in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Basiliscus
|
Keiser van die Bisantynse Ryk
|
’n Muntstuk wat Basiliscus uitbeeld.
|
Bewind
|
9 Januarie
475
? Augustus
476
|
Volle naam
|
Flavius Basiliscus Augustus
|
Dinastie
|
Thraciese
|
Oorlede
|
Winter van 476?477
|
Voorganger
|
Zeno
(afgesit)
|
Opvolger
|
Zeno
(herstel)
|
Eggenote
|
Aelia Zenonis
|
Kinders
|
Marcus
|
Basiliscus
(
Latyn
: Flavius Basiliscus Augustus,
Grieks
: Βασιλ?σκο?; d. 476/477) was die
Bisantynse
keiser van 475 tot 476. Hy was ’n lid van die
Thraciese Dinastie
en het keiser geword nadat keiser
Zeno
in ’n opstand uit
Konstantinopel
verdryf is.
Hy was die broer van Verina, die vrou van keiser
Leo I
(457?474). Basiliscus het daarin geslaag om die mag in 475 oor te neem vanwee die ongewildheid van die "barbaar" Zeno. Hy was egter baie ongewild en toe Zeno die mag probeer terugkry, is hy feitlik glad nie teengestaan nie. Hy is gevange geneem en vermoor.
Die stryd tussen Basiliscus en Zeno het voorkom dat hulle tussenbeide getree het om die val van die
Wes-Romeinse Ryk
te keer (in September 476).
Basiliscus se suster Verina het besluit om Zeno se bewind omver te werp en hom met Basiliscus se hulp te vervang met haar minnaar, Patricius. Die samesweerders het opstande gereel in die hoofstad teen die Isauriese keiser; Basiliscus het daarin geslaag om drie generaals, Illus, Trocundes en Strabo, sover te kry om die sameswering te steun.
[1]
In Januarie 475 was Zeno verplig om uit Konstantinopel na Isaurie te vlug.
[2]
Illus en Trocundes is agter hom aangestuur en Zeno het homself in ’n fort toegesluit. Hier het Illus hom omsingel, sy broer Longinus gevange geneem en die as gyselaar aangehou.
[1]
Onmin het egter tussen die samesweerders uitgebreek. Basiliscus het self die troon bestyg en sy suster se minnaar laat vermoor. Hy het ook al die Isauriers in die hoofstad laat doodmaak ? ’n stap wat hom vervreem het van die Isauriese generaals Illus en Trocundes. Zeno het die staatskis saam met hom geneem toe hy vlug en daarom moes Basiliscus hoe belastings hef. Hy het ook die skuld gekry vir ’n groot brand wat verskeie dele van die stad vernietig het.
Met die geheime steun van die senaat en omkoopgeld deur Zeno, het Illus weer van kant verander en sy leer met Zeno s’n verenig. Saam het hulle na Konstantinopel opgeruk. Basiliscus het nog ’n leer gestuur om Zeno te stuit, die keer onder aanvoering van sy nefie Armatus. Hy is egter ook omgekoop en het Zeno se troepe nie gekeer nie. Eindelik moes Basiliscus vlug en in die
Aya Sophia
skuil.
[1]
In Augustus 476 het Zeno Konstantinopel binnegeval nadat die senaat die stad se poorte vir hom oopgemaak het en hy het weer die troon bestyg. Basiliscus het hom oorgegee en hy en sy familie is na ’n fort in
Kappadosie
gestuur, waar hy in ’n droe waterbak toegesluit is om te sterf.
[3]
Hy het net 20 maande lank regeer. Hy is beskryf as ’n goeie generaal, maar stadig om te verstaan en maklik om om die bos te lei.
[4]
- ↑
1,0
1,1
1,2
Williams en Friell, pp. 181?183.
- ↑
Hussey, Joan
(1966).
The Cambridge medieval history, Volume 4
. Cambridge University Press. p. 473.
- ↑
Elton, Hugh (10 Junie 1998).
"Flavius Basiliscus (AD 475?476)"
.
De Imperatoribus Romanis
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2019
. Besoek op
23 Augustus
2006
.
- ↑
Martindale.