in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Persiese Ryk
(
Persies
: ???????? ?????,
?ahan?ahiye Iran
, letterlik: "Keiserlike Iran") was 'n ryk in die Oudheid op die gebied van die huidige
Iran
en aangrensende lande, wat tussen
Thracie
in die noordweste,
Egipte
in die suidweste en
Indie
in die ooste gelee was. Dit het tussen 550 v.C. en 330 v.C. as
Achaemenidiese Ryk
of Oud-Persiese Ryk, tussen 305 v.C. en 129 v.C. as
Seleukidiese Ryk
, tussen 204 v.C. en 240 n.C. as
Partiese Ryk
of Arsakidiese Ryk en tussen 224 n.C. en 651 n.C. as
Sassanidiese Ryk
of Nieu-Persiese Ryk bestaan. Die vernaamste nedersetting is
Persepolis
en die belangrikste godsdiens
Zoroastrisme
. Die Persiese Ryk was oor eeue heen die mededinger van die
Griekse stadstate
, die
Romeinse Ryk
en die
Bisantynse Ryk
, onderskeidelik. Die Persiese Ryk het geeindig met die uitbreiding van
Islam
deur
Arabiere
en die daaropvolgende
Islamisering
van die gebied. Die uitbreiding van die Persiese Ryk het die verspreiding van beide die
Irannese tale
en
Irannese volke
teweeggebring.
Die ondergang van die Persiese Ryk
[
wysig
|
wysig bron
]
Darius I van Persie
is opgevolg deur sy seun Xerxes I van Persie of
Ahasveros
. Hy was van plan om sy vader se beoogde verowering van
Griekeland
uit te voer. Hy het byna daarin geslaag maar is in 481 v.C. deur die
Atheners
verslaan. Xerxes is in 465 v.C. vermoor.
Na die moord op Xerxes het die Persiese Ryk vinnig agteruitgegaan. 'n Eeu van volslae wanorde het gevolg en in 331 v.C. het
Alexander die Grote
die
Perse
vernietigend verslaan in die
Slag van Gaugamela
.
Codomannus
(Darius III), die laaste koning van Persie, het gevlug. Hy het op die pad na Baktrie omgekom. Die Persiese Ryk het dus uiteindelik in die hande van sy mees gedugte vyand, Griekeland, geval.