in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
- Hierdie artikel handel oor die park in Manhattan. Vir die gebou in Perth, sien
Central Park (gebou)
.
Central Park
is 'n openbare park in die hartjie van
Manhattan
in
New York Stad
. Dit bevat onder andere
damme
, 'n
kasteel
, ’n
dieretuin
, konsertverhoog en opelugteater, waar
Shakespeare
-dramas in die somer opgevoer word.
[1]
Ongeveer 35 miljoen mense besoek die park jaarliks, wat dit die mees besoekte park in die
VSA
maak.
[2]
Die langwerpige park strek oor 4 kilometer van 59ste tot 110de Straat en het 'n totale oppervlakte van 341 hektaar. Dit het 16 jaar geneem om die park aan te le, waartydens nagenoeg 500 000 bome en plante geplant is. In 1965 is die park amptelik as 'n historiese monument en in 1974 as 'n stedelike monument verklaar. Die park word deur die
Central Park Conservancy
, 'n
organisasie sonder winsoogmerk
, in samewerking met die New York Stad se
Department of Parks and Recreation
, bestuur.
Die park is deur Frederick Law Olmsted en Calvert Vaux ontwerp. Hoewel dele van die park natuurlik lyk, is dit volledig deur mensehande aangele. Dit bevat verskeie ontwerpte mere, 'n uitgebreide net van wandelpaaie, twee ysskaatsbane, 'n
roeidam
, 'n dierebegraafplaas, oop grasgebiede (wat vir die beoefening van verskillende
sporte
en ligte weiding benut word) en talle speelruimtes. Die park is 'n veelbesoekte rusplek vir
trekvoels
en daarom ook gewild onder
voelkykers
. Die 10 kilometer pad om die park is gewild onder drawwers,
fietsryers
en skaatsplankryers, veral oor naweke en na 19:00 saans, as die motorverkeer uit die park verban word.
Koordinate
:
40°46′44″N
73°58′3″W
/
40.77889°N 73.96750°W
/
40.77889; -73.96750