Christian Bale
|
|
Christian Bale in 2014 op die Berlynse Rolprentfees.
|
|
Geboortenaam
|
Christian Charles Philip Bale
|
Geboorte
|
30 Januarie 1974
(
1974-01-30
)
(50 jaar oud)
Haverfordwest, Pembrokeshire,
Wallis
,
Brittanje
|
Nasionaliteit
|
Brits
|
Beroep(e)
|
Akteur
|
Aktiewe jare
|
1982?tans
|
Internet-rolprentdatabasis
-profiel
|
Christian Charles Philip Bale
(* 30
Januarie
1974
?) is ’n
Britse
akteur.
[1]
[2]
Hy het al in groot rolprente gespeel en in kleiner produksies van onafhanklike vervaardigers en kunsateljees.
Hy het op 13 aandag getrek in
Steven Spielberg
se
Empire of the Sun
(1987). Hy het die rol vertolk van ’n Engelse seun wat tydens die
Tweede Wereldoorlog
van sy ouers geskei raak en verdwaal, en hom eindelik bevind in ’n
Japannese
konsentrasiekamp
.
[3]
In 2000 het hy lof gekry vir sy uitbeelding van die reeksmoordenaar Patrick Bateman in
American Psycho
. Hy gaan tot uiterstes om vir ’n rol voor te berei; dit was veral die geval met die sielkundige riller
The Machinist
(2004), waarvoor hy 28,5 kg verloor het om die rol van Trevor Reznik te vertolk.
[4]
Bale het internasionaal meer bekend geraak vir rol as
Bruce Wayne/Batman
in
Batman Begins
(2005),
The Dark Knight
(2008) en
The Dark Knight Rises
(2012). Vir sy spel in
The Fighter
(2010) het hy ook groot lof gekry asook verskeie pryse, onder meer ’n
Oscar
vir beste manlike byspeler. Nog noemenswaardige rolle was in
American Hustle
en
The Big Short
.
Bale is in Haverfordwest in Pembrokeshire,
Wallis
gebore as die seun van David Bale, ’n entrepreneur, vlieenier en talentbestuurder, en Jenny (geb. James), wat in ’n sirkus opgetree het
[5]
[6]
[7]
Hy het drie susters.
[8]
Bale se ma is Engels en sy pa ’n gebore
Suid-Afrikaner
. Hy het al gese: "Ek is in Wallis gebore, maar ek is nie Wallies nie ? ek is Engels."
[2]
Hy het in
Wallis
,
Surrey
en
Dorset
in Engeland, en in
Portugal
grootgeword.
[9]
[10]
Sy ouers is in 1991 geskei. Sy ma en susters het in Engeland agtergebly terwyl hy en sy pa na
Los Angeles
,
Kalifornie
, verhuis het toe hy 17 jaar oud was.
[11]
Sy eerste toneelspelondervinding was in 1982 in ’n advertensie vir ’n wasgoedversagmiddel. In 1984 het hy sy verhoogdebuut gemaak in
The Nerd
in die
West End
in
Londen
.
[12]
'n 14-jarige Bale in
Stockholm
,
Swede
, terwyl hy in Februarie 1988 voorbrand vir die prent
Empire of the Sun
gemaak het.
Bale het sy rolprentdebuut in 1986 gemaak as die tsarewitsj
Aleksei Nikolajewitsj van Rusland
in die TV-prent
Anastasia: The Mystery of Anna
.
[13]
Daarna het hoofrolle gevolg in die minireeks
Heart of the Country
en die fantasieprent
Mio in the Land of Faraway
.
Vir sy spel in
Empire of the Sun
(1987) is hy deur die Amerikaanse National Board of Review of Motion Pictures benoem as beste jong akteur ? dit was die eerste keer dat die prys toegeken is.
[14]
Hy het nie gehou van die bohaai wat die publiek en sy skoolmaats daaroor gemaak het nie en het oorweeg om op te hou toneelspeel, totdat
Kenneth Branagh
hom oorreed het om in 1989 in
Henry V
te speel.
[14]
In 1990 het hy saam met
Charlton Heston
verskyn in
Treasure Island
. Hierna het rolle gevolg in
Newsies
,
Swing Kids
,
Little Women
en
Velvet Goldmine
.
In 1999 het Bale die rol van die reeksmoordenaar Patrick Bateman in
American Psycho
, ’n rolprentweergawe van die omstrede boek met dieselfde naam, vertolk. Hy het tot uiterstes gegaan om die voorkoms te kry wat in die boek beskryf word.
[15]
Hy het hom ook eenkant gehou om die donker kant van Bateman se persoonlikheid baas te raak.
American Psycho
het groot reaksie uitgelok, sommige daarvan negatief. Die resensent en rolprenthistorikus
Roger Ebert
het dit selfs
pornografie
genoem.
[16]
Hy het dit egter ’n positiewe resensie gegee en Bale geprys vir sy spel.
[17]
Sy eerste rol daarna was
Captain Corelli's Mandolin
. In 2000 het hy weer ’n moordenaar gespeel, die keer in
Shaft
. Bale het in 2002 sy eerste aksierol gekry in die post-apokaliptiese aksiefantasieprent
Reign of Fire
.
[18]
Hy het daarin saam met
Matthew McConaughey
gespeel.
Na ’n blaaskans van ’n jaar het hy in 2004 in die sielkundige riller
The Machinist
gespeel. Hy het weer tot uiterstes gegaan om hom vir sy rol voor te berei om Reznik se uitgeteerde voorkoms te kry.
[19]
Hy het in binne ’n paar maande 27 kg verloor.
[20]
Aan die einde van die verfilming het Bale net 55 kg geweeg.
[19]
In 2004 het Bale die hoofrol van Batman en sy alter ego, Bruce Wayne, gekry in
Batman Begins
. Dit was net nadat hy maer geword het vir sy rol in
The Machinist
en hy moes weer spiere oefen om soos Batman te lyk. Hy het ses maande gekry om dit te doen. Hy het die spertyd gehaal en binne die tyd 45 kg gewig aangesit.
[21]
Batman Begins
is op 15 Junie 2005 uitgereik en was ’n internasionale sukses.
[22]
Hy het die rol weer in
The Dark Knight
vertolk. Die prent, wat in 2008 uitgereik is, was ’n treffer en het ’n nuwe rekord opgestel deur in sy eerste naweek in Amerika $158,4 miljoen te laat inrol.
[23]
Dit het binne 10 dae $300 miljoen oorskry, binne 18 dae $400 miljoen en binne 43 dae $500 miljoen ? drie nuwe Amerikaanse rekords.
[24]
Dit het wereldwyd meer as $1 miljard gemaak.
[25]
In 2012 het hy weer eens die rol van Batman vertolk in
The Dark Knight Rises
.
[26]
Die opvolg het weer meer as $1 miljard gemaak.
[27]
[28]
Bale in 2008.
Na
Batman Begins
het Bale weer in onafhanklike rolprente begin optree. Hy het een van die twee hoffrolle vertolk in die misdaaddrama
Harsh Times
, saam met
Freddy Rodriguez
en
Eva Longoria
.
[29]
In
The New World
het hy saam met
Colin Farrell
en Q'Orianka Kilcher gespeel. Hy as ’n sekondere karakter wat net in die laaste derde van die prent sy verskyning gemaak het. Die prent was ’n mislukking in Amerika en dit het ook nie internasionaal ’n wins gemaak nie.
[30]
In 2006 het Bale vier projekte aangepak, onder meer
The Prestige
saam met
Hugh Jackman
,
Scarlett Johansson
,
Piper Perabo
en
David Bowie
en
I'm Not There
saam met
Heath Ledger
.
In 2010 het hy saam met
Mark Wahlberg
in die drama
The Fighter
gespeel. Hy het 14 kg vir die rol van Dicky Eklund verloor en het die
Golden Globe
vir beste manlike byspeler in ’n rolprent, die
Oscar
vir beste manlike byspeler en nog 30 pryse vir sy spel gewen.
[31]
[32]
In Desember 2010 is aangekondig Bale sou in die historiese drama
The Flowers of War
speel, met
Zhang Yimou
as regisseur.
[33]
Tydens die verfilming in Januarie 2011 het Bale en ’n span van
CNN
probeer om
Chen Guangcheng
, ’n blinde aktivis onder nie-amptelike huisarres weens sy kritiek teen
China
se eenkindbeleid, te besoek. Terwyl die kameraspan dit afgeneem het, is hy deur tientalle Chinese veiligheidsbeamptes, wat hom nie herken het nie, geslaan, gestamp en toegang tot Guangcheng geweier.
[34]
Bale het later gese hy wou "die man ontmoet, met hom bladskud en vertel watter inspirasie hy is".
[35]
[36]
Op videomateriaal kan ook gesien word hoe Bale en die CNN-span met klippe gegooi word en hoe ’n bussie 40 minute lank agter hul motor aanjaag.
[34]
In 2013 het hy Russell Baze gespeel in die riller
Out of the Furnace
,
[37]
en ook verskyn in
American Hustle
.
[38]
[39]
Vir laasgenoemde prent het hy 20 kg aangesit, sy kop kaal geskeer en ’n houding ontwikkel wat hom 3 cm korter laat vertoon het ? wat tot rugprobleme gelei het.
[40]
Robert de Niro
, wat ’n kameerol in die prent gehad het, het hom na berig word nie herken toe hy aan hom voorgestel word nie.
[41]
Bale was
Moses
in
Ridley Scott
se Bybelse epos
Exodus: Gods and Kings
,
[42]
[43]
wat op 12 Desember 2014 uitgereik is. Sy laaste prent (tot in Januarie 2016) was
The Promise
(2016).
Bale is op 29 Januarie 2000 met Sandra "Sibi" Bla?i?, ’n
Serwies
-Amerikaanse voormalige model en grimeerkunstenaar, getroud. Hulle het twee kinders, Emmaline (geb. 2005) en Joseph (geb. 2014).
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
Bale woon sedert 1992 in
Los Angeles
.
[49]
Nes sy pa steun hy omgewingsgroepe soos
Greenpeace
en die
Wereldnatuurlewefonds
. Hy is saam met sy vrou op die beheerliggaam van die
Dian Fossey
-gorillafonds.
[50]
- Mio in the Land of Faraway
(1987)
- Empire of the Sun
(1987)
- Treasure Island
(1990)
- Newsies
(1992)
- Swing Kids
(1993)
- Little Women
(1994)
- Pocahontas
(1995)
- Metroland
(1997)
- All the Little Animals
(1998)
- Velvet Goldmine
(1998)
- A Midsummer Night's Dream
(1999)
- American Psycho
(2000)
|
- Shaft
(2000)
- Laurel Canyon
(2002)
- Reign of Fire
(2002)
- Equilibrium
(2002)
- The Machinist
(2004)
- Batman Begins
(2005)
- Harsh Times
(2005)
- The New World
(2005)
- The Prestige
(2006)
- Rescue Dawn
(2006)
- 3:10 to Yuma
(2007)
- The Dark Knight
(2008)
|
- Terminator Salvation
(2009)
- Public Enemies
(2009)
- The Fighter
(2010)
- The Flowers of War
(2011)
- The Dark Knight Rises
(2012)
- Out of the Furnace
(2013)
- American Hustle
(2013)
- Exodus: Gods and Kings
(2014)
- Knight of Cups
(2015)
- The Big Short
(2015)
- The Promise
(2016)
|
- ↑
"Q&A with Christian Bale"
(in Engels). Phase9.tv.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 20 Desember 2019
. Besoek op
3 Desember
2012
.
- ↑
2,0
2,1
"Christian Bale: American Psycho"
(in Engels). IMDB News. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 16 Augustus 2012
. Besoek op
21 Julie
2008
.
I was born in Wales but I'm not Welsh ? I'm English
- ↑
Singer, Leigh (19 Februarie 2009).
"Oscars: the best actors never to have been nominated"
.
The Guardian
(in Engels). Londen.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 9 Desember 2011
. Besoek op
26 Februarie
2010
.
- ↑
"Christian Bale Lost 63 pounds and get other 110 in less than 9 months!"
(in Engels). Allvoices.com. 22 Mei 2010.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 7 Januarie 2014
. Besoek op
6 Januarie
2014
.
- ↑
Christian Bale-profiel by
FilmReference.com.
- ↑
Rourke, Mary (4 Januarie 2004).
"Activist David Bale had commitment to Africa"
.
The Seattle Times
. Besoek op
30 Junie
2008
.
- ↑
Serpe, Gina (22 Julie 2008).
"Christian Bailed Over Alleged Assault; Denies Wrongdoing"
(in Engels). E!.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 10 Desember 2011
. Besoek op
26 September
2011
.
- ↑
"Secrets of the Jay Leno show revealed: New book lifts the lid on celebrity divas and behind-the-scenes craziness from the show's 22-year run"
.
Daily Mail
. 14 Junie 2014.
- ↑
metrowebukmetro (13 September 2007).
"60 SECONDS: Christian Bale"
(in Engels). Metro.co.uk. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 14 Mei 2011
. Besoek op
6 Januarie
2014
.
- ↑
"Christian Bale: Yes, it is the same guy"
.
The Daily Telegraph
(in Engels). London, UK: Telegraph Media Group Limited. 21 Januarie 2011.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 10 Julie 2019
. Besoek op
9 Februarie
2014
.
- ↑
"Sister of Hollywood star Christian Bale faces losing her home"
.
Bournemouth Echo
(in Engels). 3 Maart 2010.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 6 November 2018
. Besoek op
12 Julie
2013
.
- ↑
Kamarauskas, K.
Christian Bale profile at Thespian Net
; URL besoek op 19 Maart 2014.
- ↑
"Christian Bale biography"
(in Engels). Contact music.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 27 Januarie 2015
. Besoek op
21 Januarie
2014
.
- ↑
14,0
14,1
"BBC Wales ? Arts ? Christian Bale"
(in Engels). BBC Wales.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 13 Februarie 2009
. Besoek op
13 April
2009
.
- ↑
Fischer, Paul.
"Unmasking an American Psycho."
Geargiveer
13 Junie 2000 op
Wayback Machine
The Cranky Critic
; URL besoek op 15 Mei 2006.
- ↑
McCormick, Moira.
"Christian Bale ? Good Christian Talks About Playing a Yuppie from Hell"
Geargiveer
4 Desember 2008 op
Wayback Machine
, Barnes & Noble.com, 5 September 2000; URL besoek op 15 Mei 2006
- ↑
Ebert, Roger.
"American Psycho"
Geargiveer
23 Desember 2012 op
Wayback Machine
,
Chicago Sun-Times
, 14 April 2000; URL besoek op 17 Mei 2006
- ↑
Reign of Fire
IMDb profile
; URL besoek op 19 Maart 2014.
- ↑
19,0
19,1
Lee, Michael J. (4 Oktober 2004).
"Interviews Christian Bale, The Machinist"
(in Engels). Radio Free.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 3 Junie 2019
. Besoek op
5 Mei
2008
.
- ↑
Gilchrist, Todd (15 Oktober 2004).
"IGN Interviews Christian Bale"
.
IGN FilmForce
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 25 Desember 2011
. Besoek op
15 Oktober
2004
.
- ↑
Jordan, Sean.
Christian Bale: Belatedly Blabbing Batman
Geargiveer
7 Oktober 2006 op
Wayback Machine
,
Femme Fatales
, Julie/Augustus 2005; URL besoek op 16 Mei 2006
- ↑
"Batman Begins (2005)"
. Box Office Mojo.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2019
. Besoek op
13 April
2009
.
- ↑
"Dark Knight Sets Weekend Box-Office Record"
(in Engels). Fox News Channel. Associated Press. 21 Julie 2008. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 26 Oktober 2012.
- ↑
"The Dark Knight Rewrites Box Office Record Books"
(in Engels). Google News. Agence France-Presse. 22 Julie 2008. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 17 Junie 2013.
- ↑
"Box Office Mojo: All Time Worldwide Box Office Grosses"
(in Engels). Boxofficemojo.com.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2019
. Besoek op
26 Februarie
2010
.
- ↑
Subers, Ray (30 April 2010).
"
'Batman' Returns 20 July 2012"
.
Box Office Mojo
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 20 Augustus 2010
. Besoek op
30 April
2010
.
- ↑
"All Time Worldwide Box Office Grosses"
(in Engels). Box Office Mojo, Amazon.com.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2019
. Besoek op
6 September
2012
.
- ↑
"2012 Yearly Box Office Results"
. Box Office Mojo, Amazon.com.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 13 Januarie 2013
. Besoek op
6 September
2012
.
- ↑
"Blanchett joins Toronto festival lineup"
.
USA Today
(in Engels). Associated Press. 26 Julie 2005.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2012
. Besoek op
13 April
2009
.
- ↑
"The New World at Box Office Mojo"
.
- ↑
"Christian Bale wins Oscar for "The Fighter"
"
(in Engels). Reuters. 28 Februarie 2011. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 28 November 2015
. Besoek op
9 Mei
2015
.
- ↑
Barshad, Amos (20 Mei 2009).
"Melissa Leo to Control Christian Bale and Mark Wahlberg's Bedtimes"
.
New York
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 31 Mei 2009
. Besoek op
4 Junie
2009
.
- ↑
Landreth, Jonathan (22 Desember 2010).
"Christian Bale to Star in Zhang Yimou film"
.
The Hollywood Reporter
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 5 Januarie 2020
. Besoek op
25 September
2011
.
- ↑
34,0
34,1
"
'Batman' star Bale punched, stopped from visiting blind Chinese activist"
(in Engels). CNN. 17 Desember 2011.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 23 Januarie 2018
. Besoek op
27 April
2012
.
- ↑
"Christian Bale barred from visiting China activist Chen"
(in Engels). BBC News. 16 Desember 2011.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 22 April 2019
. Besoek op
27 April
2012
.
- ↑
Moore, Malcolm (16 Desember 2011).
"Christian Bale manhandled while trying to visit Chinese activist"
.
The Telegraph
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 8 Januarie 2019.
- ↑
"Christian Bale, Casey Affleck And Zoe Saldana Confirmed For Out of the Furnace"
(in Engels). CinemaBlend.com.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 22 Junie 2019
. Besoek op
9 April
2012
.
- ↑
Chitwood, Adam (15 April 2013).
"David O. Russell's Next Film Gets New Title: AMERICAN HUSTLE"
(in Engels). collider.com.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 8 Januarie 2020
. Besoek op
16 April
2013
.
- ↑
"David O. Russell and Christian Bale to reunite on American Bullshit"
(in Engels). TotalFilm.com.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 14 Julie 2014
. Besoek op
9 Julie
2012
.
- ↑
Mandell, Andrea (3 Desember 2013).
"Christian Bale's one-two punch with 'Furnace,' 'Hustle'
"
.
- ↑
Rosen, Christopher (20 Desember 2013).
"Christian Bale's 'American Hustle' Transformation Even Fooled Co-Star"
.
The Huffington Post
. Besoek op
6 Januarie
2014
.
- ↑
"Christian Bale Eyeing Moses?"
(in Engels). Deadline.com.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 26 April 2014
. Besoek op
19 Oktober
2013
.
- ↑
"Joel Edgerton to Play Ramses in Ridley Scott's 'Exodus'
"
(in Engels). HollywoodReporter.com.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 10 Januarie 2020
. Besoek op
19 Oktober
2013
.
- ↑
Singh, Anita (23 Julie 2008).
"Christian Bale profile"
.
The Daily Telegraph
(in Engels). Londen. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 27 Maart 2009
. Besoek op
13 April
2009
.
- ↑
"Bale Becomes a Father"
.
Wenn
(in Engels). Internet Movie Database. 29 Maart 2005.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 29 November 2017
. Besoek op
15 Julie
2008
.
- ↑
McLean, Craig (29 Mei 2005).
"Suit yourself, mate"
.
The Age
(in Engels). Melbourne.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 7 Augustus 2017
. Besoek op
15 Julie
2008
.
- ↑
"Second Child on the Way for Christian Bale"
.
People
(in Engels). 8 Maart 2014. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 12 Junie 2018
. Besoek op
9 Maart
2014
.
- ↑
"Christian Bale, wife Sibi welcome baby boy"
.
nydailynews.com
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 18 Januarie 2018
. Besoek op
12 Desember
2015
.
- ↑
Hoad, Phil (5 Junie 2005).
"Dark Star"
.
The Guardian
(in Engels). Londen.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 22 Oktober 2008
. Besoek op
13 April
2009
.
- ↑
"Dian Fossey Gorilla Fund"
. Gorillafund.org. 14 April 2014. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 20 Junie 2010
. Besoek op
16 Mei
2014
.