in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Augustus
(* 23 September 63 v.C. as Gaius Octavius in
Rome
; later deur sommige skrywers as aangenome seun Octavianus
[1]
genoem; † 19 Augustus 14 n.C. in Nola naby
Napels
) word as die eerste Romeinse
keiser
beskou.
As grootneef en hooferfgenaam van
Julius Caesar
het hy die politieke magstryd gewen wat na die moord op Caesar in 44 v.C. uitgebreek het en in 31 v.C. alleenheerser van die
Romeinse Ryk
geword. Hy het 'n einde aan die Romeinse
burgeroorloe
gemaak wat 'n eeu lank gewoed het en was die stamvader van die keiserlike Julies-Claudiese geslagslyn.
Met sy slagsprek
restitutio rei publicae
("herstelling van die republiek") het hy aanspraak daarop gemaak dat hy die ou politieke orde sou herstel, maar met sy beleid het hy die republikeinse staatsstruktuur in werklikheid omgeskep tot 'n monargiese stelsel - die sogenaamde prinsipaat, 'n soort
militere diktatuur
met diktatoriale magte vir homself. Sy heerskappy het nogtans 'n lang tyd van binnelandse vrede gebring wat later idealiserend as
Pax Augusta
geteken is.
Augustus se legioene het die
Ryn
oorgesteek en stadigaan die
Germane
begin onderwerp. Heelparty stamhoofde het gemeen die proses kan voordelig wees en saamgewerk, en selfs hul seuns na
Rome
gestuur om as Romeine opgevoed te word.
Een van hulle was Arminius, seun van Segimerus, stamhoof van die Cheruske. Arminius is later terug na Germania, as vriend van die Romeinse goewerneur, Publius Quintilius Varus. Maar Arminius het gesien hoe wreed die Romeine sy mense behandel, en het dus in die geheim ’n opstand georganiseer.
In September van die jaar
9 n.C.
het hy valse berigte van ’n opstand aan Varus laat stuur, wat dadelik met drie legioene uitgeruk het. Arminius, het besef dat hy nie op oop grond met die uitstekend toegeruste legioene deurmekaar moet raak nie, en Varus dus deur die Teutoburgwoud laat marsjeer.
Sodoende is die legioene in ’n kilometers lange stoet uitgerek en kon hulle nie in hul normale slagordes veg nie. Op 9 September het die Germane met ’n reeks aanvalle begin, en in die daaropvolgende drie dae is die Romeine stelselmatig uitgemoor totdat hulle uitgewis is. Die Ryn het die vaste grens van die
Romeinse Ryk
geword.
- ↑
Die uitgang
-anus
in Romeinse name word algemeen deur seuns gedra wat aangeneem is. Gaius Octavius het self nie die naam Octavianus vir homself gebruik nie.