in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Cullinan-diamant
is die wereld se grootste
diamant
.
[1]
Die diamant is op
26 Januarie
1905
in die Premiermyn by
Cullinan
(naby Pretoria) deur Frederick Wells gevind. Dit is tot op datum die grootste ruwe sierdiamant wat ooit gevind is. Dit het 3 025
karaat
geweeg. Dit was ongeveer 11 cm by 6 cm by 5 cm groot voor dit geslyp is. Wells het 'n beloning van ?2000 vir sy vonds ontvang. Die diamant is na sir
Thomas Major Cullinan
, die stigter van die myn, vernoem. Dit is aan die regering van die
Transvaalkolonie
vir ?150 000 verkoop. Daarna is die diamant deur die koloniale regering aan koning
Edward VII
geskenk.
Die diamant is na twee jaar in nege groot en 95 kleiner stene opgesny. Die grootste steen is die Cullinan I van 530 karaat. Die Cullinan II is 317,4 en die Cullinan III is 94,45 karaat groot.
Voor die Cullinan-diamant gevind is, was die
Excelsior-diamant
die grootste gewees.