in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Arlington
is 'n hoofstad in die Amerikaanse deelstaat
Texas
, gelee in Tarrant County. Dit is deel van die Middelstedestreek van die Dallas?Fort Worth?Arlington metropolitaanse gebied, ongeveer 19 km oos van die middestad van
Fort Worth
en 32 km wes van die middestad van
Dallas
.
Volgens die Amerikaanse Sensusburo se skatting het die stad 'n bevolking van byna 379 577 aan die einde van 2013 gehad,
[1]
wat dit die derde grootste munisipaliteit in die metropolitaanse gebied maak. Arlington is die 48ste digsbevolkte stad in die
Verenigde State van Amerika
en die sewende grootste stad in die deelstaat Texas.
[2]
Arlington grens aan Kennedale, Grand Prairie, Mansfield en
Fort Worth
. Arlington is gestig in 1876 langs die Texas-Pasifiese-spoorlyn. Die stad is genoem na Generaal
Robert E. Lee
se Arlingtonhuis in
Arlington County, Virginie
. Arlington het gegroei as 'n katoenboerderysentrum,
[3]
en is geinkoropreer op 21 April 1884. Die stad kon spog met lopende water, elektrisiteit, natuurlike gas en telefoondienste teen 1910, asook 'n openbare skoolstelsel. Teen 1925 is die bevolking op 3 031 geskat, en dit het aangegroei tot meer as 4 000 voor die
Tweede Wereldoorlog
.
Grootskaalse industrialisasie het in 1954 gevolg, met die opening van 'n
General Motors
-monteeraanleg. Die motor en
ruimtevaartontwikkeling
het die stad een van die land se grootste bevolkingsgroeikoerse tussen 1950 en 1990 besorg. Arlington is een van die "boomburbs", die uiters vinnig-groeiende
voorstede
van die post-Tweede Wereldoorlog-era. Die Amerikaanse Sensusburo se bevolkingsyfers vir die stad vertel die storie: 7 692 (1950), 90 229 (1970), 261 721 (1990), 365 438 (2010)
[4]
en byna 374 000 teen 2011. Tom Vandergriff het as burgemeester gedien van 1951 tot 1977 gedurende 'n tydperk van sterk ekonomiese ontwikkeling. Die temapark "Six Flags Over Texas" is in 1961 in Arlington geopen.