in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Alcock en Brown
was twee
vlieeniers
wat die eerste ononderbroke vlug oor die
Atlantiese Oseaan
voltooi het.
[1]
Hierdie twee Britte, sir John William Alcock (1892?1919) en sir Arthur Whitten Brown (1886?1948), het die geskiedkundige vlug in
1919
(tussen
Newfoundland
en
Ierland
) onderneem.
[2]
Die Atlantiese Oseaan is reeds vroeer in 1919 met 'n Amerikaanse NC-4-vliegtuig oorgesteek. Dit moes egter 'n paar landings op
eilande
langs die pad maak. Alcock en Brown het op 14 Junie van dieselfde jaar die eerste non-stop transatlantiese vlug voltooi.
Hulle het 'n omgeboude
Vickers Vimy
-
bomwerper
uit die
Eerste Wereldoorlog
vir hulle geskiedkundige vlug aangepas. Die bom-kompartement is vir ekstra brandstof aangewend. Hulle het van
St. John's
, die hoofstad van die
Kanadese
provinsie
Newfoundland en Labrador
, opgestyg. Na 'n vlug van 16 uur en 12 minute land hulle in Clifden in Ierland.
[3]
Die vliegtuig is met die landing beskadig, omdat hulle in 'n moeras geland het, maar nie een van die vlieeniers is beseer nie.
Winston Churchill
het die
Daily Mail
-prys vir die eerste kruising van die Atlantiese Oseaan in 'minder as 72 uur' aan hulle oorhandig.
[4]
'n Week later word die
Orde van die Britse Ryk
deur
George V van die Verenigde Koninkryk
in die
Windsor-kasteel
aan hulle toegeken.
Alcock sterf op 18 Desember 1919 in 'n vliegongeluk in
Frankryk
. Brown is op 4 Oktober 1948 oorlede.