Alberta
is die mees westelike van
Kanada
se prairie-provinsies met 'n oppervlakte van 661 190 km³. Sy hoofstad is
Edmonton
, sy grootste stad en ekonomiese sentrum
Calgary
. Ander groot stede en dorpe in die provinsie is
Banff
,
Camrose
,
Fort McMurray
,
Grande Prairie
,
Lethbridge
,
Lloydminster
,
Medicine Hat
, en
Red Deer
. Aan die weste grens Alberta aan
Brits-Columbie
en aan die ooste aan
Saskatchewan
.
Die grootste deel van die provinsie word deur sy aandeel aan die Binnelandse Vlaktes (Engels: Interior Plains) beslaan. Alberta se gebied sluit daarnaas ook 'n gedeelte van die
Kanadese Skild
in die uiterste noord-ooste en 'n gedeelte van die
Rotsgebergte
(Engels:
Rocky Mountains
) met die nasionale parke van Banff en Jasper in.
Alberta het 3 183 312 inwoners (
2004
), waarvan 81% in stedelike gebiede woon en 19% op die platteland, en 'n bevolkingsdigtheid van 4 mense per vierkante kilometer. Sowat twee persent van die bevolking is Franssprekend. 70 000 mense behoort tot die Eerste Nasies, veral Cree en Siksika. Daar is groot Sjinese en Oos-Indiese gemeenskappe in die provinsie. Die vinnige bevolkingsgroei van die provinsie is te danke aan die groot aantal immigrante.
Die Bonnie Doon-gebied van Edmonton is die sentrum van die Franko-Albertaners, terwyl enkele tienduisend in die noordelike stede Bonnyville, Plamondon en St. Paul woon.
L’Unitheatre
in Edmonton en die
Societe de Theatre
is oorwegend Franstalige toneelgeselkappe, en daar is 'n aantal groepe wat die tradisionele volksdanse gereeld in die provinsie opvoer. Die
Centre d’arts visuels de l’Alberta
is 'n instelling vir Frankofone kunstenaars in Alberta. Die jaarlikse Franko-Albertynse Fees is die hoogtepunt van die kulturele lewe.
Bekende Franko-Albertyne sluit Vader Albert Lacombe, Crystal Plamondon, wat as Kanada se "Cajun Koningin" bekend staan, Les Bucherons, 'n duo wat die Franko-Kanadese musiek en dans vir gehore dwarsoor die provinsie aanbied, en die politikus Denis Ducharme in.
Die noordelike deel is baie kouer dan die suidelike gebiede van Alberta, waar die somers deur droe en byna woestynagtige weerstoestande met hoe temperature gekenmerk word. Die weste van die provinsie word deur die berge beskerm, en warme winde - die sogenaamde
chinooks
- sorg vir 'n baie mild klimaat, terwyl die grasvlaktes in die ooste 'n kontinentale klimaat met uiterstes tussen -35°C in die winter en +35°C in die somer het. Die sentrale en suidelike gebiede van Alberta maak deel uit van die
Noord-Amerikaanse
tornadosone
; kwaai somerhitte en swaar reenstorms kom gereeld in die oostelike deel voor.
Die provinsie Alberta is die grootste produsent van
ru-olie
, sintetiese olie,
aardgas
en gasprodukte in Kanada. Twee van die grootste petrochemiese aanlegte in
Noord-Amerika
le in Sentraal-Alberta. Die vervaardigers van
polietileen
en viniel in
Red Deer
en
Edmonton
lewer produkte van wereldgehalte vir die uitvoermark, terwyl Edmonton se olieraffinaderye die grondstowwe vir die groot petrochemiese nywerheid oos van die stad voorsien.
Die hoogs gemeganiseerde
landbou
lewer 'n aansienlike bydrae tot die provinsie se ekonomie. Met meer as vyf miljoen
beeste
produseer Alberta amper die helfte van Kanada se
beesvleis
en voer ook na ander lande uit. Die ander staatmaker van die kommersiele veeteelt is
skaapvleis
en -
wol
. Daarbenewens is Alberta 'n belangrike
verskaffer
van buffelvleis.
Lentekoring en
canola
is die vernaamste landbougewasse; bye speel, afgesien van die tradisionele heuningproduksie, 'n onmisbare rol in die bestuiwing van hibriede canola-kultivare.
Die bosbou in die noordelike deel van Alberta steun op die plaaslike sagtehoutbosse, wat groot hoeveelhede timmer- en laaghout oplewer. Die papier-en-pulp-bedryf van Alberta is 'n belangrike uitvoerder van onder meer koerantpapier op die Noord-Amerikaanse en Pasifiese markte.