in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n
Alfabet
is 'n volledige gestandaardiseerde stel karakters wat bestaan uit letters en gebruik word om iets in 'n gekose
taal
neer te skryf. Geskrewe taal bestaan uit sinne, sinne bestaan uit woorde en woorde bestaan uit een of meer letters van die alfabet. Elke letter verteenwoordig rofweg 'n
klank
in die gesproke taal. 'n Alfabet is verskillend van ander vorme van
skryfstelsels
soos ideogramme, waarin elke
simbool
'n volledige konsep verteenwoordig.
Die woord
alfabet
is afgelei van 'n kombinasie van die woorde
alfa
en
beta
, die eerste twee simbole in die
Griekse alfabet
. Daar word ook soms verwys na die gewone alfabet as die
ABC
(uitgespreek aa-bee-see). Die woord
alfabet
word ook soms gebruik om te verwys na die basiese elemente of dele van 'n stelsel, bv. die DNA-alfabet.
Hoofartikel:
Geskiedenis van die alfabet
Tekens wat voorwerpe voorgestel het, eerder as klanke, dateer uit voor 10 000 v.C., uit die Madaleniese periode.
Die
Egiptiese hierogliewe
was die voorloper tot die
Fenisiese alfabet
. Die Egiptiese hierogliewe het simboliese en verborge betekenisse gehad en het ook klanke voorgestel. Bykomende karakters is later bygevoeg om te onderskei of die simbool verwys na die simbool self, of na die klank wat die simbool voorstel. Die Egiptenare het die stelsel uiteindelik gestandaardiseer tot 'n stelsel met 24 konsonante. Die Egiptiese stelsel was egter te lomp en omslagtig en moes plek maak vir 'n vokaalgedrewe stelsel.
Die Fenisiese alfabet het bestaan uit 22 karakters en was die eerste alfabet wat primere klanke van 'n taal voorgestel het. Die Fenisiese skrif is van links na regs gelees en is gestandaardiseer deur
koning Ahiram
. Volgens oorlewering is
Cadmos
, die stigter van die stad
Thebes
, die persoon wat die Fenisiese alfabet ontwikkel het. Die term "
foneties
" verwys steeds na die herkoms van klank in die alfabet vanaf die Fenisiese alfabet. Die Fenisiese alfabet het die basis gele vir die ontwikkeling van die antieke
Griekse alfabet
(800 v.C.).