in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
London boroughs
is die amptelike
Engelse
vakterm vir die 32 stadsdistrikte waarin
Groter Londen
vir administratiewe doeleindes verdeel word. Elkeen van die distrikte word deur 'n distriksraad of
borough council
bestuur.
Londen se distrikte is almal op 1 April 1965 volgens die Wet op die Londense regering van 1963 as plaaslike regeringsliggame gevorm, tegelykertyd met Groter Londen, toe vroeere administratiewe eenhede saamgesmelt is. Twaalf van die distrikte, wat in die middestad van Londen gelee is, word amptelik
Inner London boroughs
genoem, terwyl na die twintig distrikte in die buitewyke van die
Britse
hoofstad as
Outer London boroughs
verwys word. Die grense van stadsdistrikte is sindsdien twee keer hersien ? in 1987 en 1992 is daar klein wysigings aangebring.
Die bevolkingsgetalle van Londense stadsdistrikte varieer tussen sowat 150 000 en 300 000 en staan sodoende gelyk aan die van tipiese Engelse stede. Distrikte in die binnestad is gewoonlik kleiner as die in die buitewyke, sowel ten opsigte van hul bevolkingsgetal asook hul oppervlakte, maar word deur 'n hoer
bevolkingsdigtheid
gekenmerk.
Londen se
boroughs
en hul rade oefen administratiewe gesag oor die gebied van Groter Londen uit ? met uitsondering van die
City of London
wat deur die
City of London Corporation
('n liggaam wat lank voor die stigting van die
boroughs
bestaan het) en die
Inner
en
Middle Temples
geadministreer word. Die twee
Temples
is selfstandige enklawes in die
City
wat om historiese redes nie deur die
City of London Corporation
geadministreer word nie.
Vanaf die middel van die 1930's was daar vier verskillende tipes van plaaslike regeringsliggame:
county boroughs
,
municipal boroughs
, stedelike distrikte (
urban districts
) en metropolitaanse boroughs (
metropolitan boroughs
). Die uitgestrekte
county boroughs
het alle plaaslike regeringsdienste verskaf en oor dieselfde bevoegdhede beskik soos graafskapsrade (
county councils
).
Municipal boroughs
en stedelike distriksliggame het in vergelyking daarmee minder bevoegdhede gehad.
Wat die situasie nog ingewikkelder gemaak het, was dat graafskapsrade bevoegdhede soos laerskoolonderwys en biblioteeksdienste aan ander liggame soos distriksrade en rade van
municipal boroughs
kon oordra ? 'n beleid wat dan ook stuksgewys toegepas is. Die hervorming van Londen se plaaslike regeringstelsel was 'n poging om die aangeleenthede te reguleer.
Die Koninklike Kommissie vir Plaaslike Regering in Groter Londen (
Royal Commission on Local Government in Greater London
) is in 1957 in die lewe geroep en sy verslag op 19 Oktober 1960 gepubliseer. Dit het voorgestel om 52
Greater London Boroughs
te vorm met 'n bevolking van tussen 100 000 en 250 000. Die nuwe administratiewe eenhede was 'n mengsel van bestaande distrikte, samesmeltings van twee of drie gebiede, en twee nuwe
boroughs
wat met die opsplitsing van 'n vroeere distrik gevorm is. In Desember 1961 het die regering voorgestel om die getal boroughs liewer tot 34 te verminder en begin om hulle grense af te baken. Die getal
boroughs
is in 1962 verder verminder tot 32.