Anthony Quinn
|
|
Quinn omstreeks 1955.
|
|
Geboortenaam
|
Antonio Rodolfo Quinn Oaxaca
|
Geboorte
|
(
1915-04-21
)
21 April 1915
Chihuahua
,
Mexiko
|
Sterfte
|
3 Junie 2001 (op 86)
|
Beroep(e)
|
Akteur, skilder, skrywer, regisseur
|
Aktiewe jare
|
1936?2001
|
Rolprente
|
The Guns of Navarone
,
Zorba the Greek
,
Lawrence of Arabia
|
Internet-rolprentdatabasis
-profiel
|
Anthony Quinn
(gebore as
Antonio Rodolfo Quinn Oaxaca
;
21 April
1915
?
3 Junie
2001
)
[1]
was ’n
Amerikaanse
akteur
,
skrywer
en
skilder
wat in
Mexiko
gebore is. Hy het in verskeie suksesvolle prente gespeel, onder meer
La Strada
,
The Guns of Navarone
,
Zorba the Greek
en
Lawrence of Arabia
.
Quinn, wat vroeg in sy lewe professioneel geboks het om geld te verdien, het vir ’n rukkie op die verhoog toneelgespeel voordat hy in 1936 karakterrolle in
rolprente
begin vertolk het, soos in sy debuut,
Parole
, en
The Milky Way
. Hy het "etniese" skurke uitgebeeld in prente soos
Dangerous to Know
(1938) en
Road to Morocco
(1942).
Quinn in sy rol as Zorba in
Zorba the Greek
.
Teen 1947 was hy in meer as 50 prente en het hy die rol van
Indiane
, Mafiabase, Hawaise stamhoofde, Filippynse vryheidsvegters, Sjinese guerrillas en Arabiese sjeiks vertolk, maar was steeds nie ’n groot ster nie. Hy het na die teater teruggekeer en op
Broadway
in
A Streetcar Named Desire
gespeel. In 1947 het hy ’n Amerikaanse burger geword.
[2]
Hy het in die vroee 1950's na
Hollywood
teruggekeer en ruwe rolle vertolk. Sy deurbraak was in 1952 in
Elia Kazan
se
Viva Zapata!
, saam met
Marlon Brando
. Hy het vir sy spel ’n
Oscar
vir beste manlike byspeler gewen. Hy was die eerste Mexikaanse Amerikaner wat die prys gekry het.
Een van sy beste vertolkings was in
Federico Fellini
se
La strada
(1954). Hy het sy tweede Oscar vir beste manlike byspeler gewen vir die uitbeelding van die skilder
Paul Gauguin
in
Lust for Life
(1956). Die volgende jaar is hy vir ’n Oscar benoem vir sy spel in
Wild Is the Wind
.
Aan die einde van die dekade het Quinn ’n ruwer voorkoms gekry en begin uitblink in karakterrolle. Hy was ’n Griekse rebel in
The Guns of Navarone
(1961), ’n ouer wordende bokser in
Requiem for a Heavyweight
en ’n
Bedoeiene
-
sjeik
in
Lawrence of Arabia
(albei 1962).
Die sukses van
Zorba the Greek
in 1964 het gelei tot nog ’n Oscar-benoeming, die keer vir beste akteur. Ander prente sluit in
The 25th Hour
,
The Magus
,
La Bataille de San Sebastian
en
The Shoes of the Fisherman
.
[3]
In 1969 was hy in
The Secret of Santa Vittoria
en is hy vir ’n
Golden Globe
benoem.
[4]
In 1976 het hy in die prent
Mohammad, Messenger of God
(ook bekend as
The Message
), oor die oorsprong van
Islam
, die rol vertolk van Hamza ibn ‘Abd al-Muttalib, ’n hoogs gerespekteerde oom van die profeet
Mohammed
.
[3]
Quinn het sedert die 1990's in minder rolprente verskyn; hy was onder meer in
Revenge
(1990),
Jungle Fever
(1991),
Last Action Hero
(1993),
A Walk in the Clouds
(1995) en
Seven Servants
(1996).
[3]
In 1994 het hy die rol van
Zeus
vertolk in vyf
televisieflieks
oor die mitiese reise van
Hercules
.
- ↑
Scott L. Baugh,
Latino American Cinema: An Encyclopedia of Movies, Stars, Concepts, and Trends
, bl. 221. Greenwood, 2012.
ISBN 978-0-313-38036-5
.
- ↑
Profiel
, FilmReference.com; besoek op 7 Maart 2015.
- ↑
3,0
3,1
3,2
IMdb-profiel
- ↑
Golden Globe awards: 1970
, imdb.com; besoek op 30 Maart 2015.