in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Bridgette Hartley
(gebore op
1 Julie
1983
) is 'n
Suid-Afrikaanse
kanovaarder
. Sy is verbonde aan TuksSport by die
Universiteit van Pretoria
.
[1]
Hartley se eerste Olimpiese Spele was die
Somerspele van 2008
in
Beijing
. Hier neem sy aan die 500 m-wedvaart (K-2) deel, maar word reeds in die halfeindronde uitgeskakel.
Sy wen haar eerste brons medalje met die 1000 m-wedvaart (K-1) in 2009 by die
ICF Canoe Sprint World Championships
in
Dartmouth
,
Kanada
. Hiermee word sy die eerste persoon van beide Suid-Afrika en Afrika om 'n medalje tydens die kampioenskappe in te palm.
Sy wen 'n nog bronsmedalje tydens die
Olimpiese Somerspele van 2012
in
Londen
in die eindstryd van die 500 m-wedvaart (K1) vir vroue.