in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Al-Azhar-universiteit
(
Arabies
: ????? ?????? (??????), [??æm?et el???zh?? e??æ??iːf], "die (eerbare) Universiteit van Al-Azhar") in
Kairo
word in die Arabiessprekende wereld as die eerste universiteit beskou.
Hierdie universiteit is formeel in 988 gestig toe 'n teologiese fakulteit uit die Al-Azhar-
moskee
ontwikkel. Dit is nou die mees vooraanstaande universiteit vir onderwys in die
Islamitiese
teologie, die
sjaria
-wette en die Arabiese taal. Hierdie is die belangrikste kweekskool vir
Soennietiese
Islam-geestelikes en die grootste gesaghebbendes oor die sjaria is hier gevestig.
Na 'n periode van verval, is die onderwys aan al-Azhar sedert 1905 herhaaldelik gemoderniseer. Aan die begin van die 21ste eeu het die universiteit 'n 300 000 studente van oor die hele wereld en 19 000 akademiese personeellede in 81 fakulteite gehad. Tans word onderrig verskaf in natuurwetenskappe, tegnologie, sakewetenskapppe, geesteswetenskappe, joernalistiek, kuns, landbou en moderne tale. Studente is nie meer verplig om godsdienswetenskap te bestudeer nie. In die 1960’s het die staat die universiteit oorgeneem en kort daarna is begin om onderrig te gee in geneeskunde en ingenieurswese. Vanaf 1962 is vroue as studente toegelaat.
Waarskynlik verwys die naam van die universiteit na
Fatimah
, 'n dogter van die profeet
Mohammed
. Sy het bekendgestaan as “al-Zahra”, die Skitterende.
- britannica.com
- timeshighereducation.com
- topuniversities.com