in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Antisemitisme
is 'n haat vir, of vooroordeel teenoor
Jode
(m.a.w.
Jodehaat
). Jode het oor die geskiedenis dikwels met teenstand en selfs haat van ander te doen gekry. Antisemiete diskrimineer teen Jode as gevolg van hulle etnisiteit of godsdiens. Verskeie vorme van weerstand is later met die term 'antisemitisme' saamgevat. Dit sluit diskriminerende wette, en selfs moord op Jode, soos tydens
pogroms
en die
Sjoa
(
Holocaust
) in.
Hoewel die woord 'antisemitisme' haat jeens alle Semiete (sprekers van
Semitiese tale
, waaronder
Arabiere
) insluit, is die term slegs op Jode van toepassing. Die term
antijudaisme
word ook soms gebruik, veral deur teologiese teenstanders van die Jodedom (dus nie op etnisiteit, maar teen die Joodse geloof gerig).
Antisemitisme het sy hoogtepunt tussen 1933 en 1945 met die Sjoa, ook bekend as die finale oplossing, bereik. Die plan was om van die totale Joodse bevolking in
Europa
ontslae te raak. Ongeveer ses miljoen Europese Jode is as gevolg van die Nazi-leier
Adolf Hitler
se optrede dood. Volgens hom was die Jode 'n rasgroep met swak natuurlike eienskappe.
Antisemitisme is vandag steeds algemeen. 'n Opname in 2011 deur die
Pew Research Center
toon dat
Moslem
-lande in die
Midde-Ooste
oor die algemeen steeds 'n slegte indruk van Jode het.
[1]
Slegs 2% van
Egiptenare
, 3% van die
Libanese
Moslems en 2%
Jordaniers
het 'n gunstige houding jeens Jode. In 'n 2013-opname van 5847 Jode in Europa, het 76% gedink dat antisemitisme oor die afgelope vyf jaar toegeneem het en 29% het emigrasie oorweeg omdat hulle onveilig voel.
Die
Nuwe Testament
bevat antisemitiese inhoud:
|
Want julle het navolgers geword, broers, van die gemeentes van God in Jude?a wat in eenheid met Christus Jesus is, omdat julle ook dieselfde dinge onder julle eie landgenote begin ly het as wat hulle ook onder die
Jode
ly, wat selfs die Here Jesus en die profete doodgemaak en ons vervolg het. Daarbenewens behaag hulle God nie, maar is teen die belange van alle mense, aangesien hulle ons probeer verhinder om met mense van die nasies te praat sodat die gered kan word, met die gevolg dat hulle altyd die maat van hulle sondes vol maak. Maar sy gramskap het eindelik oor hulle gekom.
[2]
|
|