Bonnievale

Koordinate : 33°55′39″S 20°6′2″O  /  33.92750°S 20.10056°O  / -33.92750; 20.10056
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Bonnievale
Die ou spoorwegstasie op Bonnievale
Die ou spoorwegstasie op Bonnievale
Bonnievale is in Wes-Kaap
Bonnievale
Bonnievale
 Bonnievale se ligging in Wes-Kaap
Koordinate: 33°55′39″S 20°6′2″O  /  33.92750°S 20.10056°O  / -33.92750; 20.10056
Land Vlag van Suid-Afrika  Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distrik Kaapse Wynland
Munisipaliteit Langeberg
Stigting 1922
Oppervlak
 ? Totaal 27,07 km 2 (10,45 vk. myl)
Bevolking
  (2011) [1]
 ? Totaal 9 092
 ? Digtheid 336/km 2 (870/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 ?  Wit mense 10.7%
 ?  Indiers/Asiers 0.2%
 ?  Bruin mense 75.3%
 ?  Swart mense 11.1%
 ?  Ander 2.7%
Taal (2011)
 ?  Afrikaans 89.7%
 ?  Xhosa 6.0%
 ?  Engels 1.7%
 ?  Suid-Sotho 1.3%
 ?  Ander 2.2%
Skakelkode 023

Bonnievale is 'n dorp in die Wes-Kaap , Suid-Afrika , en is in 1922 gestig. In 2011 het die dorp 'n bevolking van 9 092 gehad, waarvan 974 (10,7%) Blank was. [1]

Geskiedenis [ wysig | wysig bron ]

Die dorp is gestig nadat Christopher Rigg 'n stuk grond langs die Breederivier gekoop het met geld wat hy op die Barbertonse goudvelde verdien het. Die grond was oorspronklik bekend as Bosjesmansdrift. Hy het 'n besproeiingskanaal vanuit die rivier aangele.

In 1902 is daar 'n spoorweghalte naby die dorp gebou op die Kaapstad ? Port Elizabeth -spoorlyn met die naam van Vale. Rigg het sy grond onderverdeel, die erwe verkoop en die dorp Bonnievale genoem na die stasie. In 1917 het die stasie ook die naam aangeneem.

Wapen [ wysig | wysig bron ]

Bonnievale se munisipale raad het in 1961 'n wapen by die Kaapse Provinsiale Administrasie geregistreer: In silwer, twee golwende blou pale vergesel van twee druiwetrosse van natuurlike kleur; 'n hoekige rooi skildhoof belaai met nege goue pennings geplaas 5 en 4 . Die helmteken was 'n goue gaande griffioen, en die wapenspreuk "Diens - toewyding - geloof". [2]

Distrik [ wysig | wysig bron ]

Die distrik is bekend vir sy muskadelwyne, sjerrie en brandewyn . Geelperskes, appelkose en kaas word ook verbou in die distrik. Daar is drie kooperatiewe wynkelders in die distrik.

Noemenswaardige boorlinge [ wysig | wysig bron ]

Sien ook [ wysig | wysig bron ]

Bronne [ wysig | wysig bron ]

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 "Hoofplek Bonnievale" . Sensus 2011 .
  2. Kaap die Goeie Hoop Offisiele Koerant 3088 (30 Junie 1961).