in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Wladimir Wolfowitsj Zjirinofski
(gebore Eidelsjtein;
Russies
: Владимир Вольфович Жириновский; ook
Zjirik
genoem;
Alma-Ata
,
Kazachstanse SSR
,
Sowjetunie
;
25 April
1946
-
6 April
2022
) was ’n
Russiese
politikus, kolonel van die Russiese weermag en die stigter en leier van die
regse
populistiese
LDPR
. Die party was slegs die tweede geregistreerde politieke party in Rusland en dus die eerste amptelike opposisieparty. Voor Zjirinofski in 1993 die politiek betree het, het hy by die groot uitgewer Mir gewerk.
Nadat Rusland ’n
demokrasie
geword het, het hy en sy party dikwels die nuus gehaal. Hy het dikwels verregaande uitlatings gemaak. So wou hy die ou
Sowjetrepublieke
weer by sy Groot-Rusland voeg,
kernwapens
teen die land se vyande gebruik en
kernafval
in
Duitsland
en die
Baltiese lande
stort. Hy is ook bekend vir sy woede-uitbarstings. Hy het onder meer die nuus gehaal nadat hy ’n vroulike parlementslid aan haar hare getrek het en die hervormingsgesinde oudpremier
Boris Nemtsof
tydens ’n televisiedebat met appelsap gegooi het
Die feit dat Zjirinofski van sy pa se kant van
Joodse
afkoms is, het hom nie gekeer om ’n paar
antisemitiese
opmerkings te maak nie. Na omstrede uitlatings oor
Kazachstan
is hy in 2005 deur die Kazachse regering tot
persona non grata
verklaar. Na omstrede uitlatinge oor die Oekraine tydens die Russies-Oekraiense gaskonflik in 2006 is hy in die jaar ook in die Oekraine tot
persona non grata
verklaar, maar dit is in 2007 teruggetrek. Zjirinofski is ook al uit
Bulgarye
gesit en Duitsland het hom al toegang geweier.
In die Weste was hy beskou as ’n politieke meeloper van die regering en nie juis ernstig opgeneem nie. Hy was dikwels beskryf as 'n
fascis
[1]
[2]
[3]
of nar.
[4]
[5]
[6]
Ondanks sy manewales stem miljoene Russe met elke verkiesing vir hom. Hy het ’n reputasie opgebou as ’n luidrugtige
populis
wat namens die Russiese volk praat, selfs al se hy baie goed wat mense nie wil hoor nie.
In 2000 en 2008 was hy ook ’n kandidaat en het hy sy volgelinge ’n polisiestaat beloof.
[7]
Sy vorige verkiesingsbeloftes was gratis
wodka
en onderklere.
[8]
Op 6 April 2022 het Wjatsjeslaf Wolodin, die speaker van die Doema, aangekondig dat Zjirinofski gesterf het na 'n lang siekte. Hy was 75.
[9]
[10]
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die
Nederlandse
en
Engelse Wikipedia-artikels
.
- ↑
Zhirinovsky's A-Z. (Russian parliamentary elections favored Vladimir Zhirinovsky's fascist Liberal Democratic Party)
The Economist
, Desember 1993
- ↑
The New Russia of Vladimir Zhirinovsky: Fascist Tendencies in the Liberal-Democratic Party of Russia
Navo
- ↑
Abroad at Home; When You Appease Fascism
New York Times
, 17 Desember 1993
- ↑
The World; Here Comes the Clown. No Joke.
New York Times
, 6 November 1994
- ↑
Hello, I Must Be Going
Geargiveer
8 Januarie 2010 op
Wayback Machine
TIME
, 10 Jan. 1994
- ↑
Onderhoud met Loegowoi
BBC
Hard Talk, 19 Februarie 2008
- ↑
Nuclear Threats and Busty Ladies in the Race for Second-Place in Russia
Der Spiegel
, 28 Februarie 2008
- ↑
Fedarko, Kevin (27 Desember 1993).
"A Farce to Be Reckoned With"
. TIME. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 4 Januarie 2013
. Besoek op
2 Julie
2009
.
- ↑
"Russian far-right politician Vladimir Zhirinovsky dies at 75"
.
Reuters
. 6 April 2022.
- ↑
"Vladimir Zhirinovsky, Far-Right Court Jester of Russian Politics, Dies at 75"
.
The Moscow Times
. 6 April 2022.