한국   대만   중국   일본 
Charles Nungesser - Wikipedia Gaan na inhoud

Charles Nungesser

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Charles Nungesser
Charles Nungesser

Geboortedatum 15 Maart 1892
Geboorteplek Parys , Frankryk
Sterfdatum 8 Mei 1927
Sterfplek Iewers in Atlantiese Oseaan
Lojaliteit Vlag van Frankryk  Frankryk
Diens/Tak Franse lugarm
Jare in diens 1914?1918
Rang Kaptein
Eenheid Escadrille 65 , V106, V116
Veldslae/oorloe Eerste Wereldoorlog
Toekennings
  • Legion d'honneur
  • Croix de guerre with 28 Palmes
  • Medaille militaire
  • Croix de guerre
  • Croix de la Couronne de Leopold (Belgie)
  • Distinguished Service Cross (VSA)
  • Croix de guerre (Portugal)
  • Cross of Karageorgevitch (Rusland)
  • Cross of Bravery (Serbie) [1]

Charles Eugene Jules Marie Nungesser (15 Maart 1892 ? 8 Mei 1927) was 'n Franse bobaasvlieenier tydens die Eerste Wereldoorlog en was die derde beste Franse bobaasvlieenier met 45 oorwinnings teen die einde van die oorlog. Terwyl hy in Suid-Amerika aan motorwedrenne deelgeneem het, het hy geleer hoe om te vlieg. Hy keer terug na Frankryk in 1914 en sluit by die Franse Leer aan. Hy kry 'n oorplasing na die Franse Lugarm en in 1915 het hy verkenningsvlugte gedoen. In November 1915 kry hy 'n oorplasing na 'n vegter eskader en begin bou aan sy totaal van 45 oorwinnings. Die meeste hiervan word gedoen in 'n Nieuport vliegtuig met sy gunsteling skull and crossbones motief op. Op 29 Januarie 1916 was hy betrokke in 'n ernstige ongeluk en breek altwee sy bene, nogtans vlieg hy weer binne twee maande. Hy was verskeie kere gewond en tussen verskeie ongelukke en besoeke aan die hospitaal verbeter hy sy oorwinnings, teen Desember 1916 was dit 21.

Op 'n dag word 'n boodskap deur 'n Duitse vliegtuig by 'n lughawe neergegooi waarin Nungesser vir 'n vliegtuig tweegeveg uitgedaag word. Hy aanvaar die uitdaging, arriveer op die aangewese punt waar ses Duitse vliegtuie hom voorle. Hy skiet twee af en die ander vier vlug. Op dieselfde dag word hy deur 'n Britse vlieenier aangeval wat ooglopend probleme met uitkenning gehad het. Die vlieenier hou aan en Nungesser skiet hom teesinnig af. Teen die middel van Augustus 1917 was hy fisies so swak weens uitputting, wonde en ongelukke dat hy na sy vliegtuig gedra moes word. Hy hou uit tot aan die einde van die oorlog.

Hy verdwyn in 1927 terwyl hy van Frankryk na Amerika gevlieg het.

Bron [ wysig | wysig bron ]

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. Nieuport Aces of World War 1 . p. 57.