한국   대만   중국   일본 
Bantoetale - Wikipedia Gaan na inhoud

Bantoetale

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Bantoetale
Geografiese
verspreiding:
Afrika suid van die Sahara , meestal Suidelike Halfrond
Genetiese
klassifikasie
:
Niger-Kongo
  Atlanties-Kongo
   Benue-Kongo
    Suidelike Bantoid
     Bantoetale
Onderafdelings:
Sones A-S (geografies)
Suidelike Bantoe
(ongeklassifiseerd): Buya

Verspreiding van Bantoetale (rooi) in Afrika

Die Bantoetale  vorm 'n taalfamilie  wat self deel uitmaak van die Niger-Kongo-taalgroep .

Geografies [ wysig | wysig bron ]

Verspreiding van Bantoetale (donkergeel) ten opsigte van andere Niger-Kongo tale (liggeel)
Die geskatte verspreiding van die 16 Guthrie Bantoe-sones, insluitende die bykomende sone J. Die Jarawantale word in Nigerie gepraat
Verspreiding van Afrikatale

Bantoetale word gepraat in Suid- Kameroen , in die suidooste van Nigerie , Gaboen , Republiek van die Kongo , Demokratiese Republiek van die Kongo , Uganda , Kenia , Tanzanie , Burundi , Rwanda , Angola , Zambie , Malawi , Mosambiek , Zimbabwe , Namibie , Botswana en Suid-Afrika . Deur die bree verspreiding is die Bantoefamilie die mees wyd verspreide taalfamilie in Afrika , met ongeveer 310 miljoen sprekers. Hulle is in die hele Sentraal- en Suider-Afrika versprei en vorm in al daardie lande die mees gebruikte tale, hoewel meestal Engels , Frans , Portugees of Spaans die amptelike tale vorm.

In die noordweste grens die Bantoetale aan die ander Niger-Kongo-tale, in die noordooste aan die Nilo-Sahariese en Afro-Asiatiese tale ( Semitiese en Koesjitiese tale ). In die suidweste vorm die Khoisan-tale 'n enklawe binne die Bantoetale. Vir 'n oorsig sien die artikel Afrikatale .

Taalkundige kenmerke [ wysig | wysig bron ]

In vele westerse tale verander veral die uitgange van woorde ( perd , perde). In die Bantoetale verander meestal die voorvoegsels. Voorbeelde:

  • iemand uit die gebied Buganda heet in die taal Luganda 'n Mu ganda. Die meervoud van 'n Mu ganda is Ba ganda . Die prefix van die woord verander dus: mu- word ba- .
  • iemand uit KwaZulu is 'n umZulu en praat isiZulu . Hy behoort tot die amaZulu -volk.

Die woord Bantoe bestaan self ook uit die meervoudsprefiks ba- en die wortel -ntu  wat persoon beteken in Zoeloe en Xhosa . Bantoe beteken dus mense. Die voorvoegsel vir 'n taal of 'n kultuur is egter si- en nie ba-  nie. Daar is dus 'n beweging om na hierdie taalgroep as Sintoe oftewel Sintoetale te verwys.

Tale [ wysig | wysig bron ]

Die Bantoetaal met die meeste sprekers is Swahili .

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]

  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bantoetale .
  • ( en ) "Bantu languages" . Encyclopædia Britannica . Besoek op 16 Augustus 2019 .
  • Vergelykende Bantoe-aanlynwoordeboek
  • Bantoe-aanlynbronne deur Jacky Maniacky
  • Lys met Bantoetale