Beringsee

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Beringsee

’n Nasa -satellietfoto van die Beringsee ? Alaska is regs bo en Rusland links bo

Die Beringsee en die noordelike Stille Oseaan
Koordinate : 58°N 178°O  /  58°N 178°O  / 58; 178 Koordinate : 58°N 178°O  /  58°N 178°O  / 58; 178
Ligging: Siberie ( Rusland ), Alaska ( Verenigde State
Soort: See van die Stille Oseaan
Oppervlakte : 2 000 000 km² (770 000 myl²)
Invloei: Anadirrivier , Kuskokwimrivier , Yukonrivier
Eiland/e : Karaginski, Kommandeur, Nunivak, Pribilof, Sint Lawrence, Sint Matthew
Nedersettings : Anadir

Die Beringsee is ’n binnesee van die Stille Oseaan . [1] [2] Dit is ’n relatief vlak see.

Die see word deur die Alaska-skiereiland geskei van die Golf van Alaska . Die oppervlakte is meer as 2 000 000 km². Dit word in die ooste en noordooste deur Alaska begrens, in die weste deur Rusland se Verre Ooste en die Kamtsjatka-skiereiland , in die suide deur die Alaska-skiereiland en die Aleoete-eilande en in die verre noorde deur die Beringstraat , wat die Beringsee en die Arktiese Oseaan se Tsjoekotkasee verbind. Die see is genoem na Vitus Bering , ’n Deense navigator in Russiese diens wat in 1728 die eerste Europeer was wat dit stelselmatig verken het.

Die Beringsee- ekostelsel sluit bronne van Amerika en Rusland in, sowel as van internasionale waters. [3] Die interaksie tussen strome, see-ys en weer maak dit ’n lewendige en produktiewe ekostelsel.

Geskiedenis [ wysig | wysig bron ]

Die meeste wetenskaplikes glo die seevlak was so laag tydens die laaste glasiale tyd dat mense en diere per voet van Asie na Noord-Amerika kon migreer oor wat nou bekend is as die Beringstraat. Daar word algemeen na verwys as die Beringlandbrug , en sommige glo dit is die manier waarop die eerste mense die Amerikas binnegegaan het.

Biodiversiteit [ wysig | wysig bron ]

Baie bedreigde spesies walvisse kom hier voor, onder meer die blouwalvis , rorkwal , seiwalvis , bultrugwalvis , potvis en die skaarsste soort in die wereld, die noordelike Stille Oseaan-noordkapper . Ander seesoogdiere sluit in die walrus , sterseeleeu , noordelike seebeer , witdolfyn , moordvis en ysbeer .

Die Beringsee is baie belangrik vir die seevoels van die wereld. Meer as 30 spesies en sowat 20 miljoen individuele voels broei in die streek. Seevoelspesies sluit in die kuifpapegaaiduiker , die bedreigde kortstertalbatros , brileend en klipmeeu . Baie van die spesies is uniek aan die streek. Die Beringsee is ook die tuiste van die kuifalk , met tot ’n miljoen individue.

Daar is ook baie visspesies , minstens 419, waarvan baie belangrik is vir kommersiele vissery soos 6 spesies van die Stille Oseaan-salm, die Alaskakoolvis, rooikoningskrap, Pasifiese kabeljou , Pasifiese heilbot en sandvis.

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. ( en ) Fasham, M. J. R. (2003). Ocean biogeochemistry: the role of the ocean carbon cycle in global change . Springer. p. 79. ISBN   978-3-540-42398-0 .
  2. ( en ) McColl, R.W. (2005). Encyclopedia of World Geography . Infobase Publishing. p. 697. ISBN   978-0-8160-5786-3 . Besoek op 26 November 2010 .
  3. ( en ) "North Pacific Overfishing (DONUT)" . Trade Environment Database . American University. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Desember 2016 . Besoek op 13 Augustus 2011 .

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]