Die
Drakensberge
, wat oor 'n afstand van byna 1 000 kilometer van die Kaapse
Stormberge
deur die
Vrystaat
en
KwaZulu-Natal
tot by die
Wolkberg
in
Limpopo
strek, is die grootste bergreeks in Suider-Afrika.
Die Drakensberge skei die hoogplato van die Suid-Afrikaanse binneland van die laerliggende kusgebiede in die ooste van die land en is die grootste waterskeiding. Die
Oranje-
en
Tugelarivier
, twee van Suid-Afrika se grootste riviere, het hulle oorsprong by die
Mont-aux-Sources
(
Frans
: "Berg by die bronne").
Sneeuval
kom gereeld voor in die winter, terwyl mis en reen die hele jaar kan voorkom.
Die
Koninklike Natalse Nasionale Park
is een van die mees bekende in
Suid-Afrika
. Naas die oorsprong van die Tugelarivier en die tweede hoogste waterval ter wereld, die
Tugelawaterval
(912 meter), spog die park met meer as 170 voelspesies, waaronder die bedreigde
lammervanger
. Die sentrale gedeelte van die bergreeks beskik oor 'n groot aantal voetslaanpaaie, wat ook toegang bied tot die
rotskuns
van die Boesmans.
Die
uKhahlamba
of Nasionale Drakensbergpark in
KwaZulu-Natal
is deur
Unesco
in
2000
as
werelderfenisgebied
gelys.
Van die vloer gesien, lyk die Drakensberge na 'n rysige ketting bergspitse. As 'n mens egter te voet langs een van die steil, kronkelende paadjies opstap wat soms tussen die duisend meter hoe rotswande opstyg, en jy kom uiteindelik bo op die rand van die tafel uit, sien 'n mens na die weste 'n vergesig van dor rante en kronkelende rivierklowe.
Dan word dit duidelik dat die Drakensberge eintlik net een kant het, en dat die massiewe wande en steil hellings aan die oostekant daarvan geen eweknie aan die westekant het nie. Skaars 90 kilometer van die Natalse kus skiet die hoogte bo seevlak tot meer as 3 300 meter, maar daarvandaan daal die landskap geleidelik oor die hoogland van
Lesotho
na die Vrystaatse vlaktes, sowat 300 kilometer na die noordweste.
Die Drakensberg-platorand maak deel uit van 'n eskarp wat van
Zimbabwe
af suidwaarts loop deur
Gauteng
en
KwaZulu-Natal
. Uitlopers daarvan sien 'n mens in die
Amatolaberge
en die
Kompas
- en
Tandjiesberg
in die
Oos-Kaap
. Hier swaai die eskarp weswaarts tot by die
Bokkeveldberge
in die
Wes-Kaap
, en dan noord deur
Namakwaland
en
Namibie
tot in
Angola
.
Die platorand is op sy duidelikste sigbaar in
Mpumalanga
, waar die
Hoeveld
skerp wegval na die Laeveld, en ook in Natal, waar die hoogteverskil tussen die hooglande van
Lesotho
en die Natalse laaglande so skielik en geweldig is dat selfs loodregte wande, soos die 1 500 meter hoe Amfiteater by Mont-aux-Sources, nie ongewoon is nie. 'n Mens moet in gedagte hou dat die hooglande van Lesotho nie massas is wat bo-op die Natalse en Kaaplandse vlaktes opgestapel het nie, maar wel die laaste, hardste oorblyfsels van 'n eens baie hoer landmassa.
Op klein skaal kan 'n mens vir jou 'n voorstelling van hierdie tipe landvorming maak deur 'n klip met 'n gelyk grondlaag te bedek en dan water van bo af daarop uit te giet. Die grond sal wegspoel en die klip sal mettertyd bokant die grondoppervlak uitstaan. In die geval van die Drakensberge was die geologiese proses natuurlik uiters stadig. 'n Formasie soos die Amfiteater, waar die
Tugelarivier
'n groot hap uit die platorand verweer het, het oor 'n tydperk van miljoene jare ontstaan.
Geologiese samestelling
[
wysig
|
wysig bron
]
Die Natalse Drakensberge het hulle ontstaan aan
vulkaniese
uitbarstings van sowat 150 miljoen jaar gelede te danke, en is 'n oorblyfsel van 'n groter plato. Die twee opvallendste rotssoorte in die Natalse Drakensberge is
sandsteen
en basalt.
Die sogenaamde grotsandsteen, waaruit die voetheuwels (of Kleinberg) bestaan, is 'n roomkleurige, wit en selfs oranje gesteente wat soms tot skouspelagtige vorme verweer, soos die honderd meter hoe torings wat 'n mens by
Elliot
, in Noordoos-Kaap, sien. Die rotstipe word ook nie verniet grotsandsteen genoem nie. Die horisontale lae vorm dikwels bakkranse, en in rotsskuilings onder die oorhange is daar nog vol op tekens van die vroegste Drakensbergbewoners: die wande van talle bakkranse is ryklik met rotstekeninge versier.
In teenstelling met die growwer, korrelriger Tafelbergsandsteen, wat waarskynlik deur waterafsetting gevorm is, het die Drakensberge se sandsteen 'n fyn, digte struktuur. Dit is blykbaar deur windafsetting gevorm, wat daarop dui dat die tans so waterryke Natalse landstreek in die vroegste tye die sandstorms van woestyntoestande geken het. Bo-op die sandsteenlae rus bruin en grys basalt, 'n jonger rotstipe. Die geweldige dik basaltlaag (in Lesotho soms tot 1 300 meter dik) is die oorblyfsel van magtige strome vulkaniese uitvloeiings wat deur skeure in die
aarde
se oppervlak gebars het en bo-oor die sandsteenlae gevloei het.
Die proses het hom telkens herhaal, sodat duidelike lae of terrasse teen bv.
Cathedral-piek
gesien kan word. Namate die basalt afgekoel het, het gasborrels in die rotse uitgekristalliseer tot die agaat, kalsiet en seoliet wat bergklimmers nogal dikwels in die Drakensberge optel.
Die Afrikaanse naam Drakensberge kom van die naam wat die vroegste Nederlandse setlaars dit gegee het. Hulle het dit
Die Drakensbergen
genoem. Verskeie moontlike redes vir hierdie naam sluit in die puntige toppe wat soortgelyk is aan die agterkant van die mitiese Europese draak, ou plaaslike legende waarvolgens dit die tuiste van vuurspuwende drake sou wees, en moontlike bevindings van
dinosourus
fossiele
(wat miskien verwar was met die oorblyfsels van drake).
[1]
Gewoonlik wanneer Suid-Afrikaners en besoekers van
die
Drakensberge praat, verwys hulle na die Groot Platorand wat die grens vorm tussen Lesotho en KwaZulu-Natal, met die geloof dat dit 'n reeks berge is wat tot in Lesotho strek, maar wat eintlik korrek bekend staan as die
Lesotho Hoogland
. Hierdie hoogste gedeelte van die Groot Platorand staan bekend as
uKhahlamba
("Versperring van regop spiese")
[2]
in
Zoeloe
en
Maluti
in
Sotho
.
Daar is talle bergpasse oor die Drakensberg waarvan die
Sanipas
,
Van Reenenspas
, en Bushman's Nek-Pas van die bekendste is.
Thabana Ntlenyana
("Klein Berg") in
Lesotho
(3 482 meter) is die Drankensberge se hoogste piek. Ander noemenswaardige pieke sluit in Mafadi in
Suid-Afrika
(3 451 meter),
Ben Macdhui
(in
Oos-Kaap
), Cathkinpiek,
Cathedralpiek
, Cleftpiek,
Giant's Castle
en
Sentinel
wat almal meer as 3 000 meter verrys.
- Labuschagne, R.J.: Die Drakensberg. In: Ons Land. 'n Reeks van 65 praatjies uitgesaai in die Afrikaanse diens van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie van 1 September tot 16 November 1967.
- Leverton, B.J.: The Roof of South Africa. Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 17, nr. 3, Maart 1968.
- KENNIS, 1980,
ISBN 0798108266
, volume 4, bl. 786