Breda

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Breda


Kaart Wapen
Vlag
  Land Vlag van Nederland  Nederland
  Administratiewe gewes Noord-Brabant
  Koordinate 51°34′N 4°48′O  /  51.567°N 4.800°O  / 51.567; 4.800
  Stigting 1080
  Oppervlakte:  
 - Totaal 129,15 vk km
  Hoogte bo seevlak 0 m
  Bevolking:  
 - Totaal (2011) 174 544
 - Bevolkingsdigtheid 1 377/vk km
  Tydsone CET (UTC+1)
 - Somertyd CEST (UTC+2)
  Burgemeester (party) Paul Depla ( PvdA )
  Amptelike webwerf www.breda.nl
  Wikimedia Commons Breda

Breda is 'n stad en munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Noord-Brabant . Die munisipale gebied het sowat 175 000 inwoners (2011) en 'n oppervlakte van 129 km².

Die munisipaliteit Breda sluit naas die stad self ook die dorpe Bavel, Prinsenbeek, Teteringen en Ulvenhout in. Breda is gelee op die belangrike handelswee Rotterdam - Antwerpen en Amsterdam - Utrecht - Antwerpen . Dit het ook 'n treinstasie op die nuwe hoesnelheidslyn HSL-Zuid, van Parys oor Brussel en Antwerpen na Rotterdam en Amsterdam .

Breda beskik oor 'n historiese sentrum met talle historiese geboue. Die Grote Markt is die sentrale punt van die stad. Behalwe talryke kafees en restourante word hier ook die Oude Stadhuis en die Grote of Onze Lieve Vrouwekerk aangetref. Die stadskasteel uit die 17de eeu huisves die Koninklijke Militaire Academie . Aan die suidekant van die stad is die Kasteel Bouvigne .

Tot 1795 was die burgers van Breda onderdane van die Baron van Breda, wat tegelykertyd Graaf van Nassau was. Die stad is sedert 1853 die setel van 'n Biskop in die Rooms-Katolieke Kerk .

Breda het 'n gewilde Eredivisie sokkerspan : NAC Breda (hierdie klub het die tweede langste naam vir 'n sokkerklub ter wereld).

Die stad Breda se naam is ook verleen aan Bredasdorp in Suid-Afrika , wat vernoem is na Michiel van Breda .

Geboortes [ wysig | wysig bron ]

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]