in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die oorspronklike
Barnsteenkamer
, 'n kamer wat in opdrag van die
Pruisiese
koning Frederik I met muurversierings uit
barnsteenelemente
vervaardig is, was aanvanklik in die stadskasteel van
Berlyn
ingebou. In 1716 het die Pruisiese koning Frederik Willem I dit aan die
Russiese
tsaar
Pieter die Grote
geskenk. Byna twee eeue lank het die
Katharina-paleis
in
Tsarskoje Selo
naby
Sint Petersburg
die kosbare kamer gehuisves. Vanaf 1942 is die Barnsteenkamer in die
Koningsbergse
Slot vertoon, maar teen die einde van die
Tweede Wereldoorlog
het dit spoorloos verdwyn.
Die gerekonstrueerde Barnsteenkamer word sedert 2003 in die Katharina-paleis vertoon.
Die Barnsteenkamer was oorspronklik vir die Slot Charlottenburg naby Berlyn bestem en is volgens 'n ontwerp van die argitek en beeldhouer Andreas Schluter vervaardig. Die kamer se muurpanele is volledig van baarnsteen gemaak, en mense het na die Barnsteenkamer later as die "Agste wonder van die wereld" verwys.
Die
Deense
barnsteendraaier Gottfried Wolffram was danksy 'n aanbeveling deur koning Frederik IV van Denemarke waarskynlik vanaf 1701 in diens van Frederik I van Pruise in Koningsberg werksaam. In 1706 is die uitvoering van die werk aan die barnsteenmeesters Ernst Schacht en Gottfried Turau uit Danzig (tans
Gdansk
) oorgedra aangesien Wolffram se pryse te hoog geraak het. In 1712 word daar nog eens na die werk verwys, tog is die kamer vermoedelik eers na die afsterwe van Frederik I in 'n kabinet by die Berlynse slot se Wit Saal ingebou.
Die Russiese tsaar Pieter die Grote het die kamer tydens 'n besoek aan die Pruisiese "Soldatekoning" se slot bewonder. Die laasgenoemde het in teenstelling met sy voorganger min belang in kunswerke gestel, maar was destyds eerder op soek na
Lange Kerls
("Lange Kerels" of soldate van rysige gestalte vir sy garde).
Ter geleentheid van die politieke alliansie wat Pruise en Rusland in 1716 gesmee het (Frederik Willem I het die Russiese tsaar as 'n bondgenoot teen die Sweedse koning Karl XII se troepe in Voor-Pommere benodig), het die twee monarge geskenke uitgeruil - Pieter die Grote het die Barnsteenkamer ontvang, Frederik rysige soldate. Pieter se dogter, tsarin
Elisabeth van Rusland
, het die Barnsteenkamer aanvanklik in die
Winterpaleis
te Sint Petersburg laat installeer en later in die Katharina-paleis in Tsarskoje Selo laat inbou. Bartolomeo Francesco Rastrelli, 'n
Italiaanse
argitek in diens van die Russiese tsarehof, het die kamer uitgebou en deur die invoeging van spieelpilasters en vergulde houtsnywerk tot sy uiteindelike grootte verander.