Achilles
of
Agilles
(
Grieks
: ?χιλλε??) was in die
Griekse mitologie
’n held van die
Trojaanse Oorlog
, die sentrale karakter en die grootste vegter van
Homeros
se
Ilias
. Hy was ook een van die aantreklikste helde wat teen
Troje
geveg het.
[1]
Latere legendes (waarvan ’n gedig deur
Statius
in die 1ste eeu v.C. die eerste was) noem dat Achilles se hele lyf behalwe sy hak (of hiel), onkwesbaar was. Aangesien hy dood is nadat ’n pyl in sy hak in geskiet is, het die uitdrukking "Achilleshiel" die betekenis gekry van iemand se grootste swak punt.
Achilles was die seun van die
nimf
Tetis
en
Peleus
, koning van die
Mirmidons
.
Zeus
en
Poseidon
het meegeding om die hand van Tetis totdat
Prometeus
, die vuurbringer, Zeus herinner het aan ’n voorspelling dat Tetis ’n seun sal baar wat groter as sy vader sal wees. Albei gode het die aftog geblaas en haar met Peleus laat trou.
[2]
Peleus het Achilles na sy geboorte aan
Chiron
die
Sentour
toevertrou om deur hom grootgemaak te word.
[3]
Volgens die
Achilleide
, wat in die 1ste eeu v.C. deur
Statius
geskryf is en die vroegste bron oor Achilles se hiel is, het Tetis probeer om Achilles met sy geboorte onsterflik te maak deur hom in die rivier
Styx
te dompel. Dit het sy hele lyf onkwesbaar gemaak, behalwe waar sy hom aan sy haksteen vasgehou het.
[4]
Geen bron voor Statius verwys na Achilles se onkwesbaarheid nie; inteendeel, in die
Ilias
noem Homeros dat Achilles gewond is: in Boek 21 het die Paioniese held
Asteropaios
by die rivier Skamander teen Achilles geveg. Hy het twee spiese gelyktydig gegooi. Die een het Achilles se elmboog getref en "bloed het daaruit gespuit".
Ook in die onvolledige gedigte van die
Epiese Siklus
, waarin die held se dood beskryf word,
Kipria
(onbekende skrywer),
Aitiopis
deur Arktinus van Miletus,
Klein Ilias
deur Lesche van Mitilene en
Iliou Persis
deur Arktinus van Miletus, is daar geen verwysing na sy onkwesbaarheid of sy bekende hak nie; in die latere vaasskilderye wat Achilles se dood uitbeeld, tref die pyl in baie gevalle sy lyf.
Achilles in die Trojaanse Oorlog
[
wysig
|
wysig bron
]
Die eerste twee lyne in die
Ilias
lees:
- μ?νιν ?ειδε θε? Πηλη??δεω ?χιλ?ο?
- ο?λομ?νην, ? μυρ?' ?χαιο?? ?λγε' ?θηκεν.
- Sing, Godin, van die woede van
Peleus
se seun Achilles
- die vervloekte woede, wat gelei het tot pyn by duisende van die Achajers.
Achilles se verterende woede kon by tye in bedwang gebring word, maar ander kere was hy onkeerbaar. Die vermensliking van Achilles deur die gebeure in die oorlog is ’n belangrike tema van die mite.
Terwyl die Grieke op pad was na die Trojaanse Oorlog, het hulle per ongeluk in
Misie
gestop wat deur koning
Telefos
regeer is. In die geveg wat gevolg het, het Achilles Telefos ’n wond toegedien wat nie wou heel nie. Telefos het ’n orakel geraadpleeg, en die het gese "hy wat gewond het, sal heel". Telefos het toe na Argos gegaan waar Achilles hom gesond gemaak het sodat hy hulle gids kon wees vir hul reis na Troje.
Volgens ander weergawes in
Euripides
se verlore toneelstuk oor Telefos, het hy na Aulis gegaan en voorgegee hy is ’n boemelaar. Hy het Achilles gevra om sy wond te heel. Achilles het geweier omdat hy geen mediese kennis gehad het nie. Alternatiewelik het Telefos
Orestes
gyselaar gehou totdat Achilles sy wond genees het. Volgens die
Odussee
het die spies die wond toegedien en daarom moes die spies die wond genees. Stukkies van die spies is toe in die wond afgeskraap en dit het genees.
Volgens die
Sipria
(die deel van die
Epiese Siklus
wat die gebeure van die Trojaanse Oorlog voor Achilles se Wraak weergee), het Achilles die Achajers gekeer toe hulle wou huis toe gaan. Hy het toe die beeste van
Eneas
doodgemaak, naburige stede verwoes en
Troilos
vermoor.
[5]
Volgens
Dares Phrygius
se
Beskrywing van die Vernietiging van Troje
,
[6]
die Latynse opsomming waardeur die verhaal van Achilles na die
Middeleeuse
Europa
oorgedra is, was
Troilos
’n jong Trojaanse prins, die jongste seun van koning
Priamos
. Ondanks sy jeugdigheid was hy een van die belangrikste Trojaanse oorlogsleiers. Volgens voorspellings sou Troilos se lot dieselfde wees as die van Troje, en hy is dus in ’n nederlaag gelei in ’n poging om hom gevange te neem.
Achilles, wat oorweldig is deur wellus vanwee die skoonheid van Troilos en sy suster
Poluxena
, het die jong man probeer verlei. Die het sy attensies geweier en Achilles het hom onthoof. Volgens latere weergawes van die verhaal is Troilos per ongeluk deur Achilles doodgemaak in ’n oorgretige liefdesomhelsing. In hierdie weergawe was dit die rede dat Achilles doodgemaak is.
[7]
Homeros
se
Ilias
is die beroemdste weergawe van Achilles se dade in die Trojaanse Oorlog. Dit dek ’n paar weke van die oorlog, maar nie Achilles se dood nie. Dit begin met sy onttrekking aan die geveg nadat hy deur
Agamemnon
, die bevelvoerder van die
Achaiese
magte, verneder is.
Agamemnon het ’n vrou met die naam Chruseis as slavin geneem. Haar pa, Chruses, ’n priester van
Apollo
, het Agamemnon gesmeek om haar terug te bring. Agamemnon het geweier en Apollo het ’n pes oor die Grieke gebring.
Die profeet Kalchas het agtergekom wat die pes veroorsaak het, maar wou niks se voor Achilles belowe het om hom te beskerm nie. Achilles het ingestem en Kalchas het gelas dat Chruseis vir haar pa teruggegee word. Agamemnon het ingestem, maar het toe geeis dat Achilles se oorlogsprys, Briseis, haar vervang. Woedend oor die vernedering (en, soos hy later gese het, omdat hy Briseis liefgehad het)
[8]
het Achilles geweier om te veg of sy troepe saam met die ander Griekse magte te laat veg.
Toe die Grieke die oorlog begin verloor, het
Nestor
verklaar dat die Trojane besig was om te wen omdat Agamemnon Achilles kwaadgemaak het. Hy het die koning gevra om Achilles tot bedaring te bring. Agamemnon het ingestem en het
Odusseus
,
Alias
en
Feniks
na Achilles gestuur met die aanbod om Briseis terug te gee. Achilles het dit verwerp en die Grieke gevra om huis toe te vaar soos wat hy van plan was om te doen.
Eindelik het Achilles in ’n poging om glorie te behaal ondanks sy afwesigheid in die oorlog, tot sy ma, Tetis, gebid en haar gevra om by Zeus te pleit om die Trojane toe te laat om die Griekse magte terug te dryf.
Die Trojane, onder leiding van
Hektor
, het die Griekse leer toe na die strande teruggedryf en die Griekse skepe aangeval. Net voor die Griekse magte vernietig sou word, het
Patroklos
begin terugveg saam met die Mirmidons, terwyl Achilles in sy kamp gebly het. Patroklos het die Trojane van die strande af teruggedryf, maar is deur Hektor doodgemaak voordat hy Troje kon aanval.
Toe Achilles van sy vriend Patroklos se dood hoor, hy hy gerou en baie begrafnisspele ter ere van hom gehou. Sy ma, Tetis, het hom kom troos en
Hefaistos
oorreed om vir hom ’n nuwe wapenrusting te maak. Die nuwe uitrusting het die
Skild van Achilles
ingesluit wat die digter in groot besonderhede beskryf het.
Woedend oor die dood van Patroklos, het Achilles sy weiering om te veg teruggetrek. Hy het talle teenstanders in sy woede doodgemaak, maar was eintlik op soek na Hektor. Achilles het selfs teen die riviergod
Skamander
geveg wat kwaad geword het omdat Achilles sy waters met al die lyke verstop het. Die god het probeer om Achilles te verdrink, maar is deur
Hera
en Hefaistos gekeer. Zeus self het Achilles se woede gesien en die gode gestuur om hom in bedwang te bring sodat hy nie Troje self vernietig nie. Dit is blykbaar ’n bewys dat Achilles se woede die noodlot self kon teegaan omdat Troje toe nog nie bedoel was om vernietig te word nie.
Eindelik het Achilles die man gekry wat hy soek. Hy het Hektor drie keer om die muur van Troje gejaag voordat
Atena
, vermom as Hektor se mees geliefde broer,
Deifobos
, Hektor oorrreed het om stil te staan en teen Achilles te veg. Toe Hektor besef hy is in ’n lokval gelei, het hy geweet die geveg is onafwendbaar. Hy wou as ’n vegter sterf en het met sy swaard op Achilles afgestorm, maar sy teiken gemis. Hy het aanvaar dat hy gaan sterf en Achilles gesmeek om sy liggaam na sy dood met respek te behandel. Achilles het vir hom gese hy kan dit nie van hom verwag nie, want "my woede sal my nou daartoe dryf om jou vlees op te kap en dit rou te eet ? soveel hartseer het jy oor my gebring".
[9]
Achilles het toe wraak geneem deur Hektor met ’n enkele hou teen die nek dood te slaan. Hy het die Trojaan se liggaam aan sy strydwa vasgebind en nege dae lank oor die slagveld gesleep. Met die hulp van die god
Hermes
het Hektor se vader, Priamos, Achilles gesmeek om hom toe te laat om Hektor te begrawe. Die laaste deel van die
Ilias
gaan oor Hektor se begrafnis, waarna die vernietiging van Troje net ’n kwessie van tyd was.
Na sy tydelike wapenstilstand met Priamos het Achilles teen die
Amasones
se koningin,
Pentesileia
, geveg en haar doodgemaak. Daarna het hy egter oor haar dood gerou.
Sy aandag is aanvanklik so afgelei deur haar skoonheid dat hy nie so hard soos gewoonlik kon veg nie. Toe hy eers besef dit stel sy lewe in gevaar, het hy weer gefokus en haar doodgemaak. Terwyl hy gerou het oor die dood van so ’n seldsame skoonheid, het ’n bekende Griekse nar met die naam Tersites gelag en met hom gespot. Achilles was so ontsteld oor sy disrespek en onsensitiwiteit dat hy hom doodgeslaan het.
Memnon en die dood van Achilles
[
wysig
|
wysig bron
]
Na die dood van Patroklos was Nestor se seun
Antilochos
Achilles se beste vriend. Toe
Memnon
, die koning van
Ethiopie
, Antilochos vermoor, het Achilles weer eens wraak gesoek. Die geveg tussen Achilles en Memnon oor Antilochos het ooreengestem met die tussen Achilles en Hektor oor Patroklos, behalwe dat Memnon (anders as Hektor) ook die seun van ’n godin was.
Achilles is daarna met ’n pyl (volgens Statius deur sy haksteen) vermoor deur
Paris
, nes Hektor dit voorspel het toe hy sterf. In sommige weergawes het die god
Apollo
Paris se pyl gestuur.
Paris het geen eer gekry vir sy daad nie weens die algemene opvatting dat hy ’n lafaard was en nie ’n dapper man soos sy broer Hektor nie, en Achilles het onoorwonne op die slagveld gebly. Sy bene is met die van Patroklos gemeng en begrafnisspele is tot ere van hom gehou.
Volgens ’n ander weergawe van Achilles se dood het hy verlief geraak op ’n Trojaanse prinses, Poluxena. Hy het Priamos om haar hand gevra. Priamos het ingewillig, want dit sou die einde van die oorlog beteken, asook ’n bondgenootskap met een van die wereld se grootste vegters. Maar Paris, wat Helena sou moes prysgee as Achilles met sy suster trou, het agter die bosse weggekruip en Achilles met ’n pyl doogeskiet. Achilles is veras en sy as is saam met die van Patroklos begrawe.
[10]
Achilles se verhouding met Patroklos is een van die belangrikste aspekte van die mite. Die ware aard daarvan was die onderwerp van debat in die klassieke periode en is steeds. Dit lyk of hulle in die
Ilias
oor die algemeen uitgebeeld word as twee tipiese lojale vriende. Kenners van die klassieke periode tot vandag interpreteer gewoonlik die vriendskap in die lig van hul kulture van destyds en beskou hulle as of familie of "oorlogskamerade" of as in ’n onderwyser/leerling-verhouding of as homoseksuele minnaars. Achilles het egter steeds seksuele verhoudings met vroue gehad.
Achilles se naam kan beskou word as ’n kombinasie van ?χο? (
achos
, "verdriet") en λα?? (
Laos
, ’n "volk", "nasie" of "stam"). Hy is dus die verpersoonliking van die verdriet van die volk ? en dis ’n tema wat ’n paar keer in die
Ilias
aangeroer word (dikwels deur Achilles). Sy rol as die held van verdriet verskil ironies van die gebruiklike beskouing van hom as die held van
kleos
(glorie, gewoonlik in oorlog).
Die rol van Achilles is al deur die volgende akteurs vertolk:
- Piero Lulli in
Ulysses
(1955)
- Riley Ottenhof in
Something about Zeus
(1958)
- Stanley Baker in
Helen of Troy
(1956)
- Arturo Dominici in
La Guerra di Troia
(1962)
- Gordon Mitchell in
Fury of Achilles
(1962)
- Steve Davislim in
La Belle Helene
(TV, 1996)
- Richard Trewett in the minireeks
The Odyssey
(TV, 1997)
- Joe Montana in die minireeks
Helen of Troy
(TV, 2003)
- Brad Pitt
in
Troy
(2004)
|
Wat Achilles ook al was, hy was ’n man wat sy eie persverklarings geglo het.
[11]
|
|
- ↑
Plato
,
Simposium
180a
- ↑
Aischulos
,
Prometheus Geboeid
755-768; Pindar,
Nemean
5.34-37,
Isthmian
8.26-47;
Poeticon astronomicon
(ii.15)
- ↑
Hesiodos
,
Katalogus van Vroue
, fr. 204.87-89 MW;
Ilias
11.830-32
- ↑
Burgess, Jonathan S. (2009).
The Death and Afterlife of Achilles
. Baltimore: Johns Hopkins University Press. p. 9.
ISBN
0-8018-9029-2
. Besoek op
5 Februarie
2010
.
- ↑
"Proclus' Summary of the Cypria"
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 9 Oktober 2009
. Besoek op
25 Februarie
2010
.
- ↑
"Dares' account of the destruction of Troy, Greek Mythology Link"
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 28 Junie 2012
. Besoek op
28 Junie
2012
.
- ↑
James Davidson, "Zeus Be Nice Now" in
London Review of Books;
19 Julie 2007
[1]
URL besoek op 23 Oktober 2007
- ↑
Ilias
9.334-343.
- ↑
"The Iliad". Penguin Books, 1991, p. 553.
- ↑
Hamilton E. Mythology, New York: Penguin Books; 1969
- ↑
Roger Ebert,
Review of Troy
Geargiveer
31 Oktober 2010 op
Wayback Machine
oor die klassieke uitbeelding van Achilles se persoonlikheid.
- Homeros
,
Ilias
- Homeros
,
Odussee
XI, 467-540
- Apollodoros,
Biblioteke
III, xiii, 5-8
- Apollodoros,
Epitome III
, 14-V, 7
- Ovidius
,
Metamorfoses
XI, 217-265; XII, 580-XIII, 398
- Ovidius
,
Heroides
III