한국   대만   중국   일본 
The Bronx - Wikipedia Gaan na inhoud

The Bronx

Koordinate : 40°50′14″N 73°53′10″W  /  40.83722°N 73.88611°W  / 40.83722; -73.88611
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Bronx )
The Bronx
Borough
'n Uitsig oor The Bronx met die Yankee-stadion in die sentrum
'n Uitsig oor The Bronx met die Yankee-stadion in die sentrum
Vlag van The Bronx
Vlag
Amptelike seël van The Bronx
Seel
Leuse(s): 
Ne cede malis
Kaart van New York wat The Bronx in oranje aandui.
Kaart van New York wat The Bronx in oranje aandui.
Koordinate: 40°50′14″N 73°53′10″W  /  40.83722°N 73.88611°W  / 40.83722; -73.88611
Land Vlag van Verenigde State van Amerika  Verenigde State
Deelstaat New York
County Bronx
Stad New York
Stigting 1898
Genoem na Jonas Bronck
Regering
 ? Tipe Borough (Stadsdeel)
 ? President van die Stadsdeel Ruben Diaz, Jr. (D)
 ? Prokureur van die Distrik Darcel Clark
Oppervlak
 ? Totaal 150 km 2 (57 vk. myl)
 ? Land 110 km 2 (42 vk. myl)
 ? Water 40 km 2 (15 vk. myl)
Hoogte
90 m (280 ft)
Bevolking
 ? Totaal 1 455 720
 ? Digtheid 13 379,8/km 2 (34 653,4/vk. myl)
Tydsone UTC-5 (OST)
 ?  Somertyd UTC-4 (ODT)
Poskode
104
Skakelkodes 718/347/929, 917
Webwerf www.bronxboropres.nyc.gov

The Bronx is die mees noordelike stadsdeel ( Engels : borough ) en een van vyf munisipaliteite van New York . Dit het 'n geskatte bevolking van 1 455 720 in 2016 gehad en 'n oppervlakte van 150 km². Dit grens aan Manhattan in die suide. Die stadsteel is na Jonas Bronck genoem.

The Bronx word deur die Bronxrivier verdeel in ’n heuwelagtige deel in die weste en ’n platter oostelike deel. Oos en wes se straatname word verdeel deur Jeromelaan ? ’n uitbreiding van Manhattan se Fifth Avenue . The West Bronx is in 1847 by New York ingelyf en die dele oos van die Bronxrivier in 1895. [2] Die Bronxdistrik is in 1914 van die distrik New York geskei. [3]

Sowat ’n kwart van die Bronx-gebied is oop ruimtes, [4] insluitende die Woodlawn-begraafplaas, Van Cortlandt-park, Pelham Bay-park, die New Yorkse Botaniese Tuin en die Bronx-dieretuin in die noorde en middel van die munisipaliteit. Hierdie oop gebiede kom voor op grondgebied wat laat in die 19de eeu met opset uitgehou is terwyl stedelike uitbreiding van Manhattan af noord- en ooswaarts voortgeduur het.

The Bronx is ook waar die Yankee-stadion (waar die New York Yankies bofbal speel) gelee is. Die persepsie bestaan dat dit ’n arm deel van die stad is waar misdaad hoogty vier, maar dis nie in die hele Bronx die geval nie. [5]

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. "Counties Population Totals Tables: 2010-2016, Annual Estimates of the Resident Population for Counties: April 1, 2010 to July 1, 2016" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 September 2017 . Besoek op 15 September 2017 .
  2. Lloyd Ultann, Bronx Borough Historian, "History of the Bronx River," Geargiveer 19 Junie 2019 op Wayback Machine Paper presented to the Bronx River Alliance, November 5, 2002 (notes taken by Maarten de Kadt, November 16, 2002), besoek op 29 Augustus 2008.
  3. On the start of business for Bronx County: Bronx County In Motion. New Officials All Find Work to Do on Their First Day. The New York Times , 3 Januarie 1914 ( PDF Besoek op 26 Junie 2008)
  4. Ladies and gentlemen, the Bronx is blooming! deur Beth J. Harpaz, reisredakteur van Associated Press (AP), 30 Junie 2008, besoek op 11 Julie 2008 Geargiveer 1 Mei 2011 op Wayback Machine
  5. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]