David Miller

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
David Miller
David Miller in 2014
Volle naam David Andrew Miller
Gebore 10 Junie 1989 ( 1989-06-10 ) (34 jaar oud)
Pietermaritzburg , Natal , Suid-Afrika
Kolfstyl Linkshandig
Boulstyl Regterarm bybreek
Rol Middelordekolwer
Internasionale geskiedenis
Nasionale span Suid-Afrika
EDI debuut (no  98 ) 22 Mei 2010 v  Wes-Indie
Laaste EDI 7 Maart 2020 v  Australie
EDI hempno. 10
T20I debuut (no  45 ) 20 Mei 2010 v  Wes-Indie
Laaste T20I 26 Februarie 2020 v  Australie
T20I hempno. 10
Eersterangse spaninligting
Jaar(e) Span
2008- Natal Dolfyne (spanno. 12)
2011- Kings XI Punjab
2012 Yorkshire
2013 Chittagong Kings
Loopbaanstatistiek
Kompetisie EDI T20I 1e rang A-lys
Wedstryde 132 78 63 231
Lopies aangeteken 3231 1409 3,342 6156
Kolfgemiddeld 40.38 29.35 36.32 41.04
100s/50s 5/14 1/2 6/19 9/35
Hoogste telling 139 101* 177 139
Vangskote/Stonkings 61/? 61/- 73/- 103/-
Bron: ESPNcricinfo , 30 Desember 2020

David Andrew Miller (gebore 10 Junie 1989 in Pietermaritzburg ) is 'n Suid-Afrikaanse krieketspeler . Hy het onder meer tydens die krieketwereldbekertoernooie in 2015 , 2019 en 2023 , die T20I-wereldbekertoernooie in 2014 , 2016 , 2021 en 2022 , asook die Kampioenetrofee in 2013 en 2017 vir Suid-Afrika gespeel.

Hy speel in die EDI 's en Twintig20 -wedstryde vir die Proteas . Hy het ook al tweekeer ingestaan as T20I-kaptein in Februarie 2019, toe Faf du Plessis ? die gereelde kaptein ? 'n ruskans gegun is.

Hy word in 2019 as T20-speler van die jaar aangewys. [1]

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. ( af ) Johann Gresse (4 Augustus 2019). "Faf is Suid-Afrika se krieketspeler van die jaar" . Maroela Media . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2019 . Besoek op 4 Augustus 2019 .

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.