Claudio Arrau in 1974, deur
Allan Warren
Claudio Arrau Leon
(
Spaanse
uitspraak: [?klau?ðjo a?rau?];
6 Februarie
1903
?
9 Junie
1991
) was 'n
Chileense
pianis
wat bekend was vir sy interpretasies van 'n ontsagwekkende repertorium wat van
Barokmusiek
tot die werke van 20ste eeuse komponiste gestrek het. Hy was veral bekend vir sy interpretasies van
Bach
,
Beethoven
,
Schubert
,
Chopin
,
Schumann
,
Liszt
en
Brahms
. Hy word beskou as een van die grootste pianiste van die twintigste eeu.
[1]
Arrau was 'n leerling van
Martin Krause
, wat op sy beurt 'n leerling was van
Liszt
.
Arrau was in
Chillan
,
Chile
, gebore. Hy was die seun van Carlos Arrau, 'n oftalmoloog oftewel oogkundige wat dood is toe Claudio slegs een jaar oud was; en Lucrecia Leon Bravo de Villalba, 'n klavieronderwyseres. Hy het behoort aan 'n ou prominente familie van Suid-Chile. Sy voorvader, Lorenzo de Arrau, 'n
Spaanse
ingenieur, was na Chile gestuur deur Koning
Carlos III van Spanje
. Arrau was by wyse van sy oumagrootjie, Maria del Carmen Daroch del Solar, verwant gewees aan die Campbells van Glenorchy, 'n Skotse adellike familie.
[2]
Arrau was as 'n
Katoliek
grootgemaak, maar het dit in sy vroee tienerjare opgegee.
[3]
Claudio Arrau, November 1929
Arrau was 'n wonderkind ek kon musiek lees voordat hy woorde kon lees. Anders as baie virtuose, was daar egter nooit 'n professionele musikant in sy gesin gewees nie. Sy moeder was 'n
amateurpianis
en het hom aan die instrument bekend gestel. Teen die leeftyd van vier jaar het hy reeds Beethovensonates gelees, en 'n jaar later sy eerste konsert gegee.
[4]
Toe Arrau ses jaar oud was het hy 'n oudiensie gehad voor verskeie kongreslede en President
Pedro Montt
, wat so beindruk was dat hy met reelings vir Arrau se toekomstige opvoeding begin het. Arrau het op die ouderdom van agt jaar 'n tien-jaar-lange toegif van die Chileense regering ontvang om in
Duitsland
te studeer. Hy het saam met sy moeder en suster Lucrecia gereis. Hy was ingeskryf by die Stern Konservatoria van Berlyn waar hy uiteindelik 'n leerling van
Martin Krause
geword het, wat op sy beurt onder
Franz Liszt
studeer het. Op die ouderdom van elf jaar kon Arrau Liszt se Transendentale Etudes, een van die moeilikste werke vir die klavier, sowel as
Brahms
se
Variasies op 'n Tema van Paganini
speel. Arrau se eerste opnames was op Eolian Duo-Art musiekrolle gemaak. Krause het tydens sy vyfde jaar van onderrig aan Arrau beswyk, en sodoende die vyftienjarige in 'n verwese en hartseer toestand gelos; Arrau het nie na hierdie verlies met formele klavierstudies voortgegaan nie.
[4]
In 1935 het Arrau 'n gevierde weergawe van die volledige klawerbordwerke van
Johann Sebastian Bach
gegee, wat oor twaalf uitvoerings gestrek het. In 1936 het Arrau 'n volledige weergawe van die klawerbordwerke van
Mozart
gegee, wat oor vyf uitvoerings gestrek het, gevolg deur die volledige
Schubert
en
Weber
siklusse. In 1938 het Arrau vir die eerste keer die volledige klaviersonates en - concertos van
Beethoven
in
Meksikostad
gespeel. Arrau het bogenoemde prestasies verskeie kere in sy leeftyd herhaal, insluitende in New York en Londen. Hy het een van die voorste kenners op
Beethoven
in die 20ste eeu geword.
[4]
[5]
In 1937 is Arrau met die
mezzo-sopraan
Ruth Schneider (1908?1989), 'n Duitser, getroud. Hulle het drie kinders gehad naamlik: Carmen (1938?2006), Mario (1940?1988) en Christopher (1959). In 1941 het die Arrau gesin van Duitsland na die
VSA
geemigreer, en hul uiteindelik in
Douglaston, Queens
, New York, gevestig waar Arrau sy oorblywende jare spandeer het. Hy het in 1979 beide 'n
VSA
en
Chileense
burger geword.
[6]
Arrau het op 9 Junie 1991 op die ouderdom van 88 jaar in
Murzzuschlag
,
Oostenryk
gesterf as gevolg van komplikasies voortspruitende uit 'n noodoperasie wat op 8 Junie uitgevoer is om 'n blokkasie van die ingewande te verwyder.
[7]
Sy oorskot was in sy tuisstad van
Chillan, Chile
begrawe.
Toon en benadering tot musiek
[
wysig
|
wysig bron
]
Daniel Barenboim
het gese dat Claudio Arrau 'n spesifieke klank met twee karakteristieke gehad het: eerstens 'n volheid wat byna orkestraal van aard was, en tweedens 'n heeltemal liggaamlose toon, wat taamlik betowerend was.
[8]
Colin Davis
het gese: "Sy klank is verruklik en asemrowend, en dit is geheel en al sy eie... niemand anders kan presies soos hy speel nie. Sy toewyding aan Liszt is buitengewoon en wonderlik. Hy beliggaam daardie musiek op 'n wyse waarop niemand hom dit kan nadoen nie."
[8]
Volgens die
Amerikaanse
kritikus
Harold C. Schonberg
het Arrau altyd " 'n onmiskenbare en besliste
romantiese
toon in sy interpretasies gehad".
[9]
Arrau was 'n intellektueel en 'n besonder reflektiewe interpreteerder. Hy het wyd gelees terwyl hy gereis het, en Engels,
Italiaans
,
Duits
, en
Frans
bykomend tot sy
moedertaal
Spaans
geleer. Hy het in sy twintigerjare bekend geraak met
Jung
se sielkunde.
[10]
Arrau se houding ten opsigte van musiek was baie ernstig. Hy het getrouheid aan die partituur bepleit en gepreek, maar ook
verbeelding
voorgestaan. Alhoewel hy dikwels met stadiger en meer doelbewuste
tempo
's gespeel het vanaf sy middeljare, het hy 'n reputasie gehad as 'n verruklike
virtuoos
in sy vroee jare - 'n reputasie wat ondersteun word deur opnames wat hy op die tydstip gemaak het-; soos byvoorbeeld
Balakiref
se
Islamey
en
Liszt
se
Grandes etudes de Paganini
. Hy het egter selfs in die latere stadium van sy loopbaan daartoe geneig om met minder behoedsaamheid en selfbeheersing tydens lewendige konserte as in die ateljee te speel.
Arrau was 'n man van uitsonderlike moed; selfs aan die einde van sy lewe het hy sonder uitsondering 'n program van groot en veeleisende konserte gevolg, insluitende werke soos
Beethoven
se
Keiserconcerto
en
Brahms
se Eerste Klavierconcerto.
[5]
Verskeie pianiste het onder Arrau gestudeer, insluitende onder andere Karlrobert Kreiten, Garrick Ohlsson, Nelson Delle-Vigne Fabbri, Roberto Szidon, Stephen Drury en Roberto Eyzaguirre.
Hy was 'n gereelde opvoerder: van die ouderdom van veertig tot sestig jaar het hy gemiddeld honderd-en-twintig konserte per seisoen gegee, met 'n baie groot repertorium. Hy het gereeld die volledige klawerbordconcertos van
Bach
,
Mozart
,
Beethoven
en
Chopin
opgevoer; maar ook die werke van minder bekende
komponiste
soos
Alkan
en
Busoni
en obskure werke uit die
Liszt
-repertorium. Dit word beraam dat Arrau se totale repertorium hom deur ses-en-sewentig aande se uitvoerings sou neem, welke nie die sestig of so orkeswerke insluit waarmee hy ook bekend was nie.
[4]
Arrau het 'n aansienlike deel van die klaviermusiek van
Schumann
, Chopin en Liszt opgeneem. Hy het die volledige Beethoven
klaviersonates
vir die Peters-uitgawe geredigeer en in 1962?1966 alles daarvan op die
Philips Classics Records
plate-etiket opgeneem. Hy het van 1984 tot 1990 byna gelyktydig al die sonates, saam met Mozart se klaviersonates, weer opgeneem. Hy is ook bekend vir sy opnames van
Schubert
,
Brahms
en
Debussy
.
Noemenswaardige opnames:
- Bach: Goldberg-variasies (opgeneem in 1942), partitas 1,2,3 en 5 (opgeneem in 1991)
- Beethoven: volledige klavierconcertos (hy het die werke drie keer opgeneem) en klaviersonates
- Brahms: volledige klavierconcertos en klaviersonates Nos 2 en 3
- Chopin: volledige Etudes, nokturnes, preludes en klavierconcertos
- Debussy: volledige preludes & images, Suite Bergamasque
- Liszt: klaviersonate in B mineur, volledige Transendentale Etudes
- Mozart: volledige klaviersonates
- Schoenberg
: klavierstukke, Op. 11
- Schubert: laat-klaviersonates, Impromptus, Klavierstucke, D. 946
- Schumann: klaviersonate in #F mineur, Karnaval, Fantasie in C majeur, klavierconcerto in A mineur (hy het dit vier keer opgeneem)
- Weber
: klaviersonate in C majeur, Konzertstuck, Op. 79
Ten tyde van sy dood op die ouderdom van 88 jaar was Arrau besig om die volledige werke van Bach vir die klawerbord-instrument op te neem. Hy was ook besig met die proses om sommige stukke van Haydn, Mendelssohn, Reger en Busoni, sowel as Boulez se derde klaviersonate, voor te berei. Die Robert Schumann-genootskap het die Arrau-medalje in 1991 op die been gebring. Dit is al aan
Andras Schiff
,
Martha Argerich
en
Murray Perahia
toegeken.
- Mnr. Arrau het eenmaal van sy vroeere jare gese; "Al wat ek wou gehad het was musiek. Ek was selfs by die klavier gevoer. Andersins, wou dit voorkom, sou ek nie geeet het nie. Ek het in daardie jare soms met my gapende oop mond gespeel, en my moeder sou kos daarin plaas."
[5]
- Mnr. Arrau, terwyl hy besig was om sy werk tydens 'n 1975 onderhoud te beskryf, het gese: "Ek probeer om op die manier te speel soos wat 'n kat spring. Dit moet volkome natuurlik wees. Ek het myself belowe dat wanneer ek voel dat 'n tipe roetine in my speelwerk inkruip, ek sal stop. Wanneer ek nou speel is ek byna in ekstase, 'n kreatiewe ekstase, wat ek nie vir enigiets in die wereld sal prysgee nie. Dit is waarvoor ek lewe."
[5]
- 2012: Deel gemaak van die Gramophone-tydskrif se
Hall of Fame
[11]
- 1990: Goue medalje van die Koninklike Filharmoniese-genootskap
- 1988: Die La Medalla Teresa Carreno van
Venezuela
; Honorere Lid van Die Koninklike Filharmoniese-genootskap
- 1984: Die Hoogste Onderskeidingsprys van die Inter-Amerikaanse musiekraad en die Organisasie van Amerikaanse State; Doctor Honoris Causa van die
Universidad de Concepcion
; Professor Honoris Causa van die Universidad de Bio-Bio
- 1983: Die Internasionale UNESCO Musiekprys;
National de la Legion d'honneur
van
Frankryk
; Nasionale Prys van Kuns van Chile; Eerste Honorere Lid van die Robert Schumann-genootskap; Doctor Honoris Causa van die
Universiteit van Oxford
; Commandatore da
Accademia Nazionale di Santa Cecilia
; Ridderskap van die Orde van Malta; Beethoven-medalje van
New York
; Philadelphia Bowl of
Philadelphia
- 1982: Orde van die
Asteekse
Arend (La Orden del Aguila Azteca) van
Meksiko
- 1980: Hans von Bulow-medalje van die
Berliner Philharmoniker
- 1970: Großes
Bundesverdienstkreuz
van die
Federale Republiek van Duitsland
- 1965: Chevalier van die
Ordre des Arts et des Lettres
van Frankryk; Voorsien van 'Die Masker van Chopin' & Chopin se manuskripte
- 1959: Santiago se Ereburger; Concepcion se Ereburger en Stad se Goue medalje; Hijo Benemerito de Chillan; Chillan se voorheen genaamde Lumacostraat was hernoem na Claudio Arrau
- 1958: Die Medalje van Die Koninklike Filharmoniese-genootskap
- 1949: Hijo Predilecto de Mexico; Doctor Honoris Causa van die Universiteit van Chile
- 1941: Hijo Ilustre de Chillan
- 1927: Wenner van die
Grand Prix
van die Concours International des Pianistes
Geneve
. Die beoordelingspaneel het bestaan uit
Arthur Rubinstein
, Joseph Pembauer,
Ernest Schelling
,
Alfred Cortot
en
Jose Vianna da Motta
.
[12]
Cortot het uitgeroep: "Cela c'est un pianiste. C'est merveilleux"
- 1925: Ereprys van die Stern-konservatoria. Is aldaar as professor aangestel
- 1919 & 1920: Liszt-prys (na 45 jaar sonder 'n wenner van die eerste prys)
- 1918: Schulhoff-prys; aan die einde van sy studies by die Stern-konservatoria 'n "Diploma van Onderskeiding" ontvang
- 1917: Sachsen-Gothaische Medaille
- 1916: Toelaag of toegif van die Stern-konservatoria
- 1915: Eerste prys tydens die Rudolph Ibach-kompetisie (hy was die enigste deelnemende seun)
- 1915: Gustav Hollander-medalje vir jong kunstenaars
- 1911: Toelaag of toegif van die kongres van Chile vir musikale studies in Berlyn
- Deutscher Schallplattenpreis:
Brahms 2 Klavierconcertos met
Carlo Maria Giulini
en die
Philharmonia Orchestra
[EMI Opgeneem in 1960 & 1962]
Beethoven 5 Klavierconcertos met
Bernard Haitink
en die Concertgebouw-orkes
[Philips Opgeneem in 1964]
Schumann Sonate Op.11, Fantasiestucke Op.111
[Philips Opgeneem in 1967 & 1968]
Brahms 2 Klavierconcertos met Bernard Haitink en die Concertgebouw-orkes
[Philips Opgeneem in 1969]
Liszt Volledige Konsert Parafrases op operas deur
Verdi
[Philips Opgeneem in 1971]
Liszt 12
Etudes d'execution Transcendente
[Philips Opgeneem in 1974 & 1976]
Liszt 2 Klavierconcertos met
Colin Davis
en die
Londen Simfonieorkes
[Philips Opgeneem in 1979]
Chopin Volledige Nokturnes
[Philips Opgeneem in 1977 & 1978]
Chopin Volledige Etudes
[EMI Opgeneem in 1956, Verwerk in 1987]
Chopin Volledige Etudes
[EMI Opgeneem in 1956, Verwerk in 1987]
Schumann Klavierconcerto, Karnaval & Beethoven Sonate Op.111
[EMI Verfilm in 1963, 1961 & 1970]
Liszt Solo Klavierwerke: Ballade No.2, Jeux d'eaux a la villa d'Este, Vallee d'Obermann……
[Philips Opgeneem in 1969]
Schumann Omvattende Solo Klavierwerke
[Philips Opgeneem van 1966 tot 1976]
- Japan Plaat Akademieprys:
Beethoven 5 Klavierconcertos met
Colin Davis
en die
Staatskapelle Dresden
[Philips Opgeneem in 1984 & 1987]
Chopin Volledige Etudes
[EMI Opgeneem in 1956, Verwerk in 1987]
- Warsaw Chopin-genootskap se Grand Prix du Disque Frederic Chopin:
Chopin Volledige Etudes
[EMI Opgeneem in 1956, Verwerk in 1987]
- ↑
"Claudio Arrau, Pianis, Is Dood op 88 jaar". The New York Times. 10 Junie 1991
- ↑
Claudio Arrau (Klavier)
volle afstamming van Campbells sowel as die Hapsburgs kan hier verkry word. Besoek via Internet, 22 November 2016
- ↑
Joseph Horowitz
,
Arrau oor Musiek en Uitvoerings
Bladsy 182 "Arrau was as 'n Katoliek grootgemaak, maar het dit rondom die ouderdom van vyftien jaar opgegee. 'Ek het slegs eenkeer 'n belydenis afgele, en het dit as absoluut verregaande beskou...(Ek) is nie godsdienstig in enige konfessionele opsig nie. Ek dink dat ek wel oor sommige mistieke sensasies beskik. Maar ek dink nie aan God as 'n persoon nie.'"
- ↑
4,0
4,1
4,2
4,3
Thomas F. Johnson (1963).
"ARRAU AT 60"
(in Engels). Musical America.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 22 Oktober 2018
. Besoek op
24 Oktober
2019
.
- ↑
5,0
5,1
5,2
5,3
Verwysingfout: Invalid
<ref>
tag; no text was provided for refs named
NYT
- ↑
"Douglas Manor:Notable residents ? Claudio Arrau, Pianist"
Geargiveer
8 Maart 2017 op
Wayback Machine
, The Douglaston and Little Neck Historical Society, 2016, besoek op 5 Junie 2017
- ↑
Joseph Horowitz,
"Afterword"
- ↑
8,0
8,1
Randles, Roma (2013).
'n Lewe in Musiek: Ruth Nye en die Arrau-erfenis
. Grosvenor House Publishing. p. 1937.
ISBN
9781781482001
. Besoek op
21 Januarie
2015
.
- ↑
Harold C. Schonberg, The Great Pianists from Mozart to the Present, Simon & Schuster, Second Edition (1987)
- ↑
Horowitz, J. (1999),
Arrau on music and performance
. Courier Dover Publications.
- ↑
"Claudio Arrau (pianis)"
(in Engels). Gramophone. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 19 Oktober 2013
. Besoek op
11 April
2012
.
- ↑
Sachs, H., & Manildi, D.:
Rubinstein: a life
, bladsy 379. Grove Press, 1995.