in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Cecil Aronowitz
(1916?1978) was 'n
Suid-Afrikaansgebore
altviolis
van Russies-Litause afkoms. In 1950 vorm hy die Melos Ensemble, wat tydens die premiere van
Benjamin Britten
se
War Requiem
debuteer. Britten het
Curlew River
(1964) en Lachrymae (1976) spesifiek vir hom gekomponeer. In 1976 lewer hy en sy vrou, die pianis Nicola Grunberg, die eerste openbare uitvoering van
Dmitri Sjostakowitsj
se "
Sonate vir altviool en klavier
" buite
Rusland
.
[1]
Aronowitz is op
4 Maart
1916
in
King William’s Town
gebore. In 1933 begin hy viool by Stirling Robbins in
Durban
studeer.
[2]
Twee jaar later vertrek hy op 'n oorsese studiebeurs na
Engeland
om sy studies aan die
Royal College of Music
in
Londen
voort te sit. In 1939 is sy studies deur die
Tweede Wereldoorlog
onderbreek en dien hy die volgende ses jaar in die weermag. Toe hy na Engeland teruggekeer, het hy na die altviool oorgeskakel.
Hy sterf op
7 September
1978
in
Ipswich
,
Engeland
nadat hy die vorige dag 'n
beroerte
tydens 'n opvoering gehad het.
[2]