in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Wikidata
is 'n projek van die
Wikimedia-stigting
wat 'n ??gesamentlik bewerkbare databasis ter ondersteuning van Wikipedia daarstel. Die projek is deur Wikimedia Duitsland begin en bied 'n gemeenskaplike bron van bepaalde tipes data, soos interwiki-skakels en geboortedata, wat in artikels op Wikipedia en elders gebruik kan word.
[1]
Dit kan met
Wikimedia Commons
vergelyk word, maar voorsien data instede van media-leers aan al Wikipedia se projekte.
Die bou van die projek word met donasies van die
Allen Institute for Artificial Intelligence
, die
Gordon and Betty Moore Foundation
en
Google Inc.
gefinansier, wat 'n totale bedrag van € 1,3 miljoen bewillig het.
[2]
[3]
Die webwerf is 'n tipiese
wiki
wat deur enige persoon opgedateer kan word. Dit is
ontwerp
om veeltalig te wees en deur mense sowel as masjiene gelees te kan word.
Wikidata is die eerste nuwe projek van die Wikimedia-stigting sedert 2006 toe
Wikiversity
opgestel is.
[4]
- ↑
"
"Data Revolution for Wikipedia". Wikimedia Deutschland, 30 Maart 2012"
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 11 September 2012
. Besoek op
17 Januarie
2013
.
- ↑
Paul Allen Invests In A Massive Project To Make Wikipedia Better
Geargiveer
13 Desember 2012 op
Wayback Machine
, Business Insider, 30 Maart 2012
- ↑
Wikipedia’s Next Big Thing: Wikidata, A Machine-Readable, User-Editable Database Funded By Google, Paul Allen And Others
, Tech Crunch, 30 Maart 2012
- ↑
The Wikipedia data revolution, by Matthew Roth, 30 Maart 2012
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Wikidata
.
|