in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Alcide Amedeo Francesco De Gasperi
(
[al?t?iːde de ??asperi]
(
hulp
·
inligting
)
;
3 April
1881
, Pieve Tesino ?
19 Augustus
1954
, Borgo Valsugana) was 'n Italiaanse staatsman. Hy was die
Eerste minister van Italie
van 1945 tot 1953 in agt verskillende regerings en president van die Parlementere Assemblee, wat later die Europese Parlement geword het.
[1]
Sy geboortestreek ? nou
Trentino-Alto Adige
? was 'n deel van die
Oostenryks-Hongaarse dubbelmonargie
wat nogtans
Italiaans
gepraat het. Hy het in
Wene
filologie gestudeer, lid van die katolieke studentebeweging geword en raak as 'n goeie bemiddelaar bekend. Hy word joernalis vir
La Voce Cattolica
in Trentino. Hierdie gebied word in 1918 by Italie ingelyf. Hierdeur verkry hy Italiaanse burgerskap en in die volgende jaar help hy om die
Partito Popolare Italiano
(PPI) te stig.
[1]
In 1921 word hy lid van die parlement, maar die
fasciste
kom aan bewind en hy word in 1927 'n politiese gevangene. Na 18 maande kry hy in die
Vatikaanstad
asiel en werk hy 14 jaar lank in die biblioteek daar.
[1]
Sy
Idee Ricostruttive
(gedagtes vir heropbou) word die manifes van die
Partito Democrazia Cristiana
, die Christendemokratiese Party wat in 1943 in die geheim opgerig word. Na die
Tweede Wereldoorlog
en die einde van die fascistiese bewind word hy Eerste Minister in 1945. Hy word die oorheersende persoon van die naoorlogse tydperk van Italie. Regerings word gevorm en val weer, maar hy bly in agt kabinette die eerste minister van 1945 tot 1953. Dit word na hom die Gasperi-tydperk genoem.
[1]
De Gasperi was nes Monnet en
Schuman
'n oortuigde voorstander van die noodsaak van Europese samewerking en eenwording. Hy reageer skielik op die
Schumanverklaring
van 1950 en die volgende jaar was Italie een van die ses lande wat deelneem aan die supranasionale eksperiment van die Europese Gemeenskap van Steenkool en Staal. Hy word die tweede president van die Parlementere Assemblee en beywer hom vir die uitbreiding van die Europese projek na ander gebiede as net steenkool en staal. Dit resulteer in die Verdrag van Rome in 1957, maar De Gasperi het dit nie meer meegemaak nie, omdat hy in 1954 dood is.
[1]