in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Brian Lara
|
|
Brian Lara in 2012
|
Volle naam
|
Brian Charles Lara
|
Gebore
|
2 Mei 1969
(
1969-05-02
)
(55 jaar oud)
Santa Cruz,
Trinidad en Tobago
|
Lengte
|
1,73 m
|
Kolfstyl
|
Linkshandig
|
Boulstyl
|
Regterarm wegbreker
|
Rol
|
Kolwer
|
Familie
|
Darren Bravo
(neef)
|
Internasionale geskiedenis
|
Nasionale span
|
Wes-Indie
|
Toetsdebuut
(no
196
)
|
6 Desember 1990 v
Pakistan
|
Laaste Toets
|
27 November 2006 v
Pakistan
|
EDI debuut
(no
59
)
|
9 November 1990 v
Pakistan
|
Laaste EDI
|
21 April 2007 v
Engeland
|
EDI hempno.
|
9
|
Eersterangse spaninligting
|
Jaar(e)
|
Span
|
1987?2008
|
Trinidad en Tobago
|
1992?1993
|
Transvaal
|
1994?1998
|
Warwickshire
|
2010
|
Southern Rocks
|
Loopbaanstatistiek
|
Kompetisie
|
Toets
|
EDI
|
1ste rang
|
A-lys
|
Wedstryde
|
131
|
299
|
261
|
429
|
Lopies aangeteken
|
11 953
|
10 405
|
22 156
|
14 602
|
Kolfgemiddeld
|
52.88
|
40.48
|
51.88
|
39.67
|
100s/50s
|
34/48
|
19/63
|
65/88
|
27/86
|
Hoogste telling
|
400*
|
169
|
501*
|
169
|
Aflewerings geboul
|
60
|
49
|
514
|
130
|
Paaltjies
|
?
|
4
|
4
|
5
|
Boulgemiddeld
|
?
|
15.25
|
104.00
|
29.80
|
5 paaltjies in 'n kolfbeurt
|
?
|
0
|
0
|
0
|
10 paaltjies in 'n wedstryd
|
?
|
0
|
0
|
0
|
Beste boulontleding
|
?
|
2/5
|
1/1
|
2/5
|
Vangskote/Stonkings
|
164/?
|
120/?
|
320/?
|
177/?
|
Bron:
ESPNcricinfo
, 4 Februarie 2012
|
Brian Charles Lara
(gebore
2 Mei
1969
) is 'n voormalige internasionale
krieketspeler
van
Trinidad
, wat algemeen erken word as een van die grootste kolwers van alle tye. Hy was by verskeie geleenthede boaan die toetskolfranglys en hou verskeie krieketrekords, insluitend die rekord vir die hoogste individuele telling in
eersterangse krieket
, met 501 nie uit nie vir Warwickshire teen Durham by
Edgbaston
in 1994, wat die enigste vyfhonderdtal in eersterangse krieketgeskiedenis is. Hy het onder meer tydens die
Krieketwereldbeker 1992
,
Krieketwereldbeker 1996
,
Krieketwereldbeker 1999
,
Kampioenetrofee 2002
,
Krieketwereldbeker 2003
,
Kampioenetrofee 2004
en
Krieketwereldbeker 2007
vir
Wes-Indie
gespeel.
Lara hou ook die rekord vir die hoogste individuele telling in 'n toetsbeurt nadat 400 lopies nie uit nie by Antigua aangeteken het tydens die vierde toets teen
Engeland
in 2004. Lara het ook die rekord gehou van die hoogste aantal lopies in 'n enkele boulbeurt in 'n toetswedstryd vir 18 jaar toe hy 28 lopies aangeteken het in 'n boulbeurt deur
Robin Peterson
van Suid-Afrika in 2003 (in 2022 deur
Jasprit Bumrah
verbygesteek).
Lara se wedstrydwennende vertoning van 153 nie uit nie teen
Australie
in
Bridgetown
,
Barbados
, in 1999, is deur
Wisden
as die tweede beste kolfvertoning in die geskiedenis van
toetskrieket
aangewys, naas die 270 lopies wat deur
Donald Bradman
in
die As
aangeteken is in 'n toetswedstryd van 1937.
Muttiah Muralitharan
het Lara as sy moeilikste teenstander onder alle kolwers in die wereld beskou. Lara is in 1994 en 1995 bekroon met die Wisden Leading Cricketer en is ook een van slegs drie krieketspelers wat die
BBC
Oorsese Sportpersoonlikheid van die Jaar ontvang het, die ander twee is
Garfield Sobers
en
Shane Warne
.
Brian Lara is op 27 November 2009 as erelid van die Orde van Australie aangestel. In September 2012 is hy opgeneem in die IKR se Heldesaal. In 2013 het Lara Lewenslange Erelidmaatskap van die Marylebone-krieketklub ontvang en die 31ste Wes-Indier geword wat die eerbewys ontvang het.
Brian Lara word in die volksmond die bynaam "The Prince of Port of Spain" of bloot "The Prince" genoem. Hy het die twyfelagtige onderskeiding om in die tweede-grootste aantal toetswedstryde (63) te speel waarin sy span aan die verloorkant was, net agter
Shivnarine Chanderpaul
(68).
[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]