om ander voorwerpe in die omgewing van hul wentelbaan uit die weg te ruim, word as "
planete
" gedefinieer, terwyl die wat te klein is om ’n hidrostatiese ewewigsvorm aan te neem as "
klein Sonnestelselliggame
" gedefinieer word. Dwergplanete le tussenin. Planetere geoloe stel in hulle belang omdat hulle geologies aktiewe liggame kan wees, 'n kwessie wat aan die lig gebring is in 2015 met die
Dawn
-sending na
Ceres
en die
New Horizons
-sending na Pluto.
Sterrekundiges
stem oor die algemeen saam dat daar minstens nege kandidate vir dwergplanete is: Pluto,
Eris
,
Haumea
,
Makemake
,
Gonggong
,
Quaoar
,
Sedna
, Ceres en
Orcus
. Van hulle en die tiende grootste kandidaat,
Salacia
, is almal buiten Sedna of deur ruimtetuie besoek (Pluto en Ceres) of hulle het minstens een
maan
(Pluto, Eris, Haumea, Makemake, Gonggong, Quaoar, Orcus en Salacia), wat toelaat dat hulle massa en geraamde digtheid bereken kan word. Massa en digtheid kan weer in geologiese modelle gepas word in 'n poging om die aard van die werelde te bepaal. Sommige sterrekundiges sluit kleiner liggame ook in,
[1]
maar daar is geen konsensus dat hulle waarskynlik dwergplanete is nie.
Die term "dwergplaneet" is uitgedink deur die planetere wetenskaplike
Alan Stern
as deel van 'n drieledige klassifikasie van voorwerpe in die
Sonnestelsel
met 'n planetere massa: klassieke planete, dwergplanete en
satellietplanete
. Die term is dus geskep met die idee dat 'n dwergplaneet 'n soort planeet is. Die
Internasionale Sterrekundige Vereniging
(IAU) het dit in 2006 egter as 'n subkategorie aanvaar, deel van die IAU se drieledige herklassifikasie van liggame wat om die Son wentel: planete, dwergplanete en klein Sonnestelselliggame.
[2]
Stern en ander planetere geoloe beskou dwergplanete en groot mane dus as planete,
[3]
maar sedert 2006 sluit die IAU en dalk die meeste ander sterrekundiges hulle uit van die lys planete.
Geskiedenis van die begrip
[
wysig
|
wysig bron
]
Van 1801 af het sterrekundiges Ceres en ander liggame tussen
Mars
en
Jupiter
ontdek wat jare lank as planete beskou is. Van omstreeks 1851 was daar al 23 planete, en sterrekundiges het onder hulle die woord
asteroide
vir die kleiner liggame begin gebruik om hulle as "kleinplanete" te onderskei van "groot planete".
[5]
Met die ontdekking van Pluto in 1930 het die meeste sterrekundiges geglo die Sonnestelsel het nege groot planete en duisende aansienlik kleiner liggame (asteroides en
komete
). Byna 50 jaar lank is geglo Pluto is groter as
Mercurius
,
[6]
[7]
maar met die ontdekking van Pluto se maan
Charon
in 1978 het dit moontlik geword om Pluto se massa akkuraat te meet en te bepaal dit is heelwat kleiner as wat aanvanklik geglo is.
[8]
Pluto is rofweg 'n 20ste van Mercurius se massa, wat dit die kleinste planeet gemaak het. Hoewel dit steeds meer as 10 keer so swaar is as die grootste voorwerp in die
asteroidegordel
, Ceres, is sy massa net 'n vyfde van die
Maan
s'n.
[9]
Dit het ook ongewone eienskappe, soos 'n groot
eksentrisiteit
en
baanhelling
, en dit het gou duidelik geword dit verskil grootliks van die ander planete.
[10]
In die 1990's het sterrekundiges nog voorwerpe in Pluto se omgewing begin ontdek (in wat nou as die
Kuipergordel
bekend is) en ander selfs verder.
[11]
Baie van hulle het Pluto se belangrikste wenteleienskappe gedeel, en daar is na Pluto begin kyk as die grootste lid van 'n nuwe klas voorwerpe, die
plutino's
. Dit het duidelik geword die grootste van die liggaame sou ook as planete geklassifiseer moes word of andersins sou Pluto herklassifiseer moes word, nes Ceres herklassifiseer is na die ontdekking van nog asteroides.
[12]
Dit het daartoe gelei dat baie sterrekundiges nie meer na Pluto as 'n planeet verwys het nie. Verskeie terme soos "subplaneet" en "planetoied" is gebruik om te verwys na wat nou as dwergplanete bekend is.
[13]
[14]
Sterrekundiges was ook vol vertroue dat nog voorwerpe so groot soos Pluto ontdek sou word, en die getal planete sou dan aanhou groei as Pluto een bly.
[15]
Eris (toe bekend as
2003 UB
313
) is in Januarie 2005 ontdek.
[16]
Daar is geglo dit is effens groter as Pluto en sommige verslae het informeel daarna verwys as "die 10de planeet".
[17]
As gevolg hiervan het 'n intense debat tydens die IAU se algemene vergadering in Augustus 2006 ontstaan oor die definisie van 'n planeet.
[18]
Die IAU se aanvanklike voorstel het Charon, Eris en Ceres op die lys planete ingesluit. Nadat baie sterrekundiges beswaar aangeteken het, is 'n alternatiewe lys opgestel deur die sterrekundiges Julio Angel Fernandez en Gonzalo Tancredi van Uruguay. Hulle het 'n tussenin-kategorie voorgestel vir voorwerpe wat groot genoeg is om rond te wees, maar nie hulle wentelbaan van
planetesimale
skoongevee het nie.
Die volgende definisie van 'n dwergplaneet is aanvaar:
- Dit wentel om die
Son
.
- Dit besit voldoende
massa
dat sy eie
swaartekrag
rigiede liggaamskragte oorwin en die liggaam in ’n
hidrostatiese ewewigsvorm
(’n amper sferiese vorm) druk.
- Dit is nie in staat om ander voorwerpe in die omgewing van sy wentelbaan uit die weg te ruim nie.
- Dit is nie ’n
natuurlike satelliet
(maan) nie.
’n Dwergplaneet is dus ’n hemelliggaam met die massa van ’n planeet, maar wat nie aan al die vereistes vir ’n planeet voldoen nie en nie ’n maan is nie. Benewens Charon is ook Pluto, Ceres en Eris van die lys geskrap, want hulle het nie hulle wentelbane skoongevee nie.
[19]
Hoewel die klassifikasie van planete om ander sterre aangeraak is,
[20]
is die saak nie opgelos nie; daar is voorgestel dit word weer geopper wanneer dwergplaneetgrootte-voorwerpe om ander sterre opgespoor word.
[19]
Pas nadat die IAU die definisie vir 'n dwergplaneet opgestel het, het sommige wetenskaplike gese hulle stem nie saam nie.
[21]
Veldtogte is met onder meer bufferplakkers en T-hemde gevoer.
[22]
Mike Brown
, die ontdekker van Eris, stem saam met die vermindering van die getal planete tot agt.
[23]
Nasa
het in 2006 aangekondig hulle sal hulle neerle by die nuwe riglyne van die IAU.
[24]
Alan Stern
, die direkteur van Nasa se sending na Pluto, het die IAU se definisie van 'n planeet verwerp ? beide wat betref die definisie van 'n dwergplaneet as iets anders as 'n planeet en die gebruik van wenteleienskappe (eerder as intrinsieke eienskappe) om hulle as dwergplanete te definieer.
[25]
Hy het dus in 2011
[26]
en daarna na Pluto as 'n planeet bly verwys en het boonop al die ander moontlike dwergplanete soos Ceres en Eris, asook die grootste mane, as planete erken.
[27]
'n Paar jaar voor die IAU-definisie het hy wenteleienskappe gebruik om 'n onderskeid te tref tussen "uberplanete" (die agt hoofplanete) en "unterplanete" (die dwergplanete). Hy het albei as planete beskou.
[28]
Name vir groter subplanetere liggame sluit in "dwergplaneet", "planetoied", "mesoplaneet", "kwasiplaneet" en in die streek anderkant Neptunus "plutoied". "Dwergplaneet" is egter oorspronklik voorgestel as 'n term vir die kleinste planete en nie die grootste subplanete nie, en baie planetere sterrekundiges gebruik dit nog so.
Alan Stern het die term "dwergplaneet" geskep na analogie van die term "
dwergster
", as 'n soort planeet in 'n drieledige klassifikasie. Die IAU het besluit dwergplanete moet nie as planete beskou word nie, maar het Stern se term vir hulle behou. Ander terme vir die IAU-definisie van die grootste subplanetere liggame wat nie sulke teenstrydige verbindings of gebruike het nie, sluit in "kwasiplaneet"
[29]
en die ouer term "planetoied" ("met die vorm van 'n planeet").
[30]
Michael E. Brown het gese "planetoied" is 'n "perfekte woord" wat al jare lank vir sulke liggame gebruik word; die gebruik van die woord "dwergplaneet" vir 'n nieplaneet is "dom", maar dit is gemotiveer deur 'n poging van die IAU se volle sitting om Pluto weer as 'n planeet in te stel in 'n tweede resolusie.
[31]
Die eerste resolusie, 5A, het inderdaad die term "planetoied" gebruik, maar die volle sitting het eenparig besluit om die naam na "dwergplaneet" te verander.
[32]
[33]
In die tweede resolusie, 5B, word "dwergplaneet" gedefinieer as 'n subtipe planeet, nes Stern dit oorspronklik beplan het, om dit te onderskei van die agt ander planete wat "klassieke planete" genoem is. Hiervolgens kon die 12 planete van die afgekeurde voorstel opgedeel word in agt "klassieke planete" en vier "dwergplanete". Resolusie 5B is egter afgekeur in dieselfde sessie as waarin 5A goedgekeur is.
[31]
Die kategorie "dwergplaneet" het ontstaan uit 'n konflik tussen dinamiese en geofisiese idees van wat 'n planeet behoort te wees. In terme van die dinamika van die Sonnestelsel, is die grootste verskil tussen liggame wat met hulle swaartekrag hulle omgewing oorheers (
Mercurius
tot
Neptunus
) en die wat dit nie doen nie (soos die
asteroides
en
Kuipergordelvoorwerpe
). 'n Hemelliggaam kan egter 'n dinamiese (
planetere
) geologie he omdat hy die nodige
massa
het dat sy
mantel
plasties word onder sy eie gewig, wat tot gevolg het dat die liggaam 'n
ronde vorm
verkry. Omdat dit 'n veel laer massa vereis as om sy omgewing naby sy wentelbaan met sy
swaartekrag
te oorheers, is daar voorwerpe wat swaar genoeg is om 'n wereldlike voorkoms en planetere geologie te he, maar nie swaar genoeg om sy wentelbaan skoon te vee nie. Voorbeelde is
Ceres
in die asteroidegordel en
Pluto
in die Kuipergordel.
[34]
Voorstanders van dinamika verkies gewoonlik swaartekragoorheersing as die drempel vir planete, omdat kleiner liggame uit hulle perspektief beter met hulle bure gegroepeer word, byvoorbeeld Ceres as 'n groot asteroide en Pluto as 'n groot Kuipergordelvoorwerp.
[35]
[36]
Geowetenskaplikes verkies rondheid as die drempel, want uit hulle perspektief maak die interne geologie van 'n liggaam soos Ceres dit soortgelyk aan 'n klassieke planeet soos
Mars
, eerder as aan 'n klein asteroide wat geen interne geologie het nie. Dit het die skepping van 'n kategorie van "dwergplanete" genoodsaak om hierdie tussenin-klas te beskryf.
[34]
Dwergplanete en moontlike dwergplanete
[
wysig
|
wysig bron
]
Daar is geen duidelike definisie van wat 'n dwergplaneet is nie. Individuele sterrekundiges vertolk dit op verskillende maniere. Dit is dus onbekend hoeveel dwergplanete daar in die Sonnestelsel is.
Die drie voorwerpe wat as dwergplanete oorweeg is tydens die debatte wat gelei het tot die IAU se besluit in 2006 om die kategorie dwergplanete te aanvaar ? Ceres, Pluto en Eris ? word algemeen as dwergplanete aanvaar, ook deur die sterrekundiges wat dwergplanete steeds as planete klassifiseer. Net een van hulle ? Pluto ? is in genoeg besonderhede waargeneem om te bevestig dat dit in hidrostatiese ewewig is.
[37]
Ceres is naby ewewig, maar 'n paar swaartekragafwykings kan steeds nie verduidelik word nie.
[38]
Eris word algemeen as 'n dwergplaneet aanvaar omdat dit 'n groter massa as Pluto het.
In die volgorde waarin hulle ontdek is, is hulle:
- Ceres
? ontdek op 1 Januarie 1801, 45 jaar voor Neptunus. Is ’n halfeeu lank as ’n planeet beskou voordat dit as ’n asteroide geklassifiseer is. Is op 13 September 2006 deur die IAU as ’n dwergplaneet erken.
- Pluto
? ontdek op 18 Februarie 1930. Vir 76 jaar as ’n planeet geklassifiseer. Is op 24 Agustus 2006 as ’n dwergplaneet herklassifiseer.
- Eris
? ontdek op 5 Januarie 2005. Is die "tiende planeet" genoem in mediaberigte. Is op 13 September 2006 deur die IAU as ’n dwergplaneet erken.
Die IAU het net riglyne vasgestel waarvolgens die name van waarskynlike dwergplanete bepaal sou word: Enige
trans-Neptunus-voorwerp
sonder 'n naam en met 'n
absolute magnitude
van helderder as +1 (en dus 'n minimum deursnee van 838 km by die maksimum geometriese albedo van 1)
[39]
sou name gegee word deur 'n gesamentlike komitee bestaande uit die
Kleinplaneetsentrum
en die planetere werkkomitee van die IAU.
[40]
Destyds, en nog steeds in 2021, was die enigste liggame wat die drempel bereik het
Haumea
en
Makemake
. Hulle word algemeen as dwergplanete aanvaar, hoewel daar nog geen bewyse is dat hulle in hidrostatiese ewewig is nie (veral oor Haumea is daar 'n meningsverskil):
[41]
[42]
- Haumea
? ontdek op 28 Desember 2004. Is op 17 September 2008 deur die IAU as ’n dwergplaneet erken.
- Makemake
? ontdek op 31 Maart 2005. Is op 11 Julie 2008 deur die IAU as ’n dwergplaneet erken.
Die vyf liggame word algemeen genoem as die vyf dwergplanete in die Sonnestelsel, hoewel die beperkende faktor (albedo) nie deel van die definisie van 'n dwergplaneet is nie.
[43]
Die sterrekundige gemeenskap verwys algemeen na ander groter TNV's ook as dwergplanete.
[44]
Minstens vier liggame voldoen aan die voorlopige kriteria van Brown, Tancredi et al. en Grundy et al. vir die identifikasie van dwergplanete en word algemeen dwergplanete genoem deur sterrekundiges:
- Quaoar
? ontdek op 5 Junie 2002.
- Sedna
? ontdek op 14 November 2003.
- Orcus
? ontdek op 17 Februarie 2004.
- Gonggong
? ontdek op 17 Julie 2007.
JPL/Nasa het Gonggong byvoorbeeld 'n dwergplaneet genoem na waarnemings in 2016,
[45]
en Simon Porter van die Suidwestelike Navorsingsinstituut het in 2018 gepraat van "die groot agt [TNV]-dwergplanete", met verwysing na Pluto, Eris, Haumea, Makemake, Gonggong, Quaoar, Sedna en Orcus.
Nog liggame is voorgestel, soos Salacia en
2002 MS
4
deur Brown,
Varuna
en Ixion deur Tancredi et al., en
2013 FY
27
deur Sheppard et al.
[47]
Die meeste groter liggame het mane, wat beteken hulle massa en digtheid kan vasgestel word, wat bepaal of hulle dwergplanete kan wees of nie. Veral Salacia het 'n bekende massa en deursnee wat hom volgens die IAU 'n grensgeval maak.
- Salacia
(
2004 SB
60
) – ontdek op 22 September 2004. Een bekende maan.
Teen die tyd dat Makemake en Haumea name gekry het, is geglo TNV's met yskerns sal net 'n deursnee van sowat 400 km nodig he om hidrostatiese ewewig te bereik.
[48]
Dit is 3% van die grootte van die Aarde of die grootte van die mane
Mimas
, die kleinste maan wat rond is, en
Proteus
, die grootste een wat nie rond is nie. Navorsers het gedink daar is sowat 200 sulke liggame in die Kuipergordel en duisende verder weg van die Son af.
[48]
[49]
[50]
Dit was een van die redes dat besluit is om die lys planete so kort as moontlik te hou en hoekom Pluto herklassifiseer is. Navorsing het egter sedertdien twyfel gewerp op die idee dat sulke klein liggame hidrostatiese ewewig sal kan bereik of behou onder die tipiese omstandighede in die Kuipergordel en verder weg.
Individuele sterrekundiges het 'n paar ander voorwerpe erken as dwergplanete of met die moontlikheid om hulleself as dwergplate te bewys. In 2008 het Tancredi et al. die IAU aangeraai om Orcus, Sedna en Quaoar as dwergplanete te erken (Gonggong was toe nog nie bekend nie), maar die IAU het nie toe die kwessie aangeroer nie en het nog steeds nie. Tancredi het ook die vyf TNV's Varuna, Ixion,
2003 AZ
84
,
2004 GV
9
en
2002 AW
197
beskou as waarskynlike dwergplanete.
[51]
Sedert 2011 beweer Brown daar is honderde kandidaatvoorwerpe, wat wissel van "byna vir seker" tot "moontlike" dwergplanete. Hy baseer dit bloot op geraamde groottes.
[52]
In 2019 het Grundy et al. egter op grond van hulle bestudering van
G?kun??homdima
voorgestel dat donker liggame met 'n lae digtheid en 'n kleiner deursnee as sowat 900-1 000 km, soos Salacia en Varda, nooit heeltemal in ewewig was nie en hulle interne poreusheid sedert hulle vorming behou het (in welke geval hulle nie dwergplanete kan wees nie). Hulle aanvaar dat die helderder (albedo > ?0.2) of digter (> ?1.4 g/cc) Orcus en Quaoar moontlik heeltemal solied is.
[53]
Later is bevind Salacia het 'n effens hoer digtheid, wat met sekere onsekerhede met die van Orcus vergelyk, hoewel dit steeds 'n baie donker oppervlak het. Desondanks noem Grundy et al. dit "van dwergplaneetgrootte", terwyl hulle Orcus 'n dwergplaneet noem.
[54]
Latere studies oor Varda het daarop gedui dat dit ook 'n hoe digtheid kan he, hoewel 'n lae digtheid nie uitgesluit kan word nie.
[55]
Waarskynlikste dwergplanete
[
wysig
|
wysig bron
]
Daar word oor die volgende trans-Neptunus-voorwerpe in die tabelle hier onder, buiten Salacia, deur Brown, Tancredi et al. en Grundy et al. saamgestem dat hulle moontlike dwergplanete is, of naby daaraan. Salacia is ingesluit as die grootste TNV wat nie algemeen as 'n dwergplaneet erken word nie en volgens baie kriteria 'n grensgeval is. Charon, 'n maan van Pluto wat die IAU in 2006 as 'n dwergplaneet voorgestel is, word ingesluit vir vergelyking. Die voorwerpe met 'n absolute magnitude van groter as +1, wat dus aan die drempel voldoen van die gesamentlike planeet-kleinplaneet-benamingskomitee van die IAU, is uitgelig. Net so is Ceres, wat die IAU aanneem 'n dwergplaneet is sedert hulle die eerste keer oor die begrip gedebatteer het.
Wenteleienskappe
Naam
|
Streek van die
Sonnestelsel
|
Wentel-
radius (
AE
)
|
Wentelperiode
(jaar)
|
Gem. wentel-
spoed (km/s)
|
Baanhelling
tot die
sonnebaan
|
Wentel-
eksentrisiteit
|
Planetere
diskriminant
|
Ceres
|
Asteroidegordel
|
2,768
|
4,604
|
17,90
|
10,59°
|
0,079
|
0,3
|
Orcus
|
Kuipergordel
(
2:3
)
|
39,40
|
247,3
|
4,75
|
20,58°
|
0,220
|
0,003
|
Pluto
|
Kuipergordel (
2:3
)
|
39,48
|
247,9
|
4,74
|
17,16°
|
0,,249
|
0,08
|
Salacia
|
Kuipergordel (
cubewano
)
|
42,18
|
274,0
|
4,57
|
23,92°
|
0,106
|
0,003
|
Haumea
|
Kuipergordel (12:7)
|
43,22
|
284,1
|
4,53
|
28,19°
|
0,191
|
0,02
|
Quaoar
|
Kuipergordel (cubewano)
|
43,69
|
288,8
|
4,51
|
7,99°
|
0,040
|
0,007
|
Makemake
|
Kuipergordel (cubewano)
|
45,56
|
307,5
|
4,41
|
28,98°
|
0,158
|
0,02
|
Gonggong
|
Verstrooide skyf
(3:10)
|
67,38
|
553,1
|
3,63
|
30,74°
|
0,503
|
0,01
|
Eris
|
Verstrooide skyf
|
67,78
|
558,0
|
3,62
|
44,04°
|
0,441
|
0,1
|
Sedna
|
Afsonderlik
|
506,8
|
? 11 400
|
? 1,3
|
11,93°
|
0,855
|
< 0,07
|
Ander eienskappe
Naam
|
Deursnee
relatief tot
die
Maan
|
Deursnee
(km)
|
Massa
relatief tot
die
Maan
|
Massa
(×10
21
kg)
|
Digtheid
(g/cm
3
)
|
Rotasie-
periode
(uur)
|
Mane
|
Albedo
|
H
|
Ceres
|
27%
|
939,4
±
0,2
|
1,3%
|
0,94
|
2,16
|
9,1
|
0
|
0,09
|
3,3
|
Orcus
|
26%
|
910
+50
−40
|
0,9%
|
0,64
±
0,02
|
1,57
±
0,15
|
13
±
4
|
1
|
0,23
+0,02
−0,01
|
2,2
|
Pluto
|
68%
|
2 377
±
3
|
17,7%
|
13,03
±
0,03
|
1,85
|
6d 9,3h
|
5
|
0,49
tot
0,66
|
-0,76
|
(
Charon
)
|
35%
|
1 212
±
1
|
2,2%
|
1,59
±
0,02
|
1,70
±
0,02
|
6d 9,3h
|
?
|
0,2
tot
0,5
|
1
|
Salacia
|
24%
|
846
±
21
|
0,7%
|
0,49
±
0,01
|
1,50
±
0,12
|
6,1
|
1
|
0,04
|
4,5
|
Haumea
|
? 45%
|
? 1560</ref>
[42]
|
5,5%
|
4,01
±
0,04
|
? 2,02
[42]
|
3,9
|
2
|
? 0,66
|
0,2
|
Quaoar
|
32%
|
1 110
±
5
|
1,9%
|
1,4
±
0,2
|
2,0
±
0,5
|
8,8
|
1
|
0,11
±
0,01
|
2,4
|
Makemake
|
41%
|
1 430
+38
−22
|
? 4,2%
|
? 3,1
|
? 1,7
|
22,8
|
1
|
0,81
+0,03
−0,05
|
-0,3
|
Gonggong
|
35%
|
1 230
±
50
|
2,4%
|
1,75
±
0,07
|
1,74
±
0,16
|
22,4
±
0,2
?
|
1
|
0,14
±
0,01
|
1,8
|
Eris
|
67%
|
2 326
±
12
|
22,4%
|
16,47
±
0,09
|
2,43
±
0,05
|
15d 18,9h
|
1
|
0,96
±
0,04
|
-1,1
|
Sedna
|
29%
|
995
±
80
|
? 1%?
|
? 1?
|
?
|
10
±
3
|
0?
|
0,32
±
0,06
|
1,5
|
Ceres
[56]
en Pluto
[57]
het simbole soos die klassieke planete gekry, omdat geglo is hulle is planete toe hulle ontdek is. Teen die tyd dat die ander dwergplanete ontdek is, is simbole nie eintlik meer gebruik nie.
Unicode
sluit simbole in vir die dwergplanete Quaoar
, Sedna
, Orcus
, Haumea
, Eris
, Makemake
en Gonggong
wat meestal deur
astroloe
gebruik word: Hulle is ontwerp deur Denis Moskowitz, 'n
sagteware
-ontwerper van
Massachusetts
.
[58]
[59]
[60]
Nasa het al sy simbole vir Haumea, Eris en Makemake gebruik, sowel as die tradisionele astrologiese simbool vir Pluto
[61]
om daarna as 'n dwergplaneet te verwys.
[59]
'n Unicode-voorstel vir die meeste van Moskowitz se simbole noem simbole wat vir 'n paar kleiner kandidate voorgestel is ? Salacia
, Varda
, Ixion
of
, G?kun??homdima
, Varuna
en
Chaos
? maar astroloe gebruik dit nie konsekwent nie.
[59]
Op 6 Maart 2015 het die
Dawn-ruimtetuig
in 'n wentelbaan om Ceres gegaan. Dit was die eerste
ruimtetuig
wat 'n dwergplaneet besoek.
[62]
Op 14 Julie 2015 het
New Horizons
verby Pluto en sy vyf mane gevlieg.
Ceres toon
soutneerslae
en
kriovulkane
as bewys van 'n aktiewe geologie, terwyl Pluto
waterysberge
het wat in
stikstofysgletsers
dryf, sowel as 'n aansienlike
atmosfeer
. Ceres het blykbaar
pekel
wat deur sy suboppervlak syfer, terwyl daar bewyse is dat Pluto 'n
oseaan
onder sy oppervlak het.
Dawn het voorheen om die asteroide
Vesta
gewentel. Saturnus se maan
Foibe
is deur
Cassini
afgeneem en voorheen deur
Voyager 2
, wat ook by
Neptunus
se maan
Triton
was. Al drie liggame toon bewyse dat hulle eens dwergplanete was, en hulle verkenning help om die evolusie van dwergplanete te verduidelik.
New Horizons het verafbeelde van Triton, Quaoar, Haumea, Eris en Makemake geneem, sowel as van die kleiner kandidate Ixion,
2002 MS
4
en
2014 OE
394
.
[63]
'n Paar liggame lyk fisies soos dwergplanete. Dit sluit in voormalige dwergplanete, wat steeds in ewewig is of bewyse van 'n aktiewe geologie toon; mane met 'n planetere massa wat voldoen aan die fisiese definisie van 'n dwergplaneet, maar nie aan die wentelbaanvereistes nie; en Charon in die Pluto-Charon-stelsel, wat moontlik 'n dubbeldwergplaneet is. Die kategoriee kan oorvleuel: Triton is byvoorbeeld beide 'n voormalige dwergplaneet en 'n maan met 'n planetere massa.
Voormalige dwergplanete
[
wysig
|
wysig bron
]
Vesta, die voorwerp in die asteroidegordel met die grootste massa naas Ceres, was eens in hidrostatiese ewewig en is rofweg rond. Dit wyk net af van 'n ronde vorm weens enorme impakte wat twee groot kraters gevorm het nadat die oppervlak weer hard geword het.
[64]
Sy afmetings stem nie tans ooreen met 'n liggaam wat in hidrostastiese ewewig is nie.
[65]
[66]
Neptunus
se maan
Triton
het 'n groter massa as Eris en Pluto, is in hidrostatiese ewewig en is vermoedelik 'n aangekeerde dwergplaneet (waarskynlik lid van 'n dubbelstelsel), maar wentel nie meer regstreeks om die Son nie.
[67]
Foibe is 'n
sentour
wat deur
Saturnus
aangekeer is en wat, nes Vesta, nie meer in hidrostatiese ewewig is nie, maar vermoedelik voorheen was.
[68]
Bewyse uit 2019 dui daarop dat
Theia
, die voormalige planeet wat met die Aarde gebots het in die
reuse-impakhipotese
, dalk uit die buitenste Sonnestelsel gekom het en nie in die binneste Sonnestelsel ontstaan het nie, en dat die Aarde se water op Theia ontstaan het. Dit impliseer Theia was dalk 'n voormalige dwergplaneet uit die Kuipergordel.
[69]
Mane met ’n planetere massa
[
wysig
|
wysig bron
]
Altesaam 19
mane
in die Sonnestelsel het ’n groot genoeg massa om deur hul swaartekrag in ’n ronde vorm gedruk te word, en sewe van hulle het ’n groter massa as Eris en Pluto. Hulle is nie fisiek te onderskei van die dwergplanete nie, maar voldoen nie aan die kriteria nie omdat hulle nie direk om die Son wentel nie. Die sewe grotes is die Aarde se
maan
, Jupiter se vier Mane van Galilei (
Io
,
Europa
,
Ganumedes
en
Callisto
), een maan van
Saturnus
(
Titaan
) en een van Neptunus (
Triton
). Die ander mane is ses van Saturnus (
Mimas
,
Enkelados
,
Tethis
,
Dione
,
Rhea
en
Iapetus
), vyf van
Uranus
(
Miranda
,
Ariel
,
Umbriel
,
Titania
en
Oberon
), en een van Pluto (
Charon
). Die term "
planemo
" word gebruik vir voorwerpe met ’n planetere massa en dit sluit die mane, die dwergplanete en die planete in.
[70]
Eintlik sal Pluto en Charon albei oorweeg kan word as dwergplanete in ’n dubbelplaneetstelsel omdat albei aan die vorm-kriterium van dwergplanete voldoen en om ’n sentrale punt wentel wat tussen die twee liggame le (eerder as dat een om die ander wentel).
[20]
Volgens die IAU word Charon nie tans as ’n dwergplaneet beskou nie, maar as ’n satelliet van Pluto. In ’n latere stadium kan die idee dat Charon self ’n dwergplaneet is, egter oorweeg word.
[71]
- ↑
Die
hidrostatiese ewewig
van 'n dwergplaneet kan nie bevestig word voordat 'n ruimtetuig die liggaam besoek het nie.
- ↑
"Dwarf planets are planets, too: Planetary pedagogy after
New Horizons
.
- ↑
IAU (24 Augustus 2006).
"Definition of a Planet in the Solar System: Resolutions 5 and 6"
(PDF)
.
IAU 2006 General Assembly
. International Astronomical Union
. Besoek op
26 Januarie
2008
.
- ↑
Philip T. Metzger; W. M. Grundy; Mark V. Sykes; Alan Stern; James F. Bell III; Charlene E. Detelich; Kirby Runyon; Michael Summers (1 Maart 2022).
"Moons Are Planets: Scientific Usefulness Versus Cultural Teleology in the Taxonomy of Planetary Science"
.
Icarus
.
374
: 114768.
arXiv
:
2110.15285
.
Bibcode
:
2022Icar..37414768M
.
doi
:
10.1016/j.icarus.2021.114768
. Besoek op
30 Mei
2022
.
- ↑
"In Depth | 4 Vesta"
.
NASA Solar System Exploration
.
- ↑
Mauro Murzi (2007).
"Changes in a scientific concept: what is a planet?"
.
Preprints in Philosophy of Science
(Preprint). University of Pittsburgh
. Besoek op
6 April
2013
.
- ↑
Mager, Brad.
"Pluto Revealed"
. discoveryofpluto.com. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 22 Julie 2011
. Besoek op
26 Januarie
2008
.
- ↑
Cuk, Matija; Masters, Karen (14 September 2007).
"Is Pluto a planet?"
. Cornell University, Astronomy Department. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 12 Oktober 2007
. Besoek op
26 Januarie
2008
.
- ↑
Buie, Marc W.; Grundy, William M.; Young, Eliot F.; Young, Leslie A.; Stern, S. Alan (2006). "Orbits and Photometry of Pluto's Satellites: Charon, S/2005 P1, and S/2005 P2".
The Astronomical Journal
.
132
(1): 290?298.
arXiv
:
astro-ph/0512491
.
Bibcode
:
2006AJ....132..290B
.
doi
:
10.1086/504422
.
S2CID
119386667
.
- ↑
Jewitt, David; Delsanti, Audrey (2006).
The Solar System Beyond The Planets in Solar System Update : Topical and Timely Reviews in Solar System Sciences
(PDF)
. Springer.
doi
:
10.1007/3-540-37683-6
.
ISBN
978-3-540-37683-5
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op 25 Mei 2006
. Besoek op
10 Februarie
2008
.
- ↑
Weintraub, David A. (2006).
Is Pluto a Planet? A Historical Journey through the Solar System
. Princeton, N.J.: Princeton Univ. Press. pp.
1?272
.
ISBN
978-0-691-12348-6
.
- ↑
Phillips, Tony; Phillips, Amelia (4 September 2006).
"Much Ado about Pluto"
. PlutoPetition.com. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 25 Januarie 2008
. Besoek op
26 Januarie
2008
.
- ↑
Brown, Michael E. (2004).
"What is the definition of a planet?"
. California Institute of Technology, Department of Geological Sciences. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 19 Julie 2011
. Besoek op
26 Januarie
2008
.
- ↑
Eicher, David J. (21 Julie 2007).
"Should Pluto Be Considered a Planet?"
.
Astronomy
(in Engels)
. Besoek op
28 November
2022
.
- ↑
"Hubble Observes Planetoid Sedna, Mystery Deepens"
. NASA's Hubble Space Telescope home site. 14 April 2004.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 13 Januarie 2021
. Besoek op
26 Januarie
2008
.
- ↑
Brown, Mike (16 Augustus 2006).
"War of the Worlds"
.
The New York Times
. Besoek op
20 Februarie
2008
.
- ↑
California Institute of Technology, Besoek op 4-12-2015
- ↑
"Astronomers Measure Mass of Largest Dwarf Planet"
. NASA's Hubble Space Telescope home site. 14 Junie 2007
. Besoek op
26 Januarie
2008
.
- ↑
Brown, Michael E.
"What makes a planet?"
. California Institute of Technology, Department of Geological Sciences
. Besoek op
26 Januarie
2008
.
- ↑
19,0
19,1
Britt, Robert Roy (19 Augustus 2006).
"Details Emerge on Plan to Demote Pluto"
. Space.com
. Besoek op
18 Augustus
2006
.
- ↑
20,0
20,1
Draft Resolution 5 for GA-XXVI: Definition of a Planet
Geargiveer
22 Augustus 2006 op
Wayback Machine
op die IAU se webtuiste.
- ↑
Rincon, Paul (25 Augustus 2006).
"Pluto vote 'hijacked' in revolt"
.
BBC News
. Besoek op
26 Januarie
2008
.
- ↑
Chang, Alicia (25 Augustus 2006).
"Online merchants see green in Pluto news"
. USA Today. Associated Press
. Besoek op
25 Januarie
2008
.
- ↑
Brown, Michael E.
"The Eight Planets"
. California Institute of Technology, Department of Geological Sciences. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 19 Julie 2011
. Besoek op
26 Januarie
2008
.
- ↑
"Debated Solar System Object Gets a Name"
. NASA press release. 14 September 2006. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 29 Junie 2011
. Besoek op
26 Januarie
2008
.
- ↑
Stern, Alan (6 September 2006).
"Unabashedly Onward to the Ninth Planet"
. New Horizons Web Site. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 7 Desember 2013
. Besoek op
26 Januarie
2008
.
- ↑
Wall, Mike (24 Augustus 2011).
"Pluto's Planet Title Defender: Q & A With Planetary Scientist Alan Stern"
. Space.com
. Besoek op
3 Desember
2012
.
- ↑
"Should Large Moons Be Called 'Satellite Planets'?"
. News.discovery.com. 14 Mei 2010. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 5 Mei 2012
. Besoek op
4 November
2011
.
- ↑
Stern, S. Alan; Levison, Harold F. (2002).
"Regarding the criteria for planethood and proposed planetary classification schemes"
(PDF)
.
Highlights of Astronomy
.
12
: 205?213, as presented at the XXIVth General Assembly of the IAU?2000 [Manchester, VK, 7?18 Augustus, 2000].
Bibcode
:
2002HiA....12..205S
.
doi
:
10.1017/S1539299600013289
.
- ↑
Tom Service (15 Julie 2015).
"Sounds of the solar system: probing Pluto's predicted score"
.
The Guardian
.
- ↑
Karttunen; et al., reds. (2007).
Fundamental Astronomy
(5 uitg.). Springer.
- ↑
31,0
31,1
Brown, Mike (2010).
How I Killed Pluto and Why It Had It Coming
. Spiegel & Grau. p.
223
.
- ↑
Bailey, Mark E.
"Comments & discussions on Resolution 5: The definition of a planet ? Planets Galore"
.
Dissertatio cum Nuncio Sidereo, Series Tertia ? official newspaper of the IAU General Assembly 2006
. Astronomical Institute Prague
. Besoek op
9 Februarie
2008
.
- ↑
"Dos uruguayos, Julio Fernandez y Gonzalo Tancredi en la historia de la astronomia:reducen la cantidad de planetas de 9 a 8 ...&Anotaciones de Tancredi"
(in Spaans). Science and Research Institute, Mercedes, Uruguay. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 20 Desember 2007
. Besoek op
11 Februarie
2008
.
- ↑
34,0
34,1
Emily Lakdawalla et al.,
What Is A Planet?
The Planetary Society, 21 April 2020
- ↑
Mike Brown,
The Eight Planets
- ↑
David Jewitt,
Classification of Pluto
- ↑
Nimmo, Francis; et al. (2017). "Mean radius and shape of Pluto and Charon from New Horizons images".
Icarus
.
287
: 12?29.
arXiv
:
1603.00821
.
Bibcode
:
2017Icar..287...12N
.
doi
:
10.1016/j.icarus.2016.06.027
.
S2CID
44935431
.
- ↑
Raymond, C.; Castillo-Rogez, J.C.; Park, R.S.; Ermakov, A.; et al. (September 2018).
"Dawn Data Reveal Ceres' Complex Crustal Evolution"
(PDF)
.
European Planetary Science Congress
. Vol. 12.
- ↑
Dan Bruton.
"Conversion of Absolute Magnitude to Diameter for Minor Planets"
. Department of Physics & Astronomy (Stephen F. Austin State University). Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 23 Maart 2010
. Besoek op
13 Junie
2008
.
- ↑
"International Astronomical Union | IAU"
.
www.iau.org
.
- ↑
Ortiz, J. L.; Santos-Sanz, P.; Sicardy, B.; Benedetti-Rossi, G.; Berard, D.; Morales, N.; et al. (2017).
"The size, shape, density and ring of the dwarf planet Haumea from a stellar occultation"
(PDF)
.
Nature
.
550
(7675): 219?223.
arXiv
:
2006.03113
.
Bibcode
:
2017Natur.550..219O
.
doi
:
10.1038/nature24051
.
hdl
:
10045/70230
.
PMID
29022593
.
S2CID
205260767
.
- ↑
42,0
42,1
42,2
Dunham, E. T.; Desch, S. J.; Probst, L. (April 2019). "Haumea's Shape, Composition, and Internal Structure".
The Astrophysical Journal
.
877
(1): 11.
arXiv
:
1904.00522
.
Bibcode
:
2019ApJ...877...41D
.
doi
:
10.3847/1538-4357/ab13b3
.
S2CID
90262114
.
- ↑
"Dwarf Planets and their Systems"
. Working Group for Planetary System Nomenclature (WGPSN). 11 Julie 2008
. Besoek op
12 September
2019
.
- ↑
Pinilla-Alonso, Noemi; Stansberry, John A.; Holler, Bryan J. (22 November 2019). "Surface properties of large TNOs: Expanding the study to longer wavelengths with the James Webb Space Telescope". In Dina Prialnik; Maria Antonietta Barucci; Leslie Young (reds.).
The Transneptunian Solar System
. Elsevier.
arXiv
:
1905.12320
.
- ↑
Dyches, Preston (11 Mei 2016).
"2007 OR10: Largest Unnamed World in the Solar System"
.
Jet Propulsion Laboratory
.
- ↑
Sheppard, Scott S.; Fernandez, Yanga R.; Moullet, Arielle (16 November 2018).
"The Albedos, Sizes, Colors, and Satellites of Dwarf Planets Compared with Newly Measured Dwarf Planet 2013 FY27"
.
The Astronomical Journal
.
156
(6): 270.
arXiv
:
1809.02184
.
Bibcode
:
2018AJ....156..270S
.
doi
:
10.3847/1538-3881/aae92a
.
S2CID
119522310
. Besoek op
30 Oktober
2021
.
- ↑
48,0
48,1
Brown, Michael E.
"The Dwarf Planets"
. California Institute of Technology, Department of Geological Sciences
. Besoek op
26 Januarie
2008
.
- ↑
Mike Brown,
'How many dwarf planets are there in the outer solar system?'
Geargiveer
Oktober 18, 2011 op
Wayback Machine
Besoek op 15 November 2013
- ↑
Stern, Alan (24 Augustus 2012). The PI's Perspective.
Geargiveer
13 November 2014 op
Wayback Machine
, 24 Augustus 2012. Besoek by
http://pluto.jhuapl.edu/overview/piPerspective.php?page=piPerspective_08_24_2012
.
- ↑
Tancredi, G.; Favre, S. A. (2008). "Which are the dwarfs in the Solar System?".
Icarus
.
195
(2): 851?862.
Bibcode
:
2008Icar..195..851T
.
doi
:
10.1016/j.icarus.2007.12.020
.
- ↑
"Free the Dwarf Planets!"
. Michael Brown. 24 Augustus 2011
. Besoek op
24 Augustus
2011
.
- ↑
Grundy, W.M.; Noll, K.S.; Buie, M.W.; Benecchi, S.D.; Ragozzine, D.; Roe, H.G. (2019).
"The Mutual Orbit, Mass, and Density of Transneptunian Binary G?kun??homdima (
(229762) 2007 UK
126
)"
.
Icarus
.
334
: 30?38.
doi
:
10.1016/j.icarus.2018.12.037
.
S2CID
126574999
.
Geargiveer
(PDF)
vanaf die oorspronklike op 7 April 2019.
- ↑
Grundy, W. M.; Noll, K. S.; Roe, H. G.; Buie, M. W.; Porter, S. B.; Parker, A. H.; Nesvorny, D.; Benecchi, S. D.; Stephens, D. C.; Trujillo, C. A. (2019).
"Mutual Orbit Orientations of Transneptunian Binaries"
(PDF)
.
Icarus
.
334
: 62?78.
Bibcode
:
2019Icar..334...62G
.
doi
:
10.1016/j.icarus.2019.03.035
.
ISSN
0019-1035
.
S2CID
133585837
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op 15 Januarie 2020
. Besoek op
26 Oktober
2019
.
- ↑
Souami, D.; Braga-Ribas, F.; Sicardy, B.; Morgado, B.; Ortiz, J. L.; Desmars, J.; et al. (Augustus 2020). "A multi-chord stellar occultation by the large trans-Neptunian object (174567) Varda".
Astronomy & Astrophysics
.
643
: A125.
arXiv
:
2008.04818
.
Bibcode
:
2020A&A...643A.125S
.
doi
:
10.1051/0004-6361/202038526
.
S2CID
221095753
.
- ↑
Bode, J.E., red. (1801).
Berliner astronomisches Jahrbuch fuhr das Jahr 1804
[
Die Berlynse Astronomiese Jaarboek vir 1804
]. pp. 97?98.
- ↑
Slipher, V.M. (1930).
"The trans-Neptunian planet"
.
Popular Astronomy
. Vol. 38. p. 415.
- ↑
Anderson, Deborah (4 Mei 2022).
"Out of this World: New Astronomy Symbols Approved for the Unicode Standard"
.
unicode.org
. The Unicode Consortium
. Besoek op
6 Augustus
2022
.
- ↑
59,0
59,1
59,2
Miller, Kirk (26 Oktober 2021).
"Unicode request for dwarf-planet symbols"
(PDF)
.
unicode.org
.
- ↑
"Alchemical Symbols"
(PDF)
.
unicode.org
. The Unicode Consortium. 2022.
- ↑
JPL/NASA (22 April 2015).
"What is a Dwarf Planet?"
.
Jet Propulsion Laboratory
. Besoek op
24 September
2021
.
- ↑
Landau, Elizabeth; Brown, Dwayne (6 Maart 2015).
"NASA Spacecraft Becomes First to Orbit a Dwarf Planet"
.
Nasa
. Besoek op
6 Maart
2015
.
- ↑
Verbiscer, Anne J.; Helfenstein, Paul; Porter, Simon B.; Benecchi, Susan D.; Kavelaars, J. J.; Lauer, Tod R.; et al. (April 2022).
"The Diverse Shapes of Dwarf Planet and Large KBO Phase Curves Observed from New Horizons"
.
The Planetary Science Journal
.
3
(4): 31.
Bibcode
:
2022PSJ.....3...95V
.
doi
:
10.3847/PSJ/ac63a6
. 95.
- ↑
Thomas, Peter C.; Binzelb, Richard P.; Gaffeyc, Michael J.; Zellnerd, Benjamin H.; Storrse, Alex D.; Wells, Eddie (1997). "Vesta: Spin Pole, Size, and Shape from HST Images".
Icarus
.
128
(1): 88?94.
Bibcode
:
1997Icar..128...88T
.
doi
:
10.1006/icar.1997.5736
.
- ↑
Asmar, S. W.; Konopliv, A. S.; Park, R. S.; Bills, B. G.; Gaskell, R.; Raymond, C. A.; Russell, C. T.; Smith, D. E.; Toplis, M. J.; Zuber, M. T. (2012).
"The Gravity Field of Vesta and Implications for Interior Structure"
(PDF)
.
43rd Lunar and Planetary Science Conference
(1659): 2600.
Bibcode
:
2012LPI....43.2600A
.
- ↑
Russel, C. T.; et al. (2012).
"Dawn at Vesta: Testing the Protoplanetary Paradigm"
(PDF)
.
Science
.
336
(6082): 684?686.
Bibcode
:
2012Sci...336..684R
.
doi
:
10.1126/science.1219381
.
PMID
22582253
.
S2CID
206540168
.
- ↑
Agnor, C. B.; Hamilton, D. P. (2006).
"Neptune's capture of its moon Triton in a binary?planet gravitational encounter"
(PDF)
.
Nature
.
441
(7090): 192?194.
Bibcode
:
2006Natur.441..192A
.
doi
:
10.1038/nature04792
.
PMID
16688170
.
S2CID
4420518
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op 14 Oktober 2016
. Besoek op
17 Januarie
2023
.
- ↑
JPL/Nasa, 26 April 2012.
Cassini Finds Saturn Moon Has Planet-Like Qualities
Geargiveer
13 Julie 2015 op
Wayback Machine
- ↑
Budde, Gerrit; Burkhardt, Christoph; Kleine, Thorsten (20 Mei 2019). "Molybdenum isotopic evidence for the late accretion of outer Solar System material to Earth".
Nature Astronomy
(in Engels).
3
(8): 736?741.
Bibcode
:
2019NatAs...3..736B
.
doi
:
10.1038/s41550-019-0779-y
.
ISSN
2397-3366
.
S2CID
181460133
.
- ↑
Basri, G.; Brown, M.E. (2006).
"Planetesimals to Brown Dwarfs: What is a Planet?"
(PDF)
.
Annual Review of Earth and Planetary Sciences
.
34
: 193?216.
arXiv
:
astro-ph/0608417
.
Bibcode
:
2006AREPS..34..193B
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op 31 Julie 2013
. Besoek op
25 Augustus
2013
.
- ↑
"Pluto and the Solar System"
(in Engels). IAU.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 17 April 2020
. Besoek op
10 Julie
2013
.
|
---|
|
Son
| |
---|
Planete
| |
---|
Dwergplanete
| |
---|
Mane en ringe
| |
---|
Klein liggame
| |
---|
Gordels en wolke
| |
---|