in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Bee Gees
|
---|
Die Bee Gees, van links na regs, Barry Gibb, Robin Gibb en Maurice Gibb.
|
Agtergrondinligting
|
---|
Oorsprong
| Douglas
(
Eiland Man
)
|
---|
Genres
| Pop, R&B, Rock, Disco
|
---|
Jare aktief
| 1958?2003
2009?2012
|
---|
Etikette
| Leedon, Festival, Polydor, Atco, RSO, Warner Bros.
|
---|
Assosiasies
| Colin Petersen
Vince Melouney
Geoff Bridgford
Alan Kendall
Dennis Bryon
Blue Weaver
|
---|
Webwerf
| beegees.com
|
---|
|
---|
Lede
| Barry Gibb
Robin Gibb
Maurice Gibb
|
---|
Die
Bee Gees
is
Australiese
popgroep wat groot sukses in die 1960's en 1970’s behaal het. Die groep het bestaan uit die drie Gibbs-broers, Barry, Maurice en
Robin Gibb
. Die Bee Gees se totale verkope was meer as 200 miljoen albums wat hulle in uitgelese geselskap soos
Pink Floyd
en
The Rolling Stones
plaas. Naas
The Beatles
word hulle as die beste Britse liedjieskrywers beskou.
Die groep maak hul deurbraak in 1967 in
Engeland
met die nommer-een treffer,
Massachusetts
. Hulle word veral onthou vir die musiek van die fliek
Saturday Night Fever
, wat hulle self geskryf en gesing het. Met hulle hoe stemme en vibrato- en falsetto-harmoniee het hulle treffers soos
Jive Talkin’
,
Staying Alive
,
How Deep Is Your Love
en
Night Fever
opgelewer.
[1]
Die groep is om die tweeling Robin Gibb (1949?2012, sang) en Maurice Gibb (1949?2003, sang,
baskitaar
en klawerbord) en hul ouder broer Barry Gibb (1946,
kitaar
en sang) gebou. Hulle is almal op die
Maneiland
aan die Britse kus gebore.
In die laat 1950s emigreer hulle na Australie, waar hulle hul musiekloopbaan begin. In Januarie 1967 keer hulle na die
Verenigde Koninkryk
terug, waar hulle roem verwerf. In 1975 trek die broers na
Florida
in die
Verenigde State van Amerika
, waar hulle gewoon en albums opgeneem het.
Maurice is in
2003
oorlede en Robin op
20 Mei
2012
.
[2]
- The Bee Gees Sing And Play.....
(1965)
- Spicks And Specks
(1966)
- Bee Gees First
(1967)
- Horizontal
(1968)
- Rare Precious And Beautiful Vol. 1
(1968)
- Idea
(1968)
- Rare Precious And Beautiful Vol. 2
(1969)
- Odessa
(1969)
- Best Of Bee Gees
(1969)
- Rare Precious And Beautiful Vol. 3
(1970)
- Best Of Bee Gees
(Duitsland, Frankryk, 1970)
- Cucumber Castle
(1970)
- 2 Years On
(1970)
- Trafalgar
(1971)
- Inception Nostalgia
(Duitsland, Frankryk, 1971)
- To Whom It May Concern
(1972)
- Life In A Tin Can
(1973)
- Best Of Bee Gees Vol. 2
(1973)
- Mr. Natural
(1974)
- Main Course
(1975)
- Children Of The World
(1976)
- Bee Gees Gold Vol. 1
(1976)
- Here At Last... Bee Gees... Live
(1977)
- Birth Of Brilliance
(1978)
- Spirits Having Flown
(1979)
- Bee Gees Greatest
(1979)
- Living Eyes
(1981)
- E.S.P.
(1987)
- One
(1989)
- Tales From The Brothers Gibb
(1990)
- Very Best Of Bee Gees
(1990)
- High Civilization
(1991)
- Size Isn`t Everything
(1993)
- Still Waters
(1997)
- One Night Only
(1998)
- Brilliant From Birth
(1998)
- Assault The Vaults
(1998)
- This Is Where I Came In (2001)
- The Record (2001)
- Number Ones (2004)
- ↑
HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑
Beeld
Hulde aan Bee Gees se Robin
. 22 Mei 2012