한국   대만   중국   일본 
Chamorro - Wikipedia Gaan na inhoud

Chamorro

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Chamorro
Finu' Chamoru
Gepraat in: Vlag van Verenigde State van Amerika  Verenigde State
Gebied: Mariana-eilande
Totale sprekers: 64 300 [1]
Taalfamilie : Austronesies
  Maleis-Polinesies
   Kern-Maleis-Polinesies
    Soenda-Sulawesi
     Chamorro  
Skrifstelsel: Latynse alfabet  
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Verenigde State van Amerika  Verenigde State
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1 : ch
ISO 639-2 : cha
ISO 639-3 : cha  
Verspreiding van Chamorro

Chamorro ( Finu' Chamoru ) is 'n Maleis-Polinesiese taal wat saam met Engels die amptelike tale van die twee eilandgebiede van die Verenigde State , Guam en die Noordelike Mariana-eilande , vorm. Die tekste van Guam en die Noordelike Mariana-eilande se volksliedere , Fanohge Chamoru en Gi Talo Gi Halom Tasi onderskeidelik, is in Chamorro.

Verspreiding van Chamorro in die Verenigde State

Hoewel die Mariana-eilande tot Mikronesie behoort, is Chamorro nader verwant aan die tale van die Filippyne , Indonesie en Maleisie . Taalkundiges klassifiseer Chamorro as 'n Austronesiese taal wat net een van twee inheemse tale van Mikronesie is, wat nie tot die Oseaniese tak van die taalfamilie behoort nie, die ander is Palauaans . Die meeste taalkundiges stem ooreen dat Chamorro en Palauaans tot die Soenda-Sulawesi-taalgroep behoort en daarmee verwant is aan tale soos Balinees , Bandjarees , Indonesies / Maleis , Javaans , Madoerees , Minangkabau en Soendanees . Dit is ietwat minder verwant aan Filippynse tale soos Cebuano en Tagalog ( Filippyns ) en het daarnaas nog 'n los verbintenis met Malgassies in Madagaskar .

Chamorro het sowat 64 300 moedertaalsprekers , waarvan die meeste op Guam, gevolg deur die Noordelike Mariana-eilande. Daarbenewens word Chamorro deur emigrante in die Verenigde State gepraat, veral in die deelstaat Hawaii en ander deelstate langs die weskus.

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Chamorro" (in Engels). Ethnologue . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2019 . Besoek op 31 Augustus 2018 .

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]

Wikipedia
Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Chamorro