in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Aap
(
Chinees
: ?,
hou
) is die negende dier in die twaalfjaarlikse siklus van die
Chinese astrologie
, volgens die
Chinese kalender
. Dit hou ook verband met
Oos-Asiatiese
diereriem- en kalenderstelsels. Die
Jaar van die Aap
word verbind met die Aardse taksimbool 申.
[1]
Volgens een
legende
is daar ’n rede vir die volgorde van die twaalf diere in die twaalfjaarsiklus. Daarvolgens is ’n resies oor ’n groot rivier gehou en die volgorde van die diere in die siklus is die volgorde waarin hulle die resies voltooi het. In die verhaal het die
Bok
, Aap en
Haan
deur ’n spanpoging anderkant aangekom. Die Haan het ’n vlot gevind en die Aap en Bok het geruk en gepluk om al die onkruid uit die weg te ruim. Hulle het die agtste, negende en tiende plek verower.
Die Chinese tekens word ook die
diereriem
genoem omdat geglo word ’n mens se persoonlikheid word deur die dier beinvloed wat oor jou
geboortedatum
heers. Net so word die jaar waaroor ’n spesifieke dier heers, daardeur gekenmerk. Die invloed is veral sterk by mense wat in die jaar van die dier gebore is.
Dieselfde twaalf diere word gebruik om die siklus van ure in ’n dag te simboliseer ? elk word verbind met ’n tydperk van twee uur. Die tydperk van die Aap is van 15:00 tot 17:00 ? die tyd wanneer ape lewendig is.
In Chinese
simbologie
word Ape beskou as entoesiasties, sosiaal en innoverend, maar ook jaloers, agterdogtig en selfsugtig.
Jare en die Vyf Elemente
[
wysig
|
wysig bron
]
Mense wat binne die datums gebore is, is in die Jaar van die Aap gebore, met ook die volgende
elementere
teken:
[2]
Begindatum
|
Einddatum
|
Hemelse tak
|
6 Februarie 1932
|
25 Januarie 1933
|
Wateraap
|
25 Januarie 1944
|
12 Februarie 1945
|
Houtaap
|
12 Februarie 1956
|
30 Januarie 1957
|
Vuuraap
|
30 Januarie 1968
|
16 Februarie 1969
|
Aardaap
|
16 Februarie 1980
|
4 Februarie 1981
|
Metaalaap
|
4 Februarie 1992
|
22 Januarie 1993
|
Wateraap
|
22 Januarie 2004
|
8 Februarie 2005
|
Houtaap
|
8 Februarie 2016
|
27 Januarie 2017
|
Vuuraap
|
26 Januarie 2028
|
12 Februarie 2029
|
Aardaap
|
12 Februarie 2040
|
31 Januarie 2041
|
Metaalaap
|
Teken
|
Beste maats
|
Gemiddelde maats
|
Slegte maats
|
Aap
|
Aap, Draak, Rot
|
Slang, Haan, Os, Vark, Konyn, Bok, Hond, Perd
|
Tier
|
Basiese astrologiese elemente
[
wysig
|
wysig bron
]