Sussex (uitgespreek /?s?s?ks/) is 'n historiese graafskap in die suidooste van Engeland . In 1974 is die graafskap verdeel om die huidige Oos-Sussex en Wes-Sussex te vorm. Die naam beteken suidelike Sakse en is soortgelyk aan Essex (oostelike Sakse) en die voormalige graafskappe van Wessex (westelike Sakse) en Middlesex (middel Sakse).