한국   대만   중국   일본 
Adelaide (Suid-Afrika) - Wikipedia Gaan na inhoud

Adelaide (Suid-Afrika)

Koordinate : 32°42′28″S 26°17′44″O  /  32.70778°S 26.29556°O  / -32.70778; 26.29556
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Adelaide
Adelaide is in Oos-Kaap
Adelaide
Adelaide
 Adelaide se ligging in Oos-Kaap
Koordinate: 32°42′28″S 26°17′44″O  /  32.70778°S 26.29556°O  / -32.70778; 26.29556
Land Vlag van Suid-Afrika  Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Distrik Amathole
Munisipaliteit Raymond Mhlaba
Stigting 1834
Oppervlak
 ? Totaal 40,0 km 2 (15,4 vk. myl)
Hoogte
600 m (2 000 ft)
Bevolking
  (2011) [1]
 ? Totaal 12 191
 ? Digtheid 305/km 2 (790/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 ?  Wit mense 3.5%
 ?  Indiers/Asiers 0.5%
 ?  Bruin mense 18.8%
 ?  Swart mense 76.5%
 ?  Ander 0.8%
Taal (2011)
 ?  Xhosa 72.3%
 ?  Afrikaans 22.6%
 ?  Engels 3.0%
 ?  Ander 2.1%
Poskode (strate)
5760
Poskode (posbusse)
5760
Skakelkode 046
Die kerkgebou van die NG gemeente Adelaide .

Adelaide is 'n dorp in die Oos-Kaap en gewese setel van die tans-ontbinde Nxuba Munisipaliteit . Adelaide le aan die suidelike voet van die Winterberge op die oewer van die Koonaprivier , 22 km oos van Bedford en 37 km wes van Fort Beaufort .

Geskiedenis [ wysig | wysig bron ]

Dit was oorspronklik 'n militere pos wat genoem is na koningin Adelaide , die eggenote van die Britse koning William IV . Die dorp is in 1834 gestig, maar die gemeente van die NG Kerk het eers in 1890 afgestig van die moedergemeente Glen Lynden . Die Ons Erfenis-museum dateer uit die jaar 1855 en huisves meubilering, tradisionele kleredrag en ander voorwerpe uit die 19de eeu . Die museum is in Queenstraat gelee en het pragtige groot tuine in 'n parklandskap wat tot teen die rivier strek.

Plekke van belang [ wysig | wysig bron ]

  • Adelaide Provinsiale Hospitaal
  • Adelaide Gimnasium (Hoerskool)
  • Adelaide Gholfklub
  • Lingelethu (voorheen Swartwoonbuurt)
  • Bezuidenhoutville (voorheen Kleurlingwoonbuurt)

Distrik [ wysig | wysig bron ]

Die distrik is 1 500 km 2 groot. Adelaide is 'n belangrike sentrum van die skaapteelt . Bees -, wildsvleis en sitrus vrugte is ook belangrike produkte.

Drie riviere vloei rondom die dorp: die Koonap -, Cowie - en Kaalhoekriviere .

Bekende boorlinge [ wysig | wysig bron ]

Sien ook [ wysig | wysig bron ]

Bronne [ wysig | wysig bron ]

  • Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika . Jonathan Ball Uitgewers. ISBN   1-86842-026-4 .
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Som van die hoofplekke Adelaide en Lingelethu tydens die 2011-sensus.

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]