Che Guevara
|
---|
Guerrillero Heroico
Che Guevara by die gedenkdiens van die La Coubre ontploffing. Geneem deur Alberto Korda op 5 Maart 1960.
|
Gebore
| Ernesto Guevara
14 Junie
1928
|
---|
Sterf
| 9 Oktober
1967
|
---|
Beroep
| Dokter, skrywer, guerrilla, regeringsamptenaar,
Militere strateeg
|
---|
Politieke party
| Beweging van die 26ste Julie, Verenigde Party van die Kubaanse Sosialistiese Rewolusie,
[1]
Nasionale Bevrydingsweermag van Bolivie
|
---|
Eggenoot
| Hilda Gadea (1955?1959)
Aleida March (1959?1967, sy dood)
|
---|
Kinders
| Hilda (1956?1995), Aleida (* 1960), Camilo (* 1962), Celia (* 1963), Ernesto (* 1965)
|
---|
Ouer(s)
| Ernesto Guevara Lynch
[2]
Celia de la Serna y Llosa
[2]
|
---|
Handtekening
|
---|
|
Ernesto "Che" Guevara
(
14 Junie
[5]
1928
?
9 Oktober
1967
) algemeen bekend as
Che Guevara
,
El Che
of net
Che
, was 'n
Argentynse
Marxistiese
revolusioner, dokter, skrywer, intellektueel,
guerilla
-leier, militere teoretikus en 'n groot figuur in die
Kubaanse Revolusie
.
[6]
Sedert sy dood het sy gestileerde gelaat 'n alomteenwoordige kontrakultuursimbool geword asook globale ordeteken in volkskultuur.
[7]
As 'n mediese student het Guevara
Latyns-Amerika
deurkruis en is hy omvorm deur die grootskaalse armoede wat hy aanskou het.
[8]
Sy ervarings en waarnemings op hierdie reise het hom maak besluit dat die gebied se ingewortelde ekonomiese ongelykhede die inherente gevolg van monopolistiese kapitalisme, neokolonialisme en
imperialisme
was, met 'n wereldrevolusie as die enigste oplossing hiervoor.
[9]
Hierdie oortuiging het tot sy betrokkenheid in die sosiale hervorming van
Guatemala
onder president Jacobo Arbenz Guzman, wie se uiteindelike val (met behulp van die Amerikaanse CIA) Guevara se radikale ideologie verstewig het. Later, terwyl hy in
Meksikostad
gewoon het, het hy
Raul
en
Fidel Castro
ontmoet, aangesluit by hulle Beweging van die 26ste Julie en Kuba ingeneem aanboord van die Granma seiljag met die bedoeling om die
Amerikaans
-gesteunde Kubaanse
diktator
Fulgencio Batista
omver te werp.
[10]
Guevara het gou aansien verwerf onder insurgente, is bevorder tot tweede in bevel, en het 'n deurslaggewende rol gespeel in die suksesvolle guerrilla-veldtog wat uiteindelik ontslae geraak het van die Batista-bewind.
[11]
Na die Kubaanse revolusie het Guevara 'n aantal sleutelrolle in die nuwe regering gehad. Dit het o.m. die oorsig van appelle en die teregstelling deur vuurpeloton van diegene wat skuldig bevind is aan oorlogsmisdade gedurende die revolusionere tribunale,
[12]
ingesluit asook die instelling van landelike hervorming as minister van industriee. Verder het hy ook gedien as president van die nasionale bank van Kuba asook die raadgewende direkteur vir Kubaanse weermag en het hy die wereld platgereis as 'n diplomaat ten behoewe van Kubaanse
sosialisme
. Sulke ampte het hom in staat gestel om 'n sentrale rol te speel in die opleiding van die weermag wat die inval in die
Varkensbaai
(
Bay of Pigs
) afgeweer het,
[13]
asook om die kerngelaaide ballistiese vuurpyle van die
Sowjetunie
na Kuba te bring, wat aanleiding gegee het tot die
Kubaanse missielkrisis
.
[14]
Hiermee saam was hy ook 'n vrugbare skrywer en dagboekskrywer en het hy 'n gedagteryke gids oor
guerrilla-oorlogvoering
saamgestel, tesame met 'n topverkopende memoire oor sy jong dae waar hy op 'n motorfiets
Suid-Amerika
deurkruis het. Guevara het Kuba in 1965 verlaat om onsuksesvolle revolusies aan te wakker, eers in
Kongo-Kinshasa
en later in
Bolivia
, waar hy gevange geneem is deur
CIA
-gesteunde Boliviaanse magte en tereg gestel is.
[15]
Vroee lewe
Ernesto Guevara is gebore as die kind van Celia de la Serna y Llosa en ernesto Guevara Lynch op
14 Junie
1928
in
Rosario
,
Argentinie
en was die oudste van vyf kinders in 'n familie van Spaans-Argentynse, Baskiese en Iers-Argentynse afkoms.
[16]
In plaas van sy ouers se vanne, sal sy wetlike naam (Ernesto Guevara) soms saam met de la Serna of Lynch verskyn. Met verwysing na Che se rustelose aard het sy vader verklaar dat "die eerste opmerklikheid is dat my seun se are vol is van die bloed van die
Ierse rebelle
."
[17]
Baie vroeg in Ernestito (soos hy toe bekend gestaan het) se lewe het hy 'n "aantrekking tot die armes" ontwikkel.
[18]
Hy het grootgeword in 'n gesin met linkse politiese neigings wat tot gevolg gehad het dat Guevara as seun aan 'n wye spektrum van politiese perspektiewe blootgestel is.
[19]
Sy vader, 'n stoere ondersteuner van die Republikeine van die
Spaanse Burgeroorlog
, het dikwels veterane van die konflik aan huis gehad.
[20]
Che was 'n uitstaande atleet al het hy aan 'n ernstige geval van akute asma gelei, wat hom sy hele lewe sou pla. Hy het baie gehou van swem, voetbal (sokker), gholf en skiet en hy was ook 'n kranige fietsryer.
[21]
[22]
Hy was 'n ywerige
rugbyspeler
en het as
losskakel
vir die eerste span van die Universiteit van Buenos Aires uitgedraf.
[23]
By die rugby het hy die bynaam "Fuser" ? 'n mengsel van
El Furibundo
(onkeerbaar) en sy moeder se van, de la Serna ? gekry weens sy aggressiewe spelpatroon.
[24]
Sy skoolmaats het hom ook die bynaam "
Chancho
" (vark) gegee omdat hy nie baie gewas het nie en met trots 'n "weeklikse hemp" gedra het.
Guevara het by sy vader leer
skaak
speel en het op 12-jarige ouderdom aan plaaslike toernooie begin deelneem. Gedurende sy puberteitsjare maar ook regdeur sy lewe was hy passievol oor poesie, veral oor werke van
Pablo Neruda
,
John Keats
,
Antonio Machaco
,
Federico Garcia Lorca
,
Gabriella Mistral
,
Cesar Vallejo
en
Walt Whitman
.
[25]
Hy kon ook
Rudyard Kipling
se "
If
" en
Jose Hernandez
se "
Martin Fierro
" voordra.
[25]
Daar was oor die 3 000 boeke in die Guevara-huis, wat Che in staat gestel het om 'n entoesiastiese en eklektiese leser te word, met belangstelling in
Karl Marx
,
William Faulkner
,
Andre Gide
,
Emilio Salgari
en
Jules Verne
.
[26]
Hy het verder ook van die werke van
Jawaharlal Nehru
,
Franz Kafka
,
Albert Camus
,
Vladimir Lenin
, en
Jean-Paul Sartre
gehou; asook die van
Anatole France
,
Friedrich Engels
,
H.G. Wells
en
Robert Frost
.
[27]
Soos hy ouer geword het, het hy 'n belangstelling in die Latyns-Amerikaanse skrywers
Horacio Quiroga
,
Ciro Alegria
,
Jorge Icaza
,
Ruben Dario
en
Miguel Asturias
[27]
begin ontwikkel. Hy het baie van hierdie skrywers se idees in sy eie handgeskrewe notaboekies gelys van konsepte, definisies en filosofiee van invloedryke intellektuele. Dit het analitiese sketse van
Boeddha
en
Aristoteles
ingesluit, saam met 'n ontleding van
Bertrand Russell
oor liefde en patriotisme,
Jack London
oor gemeenskap en
Nietzsche
oor die idee van dood.
Sigmund Freud
se idees het hom gefassineer en Che het hom oor 'n hele paar onderwerpe aangehaal, van die interpretasie van drome en libido tot narcisme en die oedipuskompleks.
[27]
Sy gunsteling vakke op universiteit was
filosofie
,
wiskunde
,
ingenieurswese
,
politieke wetenskap
,
sosiologie
,
geskiedenis
en
argeologie
.
[28]
[29]
Jare later, op
13 Februarie
1958
, het 'n geheime 'biografiese en persoonlikheidsverslag' van die CIA aangeteken van Guevara se bree akademiese belangstellinge en intellek, en hy is daarin beskryf as "goed belese" en daar is opgemerk dat "Che redelik intelligent is vir 'n Latyns-Amerikaner".
[30]
Motorfietsreis
In 1948 het Guevara by die Universiteit van Buenos Aires in geskryf om 'n dokter te word. In 1951 het hy sy studie onderbreek om 'n reis te onderneem waar hy en 'n vriend,
Alberto Granado
Suid-Amerika
sou deurkruis, met die finale doel om vir 'n paar weke as vrywilligers te werk by die melaatsekolonie by San Pablo in
Peru
, aan die oewers van die
Amasonerivier
. Op pad na
Machu Picchu
, hoog op in die
Andesgebergte
, is hy geskok deur die verdrukkende armoede van die afgelee landelike gebiede, waar plattelandse boere klein lappies land bewerk het wat aan die ryk landhere behoort het.
[31]
Later in sy reis is Guevara veral beindruk deur die kameraderie van die mense wat in die melaatsekolonie gewoon het waaroor hy gese het: "Die hoogste vorm van menslike solidariteit en lojaliteit is te vind by so 'n eensame en desperate volk."
[31]
Guevara het, van die notas wat hy tydens die reis gemaak het, 'n verslag geskryf met die titel
The Motorcycle Diaries
, wat later 'n topverkoper van die
New York Times
geword het,
[32]
en is in 2004 aangepas om 'n bekroonde rolprent met dieselfde naam te word.
Aan die einde van die reis het Guevara na nie na Latyns-Amerika gekyk as 'n groepering van afsonderlike nasies nie, maar as 'n eenheid wat 'n kontinentwye bevrydingstrategie nodig gehad het. Sy idee van 'n grenslose, verenigde
Spaans-Amerika
met 'n gedeelde
Latino
erfenis was 'n tema wat sy verskyning telkemale prominent gemaak het gedurende sy latere revolusionere aktiwiteite. Met sy terugkeer na Argentinie het hy sy studies voltooi en sy mediese graad in Junie 1953 gekry, wat hom amptelik "dr. Ernesto Guevara" gemaak het.
[33]
[34]
Guevara het later opgemerk dat hy gedurende sy reis deur Latyns-Amerika, "in noue aanraking gekom het met
armoede
,
hongersnood
en
siekte
" saam met die "onbevoegdheid om 'n kind te behandel weens 'n tekort aan geld" en "verdowing wat aangehits is deur hongersnood en straf" wat 'n vader noop om die "verlies van 'n seun in 'n onbelangrike ongeluk te aanvaar". Guevara het aangevoer dat dit hierdie ervaringe was wat hom oortuig het om "hierdie mense te help", en dat hy die area van medisyne moes verlaat om die politiese arena van gewapende verset te betree.
[8]
Guatemala, Arbenz en United Fruit
Op
7 Julie
1953
het Guevara weer vertrek. Hierdie keer na
Bolivia
,
Peru
,
Ecuador
,
Panama
,
Costa Rica
,
Nicaragua
,
Honduras
en
El Salvador
. Op
10 Desember
1953
, voordat hy Guatemala verlaat het, het hy 'n brief aan sy tante Beatriz van
San Jose, Costa Rica
gestuur. In die brief praat Guevara van 'n waarnemingsroete deur die gebiede onder baasskap van die
United Fruit Company
, wat hom oortuig het "hoe verskriklik" die "kapitalistiese seekatte" was.
[35]
Hierdie bevestigde verontwaardiging het die "koppesnellery-houding" wat hy ingeneem het om sy konserwatiewe familielede te skok, oorgedra. Dit het ook daartoe gelei dat hy gesweer op die naam van
Josef Stalin
, dat hy nie sou rus voordat hierdie "seekatte oorwin is nie".
[36]
Later in daardie maand het Guevara in
Guatemala
aangekom waar president Jacobo Arbenz Guzman aan die hoof gestaan het van 'n demokraties-verkose regering, wat deur middel van grondhervorming en ander inisiatiewe gepoog het om die
latifundia
-stelsel te beeindig. Om dit te bereik het president Arbenz 'n grootskaalse grondhervormingsprogram geloods, waar al die ongebruikte grond van ryk grondeienaars onteien en onderverdeel sou word aan die grondlose landelike bevolking. Die grootste grondeienaar en een wat die meeste deur die grondhervorming geraak is, was die
United Fruit Company
wat reeds meer as 225,000 onbewerkte akker grond aan die Arbenz-regering moes afstaan.
[37]
Guevara was in sy skik met die weg wat die Guatemalaanse nasie gekies het, en het besluit om hom in Guatemala te vestig om "homself te suiwer en wat ook al nodig mag wees om 'n ware opstandeling te word, te bereik".
[38]
In
Guatemala-stad
het Guevara Hilda Gadea Acosta opgesoek, 'n
Peruaanse
ekonoom
wat goeie politieke verbintenisse gehad het en ook 'n lid van die links-gesinde Alianza Popular Revolucionaria Americana (APRA, Amerikaanse Algemene Revolusionere Alliansie) was. Sy het Guevara aan verskeie hooggeplaaste amptenare in die regering van Arbenz voorgestel. Guevara het toe kontak gemaak met 'n groep
Kubaanse
bannelinge wat bande met
Fidel Castro
gehad het deur die aanval op die
Moncada Kaserne
in
Santiago de Cuba
op
26 Julie
1953
.
[39]
Gedurende hierdie tydperk het hy sy bekende noemnaam gekry, na aanleiding van sy gereelde gebruik van die Argentynse
tussenwerpsel
(
che
) wat naastenby dieselfde as "eh" of "pel" is.
[40]
Guevara se pogings om 'n mediese internskap te kry was nie suksesvol nie en sy persoonlike ekonomiese situasie was wisselvallig. Op
15 Mei
1954
het 'n vrag ?koda-
infanterie
en ligte artillerie van die kommunistiese
Tsjeggo-Slowakye
vir die Arbenz-regering in Puerto Barrios aangekom.
[41]
[42]
As 'n teenvoeter het die Amerikaanse CIA 'n weermag geborg wat die land ingeval het en die regse diktatorskap van Carlos Castillo Armas gevestig het.
[38]
Guevara was gretig om namens Arbenz te veg en het by 'n gewapende burgermag aangesluit wat vir die doel deur die Kommunistiese Jeug georganiseer is. Hy was egter gefrustreerd met die groep se onaktiwiteit en het sy mediese pligte hervat. Na die staatsgreep het Guevara weer aangebied om te veg, maar kort daarna het Arbenz by die Meksikaanse Ambassade skuiling gesoek en sy buitelandse volgelinge aangeraai om die land te verlaat. Ondersteuners van die staatsgreep het ag geslaan op Guevara se herhaaldelike oproepe om te verset, en hy is voelvry verklaar.
[43]
Nadat Hilda Gadea gearresteer is, het Guevara toevlug gesoek by die Argentynse konsulaat, waar hy gebly het tot hy 'n paar weke later 'n pas gekry het waarmee hy na
Meksiko
gereis het.
[44]
Hy het in
September
1955
met Gadea in Meksiko getrou.
[45]
Die omverwerping van die Arbenz-regime het die siening van Guevara bevestig van die Verenigde State as 'n
imperialistiese
mag wat enige regering sal teenstaan of probeer vernietig wat die sosio-ekonomiese ongelykheid, wat endemies is aan Latyns-Amerika en ander ontwikkelende lande, wil regstel. Guevara het oor die staatsgreep gese:
"Die laaste Latyns-Amerikaanse revolusionere demokrasie ? die van Jacobo Arbenz ? het misluk as gevolg van 'n koue voorbedagte aggressie wat deur die VSA uitgevoer is. Die sigbare hoof was die Minister van Buitelandse Sake,
John Foster Dulles
, 'n man wat toevallig ook 'n aandeelhouer van en prokureur vir die
United Fruit Company
was.
"
[43]
Guevara was oortuig daarvan dat die enigste manier om sulke omstandighede reg te stel, die bereiking en verdediging van Marxisme deur gewapende verset en 'n gewapende bevolking, was.
[46]
Gadea het later geskryf dat dit "Guatemala was wat hom finaal oortuig het van die noodsaaklikheid van gewapende verset en om inisiatief teen imperialisme te neem. Teen die tyd wat hy vertrek het was hy seker hiervan."
[47]
Lys van werke
Werke is oorspronklik in Spaans geskryf deur Ernesto "Che" Guevara en later in Engels vertaal
- A New Society: Reflections for Today's World
,
Ocean Press, 1996,
ISBN 1-875284-06-0
- Back on the Road: A Journey Through Latin America
,
Grove Press, 2002,
ISBN 0-8021-3942-6
- Che Guevara, Cuba, and the Road to Socialism
,
Pathfinder Press, 1991,
ISBN 0-87348-643-9
- Che Guevara on Global Justice
,
Ocean Press (AU), 2002,
ISBN 1-876175-45-1
- Che Guevara: Radical Writings on Guerrilla Warfare, Politics and Revolution,
Filiquarian Publishing, 2006,
ISBN 1-59986-999-3
- Che Guevara Reader: Writings on Politics & Revolution
,
Ocean Press, 2003,
ISBN 1-876175-69-9
- Che Guevara Speaks: Selected Speeches and Writings
,
Pathfinder Press (NY), 1980,
ISBN 0-87348-602-1
- Che Guevara Talks to Young People
,
Pathfinder, 2000,
ISBN 0-87348-911-X
- Che: The Diaries of Ernesto Che Guevara
,
Ocean Press (AU), 2008,
ISBN 1-920888-93-4
- Colonialism is Doomed
,
Ministry of External Relations: Republic of Cuba, 1964, ASIN B0010AAN1K
- Critical Notes on Political Economy: A Revolutionary Humanist Approach to Marxist Economics
Ocean Press, 2008,
ISBN 1-876175-55-9
- Episodes of the Cuban Revolutionary War, 1956?1958
,
Pathfinder Press (NY), 1996,
ISBN 0-87348-824-5
- Guerrilla Warfare: Authorized Edition
Ocean Press, 2006,
ISBN 1-920888-28-4
- Latin America: Awakening of a Continent
,
Ocean Press, 2005,
ISBN 1-876175-73-7
- Marx & Engels: An Introduction
,
Ocean Press, 2007,
ISBN 1-920888-92-6
- Our America And Theirs: Kennedy And The Alliance For Progress
,
Ocean Press, 2006,
ISBN 1-876175-81-8
- Reminiscences of the Cuban Revolutionary War: Authorized Edition
Ocean Press, 2005,
ISBN 1-920888-33-0
- Self Portrait Che Guevara
,
Ocean Press (AU), 2004,
ISBN 1-876175-82-6
- Socialism and Man in Cuba
,
Pathfinder Press (NY), 1989,
ISBN 0-87348-577-7
- The African Dream: The diaries of the Revolutionary War in the Congo
Grove Press, 2001,
ISBN 0-8021-3834-9
- The Argentine
,
Ocean Press (AU), 2008,
ISBN 1-920888-93-4
- The Bolivian Diary of Ernesto Che Guevara
Pathfinder Press, 1994,
ISBN 0-87348-766-4
- The Diary of Che Guevara: The Secret Papers of a Revolutionary
,
Amereon Ltd,
ISBN 0-89190-224-4
- The Great Debate on Political Economy
,
Ocean Press, 2006,
ISBN 1-876175-54-0
- The Motorcycle Diaries: A Journey Around South America
London: Verso, 1996,
ISBN 1-85702-399-4
- To Speak the Truth: Why Washington's "Cold War" Against Cuba Doesn't End
,
Pathfinder, 1993,
ISBN 0-87348-633-1
Notas
- ↑
Partido Unido de la Revolucion Socialista de Cuba, aka PURSC
- ↑
2,0
2,1
(
en
)
Unknown, Autor.
"Guevara, Che"
. Encyclopædia Britannica Online. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 5 Mei 2022
. Besoek op
30 September
2001
.
- ↑
(
en
)
The Spark That Does Not Die
by Michael Lowy,
International Viewpoint
, July 1997
- ↑
(
en
)
Embodiment and Agency
, by Sue Campbell & Letitia Meynell, Penn State Press, 2009,
ISBN 0-271-03522-6
, bl. 243
- ↑
Die geboortedatum aangeteken op sy
geboortesertifikaat
was 14 Junie 1928 alhoewel een tersiere bron (Julia Constenla, aangehaal deur Jon Lee Anderson) meen dat hy eintlik op 14 Mei van daardie jaar gebore is. Constenla voer aan dat sy deur 'n onbekende astroloog meegedeel is dat Che se moeder, Celia de la Serna, reeds swanger was toe sy en Ernesto Guevara Lynch getroud is en dat die datum op die geboortesertifikaat aangepas is, om dit te laat voorkom of Che 'n maand later gebore is en dat hy hulle seun was, om 'n skandaal te vermy. (
Anderson 1997
, pp. 3, 769.)
- ↑
HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑
Casey 2009
, p. 128.
- ↑
8,0
8,1
Oor Revolusionere Medisyne
Toespraak deur Che Guevara aan die Kubaanse Burgermag op 19 Augustus 1960
- ↑
By die Afro-Asiatiese in Algerie
Toespraak deur Guevara aan die Tweede Ekonomiese Seminaar van Afro-Asiatiese Solidariteit in
Algiers
,
Algerie
op 24 Februarie 1965
- ↑
Beaubien, NPR Audio Report, 2009
, 00:09-00:13
- ↑
"
Castro's Brain
"
1960.
- ↑
Taibo 1999
, p. 267.
- ↑
Kellner 1989
, p. 69-70.
- ↑
Anderson 1997
, p. 526-530.
- ↑
Ryan 1998
, p. 4
- ↑
Che se van
"Guevara"
is afgelei van die
Kastiliaanse
vorm van die
Baskiese
Gebara
in
Spanje
, 'n bewoningsnaam in die
Alava
-provinsie. Sy ouma, Ana Lynch, was 'n afstammeling van Patrick Lynch, 'n emigrant van
Galway
,
Ierland
in die 1740's.
- ↑
Lavretsky 1976
- ↑
Kellner 1989
, p. 23.
- ↑
Argentina: Che's Red Mother
Geargiveer
26 Augustus 2013 op
Wayback Machine
Time Magazine
, July 14, 1961
- ↑
Anderson 1997
, p. 22-23.
- ↑
Sandison 1996
, p. 8.
- ↑
Kellner 1989
, p. 24.
- ↑
Cain, Nick & Growden, Greg "Chapter 21: Ten Peculiar Facts about Rugby" in
Rugby Union for Dummies
(2nd Edition), John Wiley and Sons,
ISBN 978-0-470-03537-5
, p. 293.
- ↑
Anderson 1997
, p. 28.
- ↑
25,0
25,1
Hart 2004
, pg 98.
- ↑
Haney 2005
, p. 164.
- ↑
27,0
27,1
27,2
(
Anderson 1997
, p. 37?38)
- ↑
Sandison 1996
, p. 10.
- ↑
Kellner 1989
, p. 26.
- ↑
Ratner 1997
, p. 25.
- ↑
31,0
31,1
Kellner 1989
, p. 27.
- ↑
NYT Topverkoperlys:
#38 Paperback Nonfiction on 2005-02-20
,
#9 Nonfiction on 2004-10-07
en by ander geleenthede.
- ↑
Anderson 1997
, pp. 98.
- ↑
'n Afskrif van Guevara se universiteitstranskripsies wat die toekening van sy mediese graad aantoon kan gevind word op bl. 75 van
Becoming Che: Guevara's Second and Final Trip through Latin America
, deur Carlos 'Calica' Ferrer (uit die Spaans vertaal deur Sarah L. Smith), Marea Editorial, 2006,
ISBN 987-1307-07-1
. Ferrer was 'n lewenslange vriend van Che se kinderdae af en toe Guevara die laaste van sy 12 eksamens geslaag het in 1953, het hy 'n afskrif aan Ferrer gegee wat gereeld vir Guevara gese het hy sal nooit sy graad kry nie, om te wys dat hy uiteindelik sy studies klaargemaak het.
- ↑
Anderson 1997
, p. 126.
- ↑
Taibo 1999
, p. 31.
- ↑
Kellner 1989
, p. 31.
- ↑
38,0
38,1
Guevara Lynch 2000
, p. 26.
- ↑
Radio Cadena Agramonte 2006
.
- ↑
Ignacio 2007
, p. 172.
- ↑
U.S. Department of State 2008
.
- ↑
Anderson 1997
, p. 144.
- ↑
43,0
43,1
Kellner 1989
, p. 32.
- ↑
Taibo 1999
, p. 39.
- ↑
Snow, Anita. "
'My Life With Che' deur Hilda Gadea
."
Associated Press
at
WJXX-TV
. 16 Augustus 2008. URL besoek op 23 Februarie 2009.
- ↑
Che Guevara 1960?1967 by Frank E. Smitha
- ↑
Sinclair, Andrew (1970).
Che Guevara
. The Viking Press. p. 12.
Verwysings
- Alekseev, Aleksandr (Oktober 1984). "Cuba despues del triunfo de la revolucion" ("Cuba after the triumph of the revolution"). Moskou:
America Latina
.
- Almudevar, Lola
(9 Oktober 2007). "
Bolivia marks capture, execution of 'Che' Guevara 40 years ago
".
San Francisco Chronicle
.
- Anderson, Jon Lee
(1997).
Che Guevara: A Revolutionary Life
. New York: Grove Press.
ISBN 0-8021-1600-0
.
- Bamford, James
(2002).
Body of Secrets: Anatomy of the Ultra-Secret National Security Agency
(Reprint edition). New York: Anchor Books.
ISBN 0-385-49908-6
.
- BBC News (17 Januarie 2001). "
Profile: Laurent Kabila
". Besoek op 10 April 2008.
- BBC News
(May 26, 2001).
Che Guevara photographer dies
. Besoek op 4 Januarie 2006.
- BBC News (9 Oktober 2007). "
Cuba pays tribute to Che Guevara
".
BBC News, International version
.
- Beaubien, Jason (2009).
Cuba Marks 50 Years Since 'Triumphant Revolution'
. NPR: All Things Considered, Audio Report.
- Ben Bella, Ahmed
(Oktober 1997). "
Che as I knew him
".
Le Monde diplomatique
. mondediplo.com. Besoek op 28 Februarie 2008.
- Bockman, USMC Major Larry James (April 1, 1984).
The Spirit of Moncada: Fidel Castro's Rise to Power 1953?1959
. United States: Marine Corps Command and Staff College.
- Casey, Michael (2009).
Che's Afterlife: The Legacy of an Image
. Vintage.
ISBN
0-307-27930-8
.
- Castaneda, Jorge G (1998).
Che Guevara: Companero
. New York: Random House.
ISBN 0-679-75940-9
.
- Castro, Fidel
(editors Bonachea, Rolando E. and Nelson P. Valdes; 1972).
Revolutionary Struggle 1947?1958
. Cambridge, Massachusetts and London: MIT Press.
ISBN 0-262-02065-3
.
- Crompton, Samuel (2009).
Che Guevara: The Making of a Revolutionary
. Gareth Stevens.
ISBN
1-4339-0053-X
.
- Cuban Information Archives. "
La Coubre explodes in Havana 1960
". Besoek op 26 Februarie 2006; pictures can be seen at Cuban site
fotospl.com
Geargiveer
11 Oktober 2007 op
Wayback Machine
.
- DePalma, Anthony (2006).
The Man Who Invented Fidel: Castro, Cuba, and Herbert L. Matthews of the New York Times
. New York: Public Affairs.
ISBN 1-58648-332-3
.
- Dorfman, Ariel
(14 Junie 1999).
Time 100: Che Guevara
Geargiveer
9 April 2000 op
Wayback Machine
. Time Inc.
- Dorschner, John and Roberto Fabricio (1980).
The Winds of December: The Cuban Revolution of 1958
. New York: Coward, McCann & Geoghegen.
ISBN 0-698-10993-7
.
- D'Rivera, Paquito
(March 25, 2005). "
Open letter to Carlos Santana by Paquito D'Rivera
Geargiveer
1 Desember 2007 op
Wayback Machine
".
Latin Beat Magazine
. Besoek op 18 Junie 2006.
- Dumur, Jean (interviewer) (1964).
L'interview de Che Guevara
(Video clip; 9:43).
- Galvez, William (1999).
Che in Africa: Che Guevara's Congo Diary
. Melbourne: Ocean Press, 1999.
ISBN 1-876175-08-7
.
- Gomez Treto, Raul (Spring 1991). "
Thirty Years of Cuban Revolutionary Penal Law
".
Latin American Perspectives
18(2)
, Cuban Views on the Revolution. 114-125.
- Gott, Richard (2004).
Cuba: A New History
. Yale University Press.
ISBN
0-300-10411-1
.
- Gott, Richard (August 11, 2005). "
Bolivia on the Day of the Death of Che Guevara
Geargiveer
26 November 2005 op
Wayback Machine
".
Le Monde diplomatique
. Besoek op 26 Februarie 2006.
- Grant, Will (8 Oktober 2007). "
CIA man recounts Che Guevara's death
".
BBC News
. Besoek op 29 Februarie 2008.
- Guevara, Ernesto "Che" (1995).
Motorcycle Diaries
. London: Verso Books.
- Guevara, Ernesto "Che" (editor Waters, Mary Alice) (1996).
Episodes of the Cuban Revolutionary War 1956?1958
. New York: Pathfinder.
ISBN 0-87348-824-5
.
- Guevara, Ernesto "Che" (1965). "Che Guevara's Farewell Letter".
- Guevara, Ernesto "Che" (1967a). "English Translation of Complete Text of his
Message to the Tricontinental
"
- Guevara, Ernesto "Che" (1967b).
"Diario (Bolivia)"
. Written 1966?1967.
- Guevara, Ernesto "Che" (editors Bonachea, Rolando E. and Nelson P. Valdes; 1969).
Che: Selected Works of Ernesto Guevara
, Cambridge, Massachusetts: MIT Press.
ISBN 0-262-52016-8
- Guevara, Ernesto (2009).
Che: The Diaries of Ernesto Che Guevara
. Ocean Press.
ISBN
1-920888-93-4
.
- Guevara, Ernesto "Che" (1972).
Pasajes de la guerra revolucionaria
.
- Guevara, Ernesto "Che" (translated from the Spanish by Patrick Camiller; 2000).
The African Dream
. New York: Grove Publishers.
ISBN 0-8021-3834-9
.
- Guevara, Ernesto "Che" (2005). "
Socialism and man in Cuba
" (First published March 12, 1965 as "From Algiers, for Marcha. The Cuban Revolution Today").
Che Guevara Reader
. (1997). Ocean Press.
ISBN 1-875284-93-1
- Guevara Lynch, Ernesto (2000).
Aqui va un soldado de America
. Barcelona: Plaza y Janes Editores, S.A.
ISBN 84-01-01327-5
.
- Hall, Kevin (2004). "
In Bolivia, Push for Che Tourism Follows Locals' Reverence
Geargiveer
21 November 2007 op
Wayback Machine
".
Common Dreams
. commondreams.org. Besoek op 15 November 2008.
- Haney, Rich (2005).
Celia Sanchez: The Legend of Cuba's Revolutionary Heart
. New York: Algora Pub.
ISBN 0-87586-395-7
.
- Hari, Johann
(6 Oktober 2007). "
Johann Hari: Should Che be an icon? No
Geargiveer
23 Mei 2012 op
Wayback Machine
".
The Independent
.
- Hart, Joseph (2004).
Che: The Life, Death, and Afterlife of a Revolutionary
. New York: Thunder's Mouth Press.
ISBN 1-56025-519-6
.
- Ramonez, Ignacio (2007). Translated by Andrew Hurley.
Fidel Castro: My Life
London: Penguin Books.
ISBN 978-0-14-102626-8
- Ireland's Own (August 12, 2000).
From Cuba to Congo, Dream to Disaster for Che Guevara
. Besoek op 11 Januarie 2006.
- Kellner, Douglas (1989).
Ernesto “Che” Guevara (World Leaders Past & Present)
. Chelsea House Publishers (Library Binding edition). p. 112.
ISBN
1-55546-835-7
.
- Kornbluh, Peter
(1997).
Electronic Briefing Book No. 5
. National Security Archive. Besoek op 25 Maart 2007.
- Lacey, Mark (26 Oktober 2007). "
Lone Bidder Buys Strands of Che's Hair at U.S. Auction
".
New York Times
.
- Lacey, Mark (9 Oktober 2007). "
A Revolutionary Icon, and Now, a Bikini
".
The New York Times
.
- Lago, Armando M (September 2005). "
216 Documented Victims of Che Guevara in Cuba: 1957 to 1959
PDF
(24.8 KB)
".
Cuba: the Human Cost of Social Revolution
. (Manuscript pending publication.) Summit, New Jersey: Free Society Project.
- Lavretsky, Iosif
(1976).
Ernesto Che Guevara
. translated by A. B. Eklof. Moscow: Progress. p. 5.
OCLC
22746662
. ASIN B000B9V7AW.
- McLaren, Peter (2000).
Che Guevara, Paulo Freire, and the Pedagogy of Revolution
. Rowman & Littlefield.
ISBN
0-8476-9533-6
.
- Mittleman, James H (1981).
Underdevelopment and the Transition to Socialism ? Mozambique and Tanzania
. New York: Academic Press.
ISBN 0-12-500660-8
- Moynihan, Michael. "Neutering Sartre at Dagens Nyheter".
Stockholm Spectator
. Besoek op 26 Februarie 2006.
- Murray, Edmundo
(November-December 2005). "
Guevara, Ernesto [Che] (1928?1967)
".
Irish Migration Studies in Latin America
(www.irlandeses.org).
- Che Guevara, by Frank Niess, Haus Publishers Ltd, 2007,
ISBN 1-904341-99-3
- Niwata, Manabu, Mainichi correspondent (14 Oktober 2007).
[https://web.archive.org/web/20090215141505/http://www.hdrjapan.com/japan/japan-news/aide-reveals-che-guevara%27s-secret-trip-to-hiroshima/ Geargiveer
15 Februarie 2009 op
Wayback Machine
Aide reveals Che Guevara's secret trip to Hiroshima]
. HDR Japan.
- O'Hagan, Sean (July 11, 2004). "
Just a pretty face?
".
The Guardian
. Besoek op 25 Oktober 2006.
- Radio Cadena Agramonte, "
[https://web.archive.org/web/20090418032227/http://www.cadenagramonte.cubaweb.cu/historia/cuartel_bayamo.asp Geargiveer
18 April 2009 op
Wayback Machine
Ataque al cuartel del Bayamo]". Besoek op 25 Februarie 2006.
- Ramirez, Dariel Alarcon (1997).
Le Che en Bolivie
. Paris: Editions du Rocher.
ISBN
2-268-02437-7
.
- Ramonez, Ignacio (2007). Translated by Andrew Hurley.
Fidel Castro: My Life
London: Penguin Books.
ISBN 978-0-14-102626-8
- Ratner, Michael (1997).
Che Guevara and the FBI: The U.S. Political Police Dossier on the Latin American Revolutionary
. Ocean Press.
ISBN
1-875284-76-1
.
- Rodriguez, Felix I.
and John Weisman (1989).
Shadow Warrior/the CIA Hero of a Hundred Unknown Battles
. New York: Simon & Schuster.
ISBN 0-671-66721-1
.
- Ryan, Henry Butterfield (1998).
The Fall of Che Guevara: A Story of Soldiers, Spies, and Diplomats
. New York: Oxford University Press.
ISBN 0-19-511879-0
.
- Sandison, David (1996).
The Life & Times of Che Guevara
. Paragon.
ISBN
0-7525-1776-7
.
- Schipani, Andres (September 23, 2007). "
The Final Triumph of Saint Che
".
The Observer
. (Reporting from La Higuera.)
- Selvage, Major Donald R. ? USMC (April 1, 1985).
Che Guevara in Bolivia
. Globalsecurity.org. Besoek op 5 Januarie 2006.
- Sinclair, Andrew (1968).
Viva Che!: The Strange Death and Life of Che Guevara
. Sutton publishing.
ISBN
0-7509-4310-6
.
- Snow, Anita (8 Oktober 2007). "
Castro Pays Homage to Che Guevara
".
ABC News
.
- Taibo II, Paco Ignacio (1999).
Guevara, Also Known as Che
. St Martin's Griffin. 2nd edition. p. 691.
ISBN
0-312-20652-6
.
- Time Magazine (12 Oktober 1970). "
[https://web.archive.org/web/20130826060200/http://www.time.com/time/printout/0,8816,942333,00.html Geargiveer
26 Augustus 2013 op
Wayback Machine
Che: A Myth Embalmed in a Matrix of Ignorance]".
- Time Magazine cover story (August 8, 1960). "
[https://web.archive.org/web/20070217195935/http://www.time.com/time/printout/0,8816,869742,00.html Geargiveer
17 Februarie 2007 op
Wayback Machine
Castro's Brain]".
- U.S. Army (April 28, 1967).
Memorandum of Understanding Concerning the Activation, Organization and Training of the 2d Ranger Battalion ? Bolivian Army
. Besoek op 19 Junie 2006.
- U.S. Department of State.
Foreign Relations, Guatemala, 1952?1954
. Office of Electronic Information, Bureau of Public Affairs. Besoek op 29 Februarie 2008.
- Vargas Llosa, Alvaro
(July 11, 2005). "
The Killing Machine: Che Guevara, from Communist Firebrand to Capitalist Brand
".
The Independent Institute
. Besoek op 10 November 2006.
- "World Combined Sources" (2 Oktober 2004). "
[https://web.archive.org/web/20090527011514/http://www.pww.org/article/view/5880/1/234 Geargiveer
27 Mei 2009 op
Wayback Machine
Che Guevara remains a hero to Cubans]".
People's Weekly World
.
- Wright, Thomas C. (2000).
Latin America in the Era of the Cuban Revolution
. Praeger.
ISBN
0-275-96706-9
.
Eksterne skakels