in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
1. FC Nurnberg
|
|
Volle naam
|
1.Fußball-Club Nurnberg
Verein fur Leibesubungen e.V.
|
Bynaam/me
|
Der Club
|
Stigting
|
4 Mei
1900
|
Tuisveld
|
Max-Morlock-Stadion,
Neurenberg
|
Kapasiteit
|
50 000
|
Voorsitter
|
Dieter Hecking
Niels Rossow
|
Bestuurder
|
Robert Klauß
|
Liga
|
2. Bundesliga
|
2021/22
|
8. posisie (2. Bundesliga)
|
|
1. FC Neurenberg
is 'n
sportklub
in Neurenberg in die
deelstaat
Beiere
in
Duitsland
, veral bekend vir sy
sokkerafdeling
. Die klub bestaan sedert 1995 uit 'n konfederasie van sportsoorte (elke afdeling is eintlik 'n onafhanklike klub in eie reg) en bied ook onder meer
boks
,
handbal
,
skaak
,
hokkie
,
swem
,
ski
en
tennis
aan. Die dameshandbalspan het reeds 12 keer die Duitse titel gewen en een keer die
Europese
uitklopbeker.
Die klub is op
4 Mei
1900
gestig as 'n
rugbyklub
, maar teen Junie 1901 het die lede besluit om eerder oor te skakel na sokker. Die klub se goue jare was die tydperk na die
Eerste Wereldoorlog
tot 1927. Tussen Julie 1918 en Februarie 1922 was die klub onoorwonne in 104 amptelike wedstryde en die klub se bynaam, "Der Club", was reeds in 1919 landwyd gevestig.
Neurenberg het sy eerste nasionale titel in 1920 gewen (die eerste nasionale kompetisie na die Eerste Wereldoorlog) deur
SpVgg Furth
, die verdedigende kampioen, in die eindstryd met 2-0 te verslaan. Die klub het toevallig ook die eerste titel na die
Tweede Wereldoorlog
in 1948 gewen. Dit was die eerste van 5 titels binne 8 jaar.
Tydens die
Derde Ryk
het die klub in die
Gauliga
Beiere meegeding en in 1935 het die klub die eerste
Duitse uitklopbeker-kampioen
geword (op daardie stadium was die kompetisie bekend as die
von Tschammer und Osten Pokal
) deur
FC Schalke 04
met 2-0 voor 55 000 toeskouers in die eindstryd in
Dusseldorf
te verslaan.
Die klub was een van die spanne wat in 1963 deelgeneem het aan die eerste seisoen van die
Bundesliga
en het in 1968 die liga gewen (die laaste keer wat die klub nasionale kampioen was). Neurenberg is aan die einde van die volgende seisoen (1969) gerelegeer, die enigste verdedigende kampioen aan wie hierdie twyfelagtige eer te beurt geval het.
Die klub speel sy tuiswedstryde in die
Max-Morlock-Stadion
, vroeer bekend as die
Frankenstadion
. Tussen 1933 en 1945 was die stadion bekend as die
Stadion der Hitler-Jugend
.
Onlangse ligaposisionering
[
wysig
|
wysig bron
]
- 1963-64 (I)
Bundesliga
9de
- 1964-65 (I) Bundesliga 6de
- 1965-66 (I) Bundesliga 6de
- 1966-67 (I) Bundesliga 10de
- 1967-68 (I) Bundesliga 1ste
- - Kampioene
- 1968-69 (I) Bundesliga 17de
- 1969-70 (II) Regionalliga Suid 3de
- 1970-71 (II) Regionalliga Suid 1ste
- 1971-72 (II) Regionalliga Suid 9de
- 1972-73 (II) Regionalliga Suid 5de
- 1973-74 (II) Regionalliga Suid 2de
- 1974-75 (II) 2.Bundesliga Suid 6de
- 1975-76 (II) 2.Bundesliga Suid 2de
- 1976-77 (II) 2.Bundesliga Suid 5de
- 1977-78 (II) 2.Bundesliga Suid 2de
- 1978-79 (I) Bundesliga 17de
- 1979-80 (II) 2.Bundesliga Suid 1ste
- 1980-81 (I) Bundesliga 14de
- 1981-82 (I) Bundesliga 13de
- 1982-83 (I) Bundesliga 14de
- 1983-84 (I) Bundesliga 18de
- 1984-85 (II) 2.Bundesliga 1ste
- 1985-86 (I) Bundesliga 12de
- 1986-87 (I) Bundesliga 9de
- 1987-88 (I) Bundesliga 5de
- 1988-89 (I) Bundesliga 14de
- 1989-90 (I) Bundesliga 8ste
- 1990-91 (I) Bundesliga 15de
|
- 1991-92 (I) Bundesliga 7de
- 1992-93 (I) Bundesliga 13de
- 1993-94 (I) Bundesliga 16de
- 1994-95 (II) 2.Bundesliga 15de
- 1995-96 (II) 2.Bundesliga 17de
- 1996-97 (III) Regionaliga Suid 1ste
- 1997-98 (II) 2.Bundesliga 3de
- 1998-99 (I) Bundesliga 16de
- 1999-00 (II) 2.Bundesliga 4de
- 2000-01 (II) 2.Bundesliga 1ste
- 2001-02 (I) Bundesliga 15de
- 2002-03 (I) Bundesliga 17de
- 2003-04 (II) 2.Bundesliga 1ste
- 2004-05 (I) Bundesliga 14de
- 2005-06 (I) Bundesliga 8ste
- 2006-07 (I) Bundesliga 6de
- 2007-08 (I) Bundesliga 16de
- 2008-09 (II) 2.Bundesliga 3de
- 2009-10 (I) Bundesliga 16de
- 2010-11 (I) Bundesliga 6de
- 2011-12 (I) Bundesliga 10de
- 2012-13 (I) Bundesliga 10de
- 2013-14 (I) Bundesliga 17de
- 2014-15 (II) 2.Bundesliga 9de
- 2015-16 (II) 2.Bundesliga 3de
- 2016-17 (II) 2.Bundesliga 12de
- 2017-18 (II) 2.Bundesliga 2de
- 2018-19 (I) Bundesliga 18de
- 2019-20 (II) 2.Bundesliga 16de
|