Die
Afrika Christen Demokratiese Party
(
ACDP
) is 'n
politieke party
in
Suid-Afrika
en vorm deel van die Internasionale Christen Demokratiese Politieke familie. Die party is gestig op 9 Desember 1993 en verklaar dat hulle die "
Bybelgelowige
Christene
" en "diegene wat hoe ag slaan op morele waardes" verteenwoordig.
Die 2000-handves opponeer die promovering van
kondome
en veilige seks as 'n medium om
MIV
te beveg.
Die ACDP is van opinie dat die kondoombeleid vir HIV-bestryding geskrap moet word en dat daar meer fokus op weerhouding en getrouheid in die huwelik geplaas moet word.
Daarom eenkomstig is die ACDP se platform soortgelyk aan die van die
ChristenUnie
(
Nederland
) en die CHP (
Nieu-Seeland
).
Die party word gelei deur dr.
Kenneth Rasalabe Joseph Meshoe
(
LP
). Sedert die
2009 algemene verkiesing
, het die ACDP 3 lede in die
Suid-Afrikaanse Parlement
. Op 7 Oktober 2023 het die ACDP aangekondig dat hulle by die
Veelpartyhandves
aansluit en die handves se seteltelling van 108 tot 112 in die
Nasionale Vergadering
met 400 setels daarmee verhoog.
[1]
[2]
Die embleem is ontwikkel deur van die ACDP se stigters en is daarop gerig om 'n politieke party te verteenwoordig wat Bybelse beginsels verteenwoordig.
Twee pyle van links en regs, verteenwoordig die trekkrag van Suid-Afrikaners van links en van regs rakende
ras
,
politiek
,
ideologie
,
kerk
-affiliasie,
geloof
,
taal
,
stam
en
kultuur
na die kruis van
Jesus Christus
as middelaar en die strewe na eenheid in God Drie-enig onder al die mense van Suid-Afrika. Die pyle na bo en onder illustreer die rigting op na God en af na ons medemense in Suid-Afrika en ons gemeenskappe. Die rooi kant verteenwoordig die bloed van Jesus Christus wat ACDP, ACDP-lede en die mense van Suid-Afrika omring en beskerm.
[3]
Die ACDP in die eerste dekade
[
wysig
|
wysig bron
]
Die behoefte vir 'n toerekeningsvatbare alternatief vir die verdeelde politiek van die verlede, het
Christene
van diverse agtergrond genoodsaak om 'n politieke party op 9 Desember 1993 te stig. So het die Afrika Christen Demokratiese Party tot stand gekom, presies 'n honderd dae voor die
eerste volledig demokratiese verkiesing in 1994
.
Met die konsep van 'n veelparty-demokrasie in die lug, het die ACDP nie net ondersteuning onder Bybelgelowige Christene nie, maar ook persone wat hoe ag slaan op morele waardes.
Die ACDP het die Bybelse platform vir die standaard tot rekonsiliasie, geregtigheid, medelye, verdraagsaamheid, vrede en die respek van lewe, die individu, die familie en die gemeenskap aangeneem. Die doel is om politieke debat na hierdie kwelpunte te rig en eensgesindheid onder mense te kweek rakende gemeenskaplike waardes, in stede van die fokus te plaas op ideologiee, historiese en rasseverskille.
Gedurende die eerste verkiesing in 1994, het die ACDP menige verras met die oorwinning van 2 setels in die Nasionale Parlement en 3 setels in die Provinsiale Wetgewers.
'n Jaar later het die ACDP deelgeneem aan die Verkiesing vir Plaaslike Regering in slegs 'n paar munisipaliteite. Die party het 3 setels verower. Die opvolgende 5 jaar het die ACDP gegroei met die dat 4 raadslede oorgeloop het na die ACDP vanaf ander politieke partye.
Voor die
algemene verkiesing in 1999
, het baie kritici geglo dat die ACDP een van sy 2 setels sal verloor in die Nasionale Vergadering. In teenstelling met die kritiek het die ACDP sy aantal setels verdriedubbel na 7 setels en het dus die 5de grootste party geword. Die ACDP het ook hul eerste setel in die Nasionale Raad van Provinsies verkry. In die provinsiale wetgewers het die ACDP nog 'n setel verower en het 4 setels in verskillende provinsiale wetgewers verkry.
Die ACDP het hul beste groei tot op hede in die 2000 Plaaslike Verkiesing beleef deur te groei vanaf 7 raadslede tot 70 raadslede nasionaal.
Afgesien van die 7 Parlementere Setels wat die ACDP verower het tydens die
2004 algemene verkiesing
het hul ook 8 setels in die Provinsiale Wetgewers ontvang.
Verkiesing
|
Stemme
|
%
|
Setels
|
2019
[4]
|
146 262
|
0,84
|
4
|
2014
[5]
|
104 039
|
0,57
|
3
|
2009
|
142 658
|
0,81
|
3
|
2004
|
250 272
|
1,60
|
7
|
1999
|
228 975
|
1,43
|
6
|
1994
|
88 104
|
0,45
|
2
|
Provinsioale verkiesings
[
wysig
|
wysig bron
]
Verkiesing
|
Oos-Kaap
|
Vrystaat
|
Gauteng
|
KwaZulu-Natal
|
Limpopo
|
Mpumalanga
|
Noordwes
|
Noord-Kaap
|
Wes-Kaap
|
%
|
Setels
|
%
|
Setels
|
%
|
Setels
|
%
|
Setels
|
%
|
Setels
|
%
|
Setels
|
%
|
Setels
|
%
|
Setels
|
%
|
Setels
|
2014
[5]
|
0,33%
|
0/63
|
0,51%
|
0/30
|
0,62%
|
0/73
|
0,44%
|
0/80
|
0,48%
|
0/49
|
0,40%
|
0/30
|
0,53%
|
0/33
|
0,57%
|
0/30
|
1,02%
|
1/42
|
2009
|
0,53%
|
0/63
|
0,73%
|
0/30
|
0,87%
|
1/73
|
0,68%
|
1/80
|
0,69%
|
0/49
|
0,51%
|
0/30
|
0,69%
|
0/33
|
1,00%
|
0/30
|
1,47%
|
1/42
|
2004
|
0,78%
|
0/63
|
1,30%
|
1/30
|
1,64%
|
1/73
|
1,78%
|
2/80
|
1,26%
|
1/49
|
1,09%
|
0/30
|
1,07%
|
0/33
|
1,88%
|
1/30
|
3,44%
|
2/42
|
1999
|
0,96%
|
0/63
|
0,90%
|
0/30
|
1,16%
|
1/73
|
1,81%
|
1/80
|
1,10%
|
1/49
|
1,12%
|
0/30
|
0,94%
|
0/33
|
1,53%
|
0/30
|
2,79%
|
1/42
|
1994
|
0,51%
|
0/56
|
0,45%
|
0/30
|
0,61%
|
1/86
|
0,67%
|
1/81
|
0,38%
|
0/40
|
0,48%
|
0/30
|
0,35%
|
0/30
|
0,40%
|
0/30
|
1,20%
|
1/42
|
ACDP-slagspreuke:
- 1994 algemene Verkiesing: "Beskerm jou familie"
- 1995 plaaslike Regerings Verkiesing: "Beskerm jou familie se toekoms"
- 1999 algemene Verkiesing: "Bring orde tot die nasie"
- 2000 plaaslie Regerings Verkiesing: "Ware Hoop, Opregte deernis"
- 2004 algemene Verkiesing: "Ware Hoop"